Desember 2017 Read this article in English
Terug na die Liberty Nuusbrief
Neem 2017 in oënskou vir ʼn voorspoediger 2018!
 
Deel hierdie artikel:

Namate die jaar ten einde snel, is dit die ideale tyd om die afgelope jaar in oënskou te neem – en te bepaal wat suksesvol was en wat misluk het – sodat jy die nuwe jaar met selfvertroue en entoesiasme kan begin.

Met 2018 net om die draai, is dit natuurlik om na te dink oor die afgelope jaar, ongeag of dit ʼn jaar was wat jy liewer wil vergeet, of een waaraan jy met genoegdoening terugdink. Gebruik hierdie drie eenvoudige riglyne om jou te help om op jou beste te wees namate jy vorentoe beweeg.

Refilwe Marathe, Uitvoerende Lewensafrigter (Life Coach) by die Human Refinery, sê mense stel dikwels baie hoë eise aan hulself. “Indien jy jou prestasies erken en vier, sal jy bemoedig en gemotiveerd voel,” adviseer sy. Maak tyd om dit te doen, en neem jou klein en groot prestasies op alle lewensterreine in ag: loopbaan, finansies, verhoudings en gesondheid. Maak eerder ʼn “gedoenlys” as ʼn “doenlys” om dit wat jy gedurende die jaar bereik het op te teken. Dit kan enigiets insluit, van ʼn kort kursus wat jy voltooi het, die lees van ʼn boek wat jy nog altyd wou begin lees, om ʼn marathon te voltooi of ʼn besoek aan ʼn land op jou emmerskoplys.

Wees eerlik
Indien jy iemand is wat in Januarie nuwejaarsvoornemens maak, kyk weer daarna. Bepaal wat jy bereik het, en wat jy nie kon afhandel nie. Was daar bepaalde redes waarom jy nie kon deurdruk nie? Ontleed die redes en gebruik dié oefening as ʼn leerkurwe.
“Daar sal onteenseglik teleurstellings wees, maar om hulle in die gesig te staar sal vir jou noemenswaardige verligting gee. En, indien jy tyd neem om te dink aan wat gebeur het eerder as om voor te gee dat dit nie saak maak nie, sal jy die las baie ligter maak, sê Marathe. “Dit sal jou in staat stel om ontslae te raak van die gevoel van mislukking en om ruimte te laat vir positiewe gevoelens.”

Kyk vorentoe
Afhangende van wat jy reeds bereik het en wat nog gedoen moet word, moet jy jou doelwitte en planne vir die komende jaar aanpas. Neem jou omstandighede en realiteite in ag en maak seker dat jou doelwitte realisties is. Indien jy oorambisieus is, berei jy jouself doodeenvoudig voor vir mislukking.
“Indien jy probeer om alles te doen, sal jy heel waarskynlik uiteindelik niks uitrig nie, aangesien dit te veel sal wees om te doen,” waarsku Lewensafrigter, Randy Riley van Life Coach Hub. Hy beveel aan dat jy op enige tydstip moet fokus op een of twee groot dinge en sodra daardie doelwitte bereik is, aanbeweeg na die volgende een. “Dink aan die opwinding en hoe trots jy sal wees wanneer jy elkeen voltooi,” sê hy.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Jou Boedel
Moenie uit die graf regeer nie
Regsbemarkingspesialis, Geraldine Macpherson, deel lesse geleer oor wat om in te sluit en te vermy wanneer jy jou testament opstel.
Lees meer...
Jou 2017
Dit is tyd om agteroor te sit en die jaar in oënskou te neem
Namate die jaar ten einde snel, is dit die ideale tyd om die afgelope jaar in oënskou te neem sodat jy die nuwe jaar met selfvertoue en entoesiasme kan begin.
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.