Desember 2017 Read this article in English
Terug na die Liberty Nuusbrief
Indien jou Desember-salaris nie gaan hou nie, lees dié
 
Deel hierdie artikel:

Om vroeër as gewoonlik betaal te word, bring welkome verligting tydens die feesseisoen wanneer ons onvermydelik meer as gewoonlik spandeer. Maar, voordat jy jou salaris halsoorkop uitgee, onthou dat dit vir tot 40 dae moet hou voordat jy jou volgende salaris sal ontvang!

Volgens statistieke is daar ʼn beduidende toename in die, soos dit bekend staan, “betaaldaglenings” rondom die begin van Januarie. Die rede hiervoor is dat huishoudings hul vroeg-Desember inkomste uitgegee het voordat hulle hul maandeinde-rekeninge betaal het. In talle gevalle het hulle nie geld weggesit vir Januarie-uitgawes nie. Doen die volgende indien jy finansiële stres aan die begin van 2018 wil vermy.

Gee voorrang aan jou gewone uitgawes en betaal jou maandeinde-rekeninge sodra jou salaris in jou bankrekening is. ʼn Vroeë inbetaling in jou verband- of voertuigfinansieringsrekening dra die bykomende voordeel dat jy minder rente betaal. Indien jy debietorders het wat jy nie kan verander nie, bereken hoeveel jy moet wegsit. Indien jy nie gedissiplineerd genoeg is nie en bekommerd is dat jy die geld sal uitgee, plaas dit in ʼn spaarrekening wat aan jou bankrekening gekoppel is.

ʼn Uitstekende wenk: Maak ʼn nota om die geld in jou transaksierekening terug te plaas voor die datum van die debietorder.

Maak voorsiening vir Januarie-uitgawes soos skoolfooie, uniforms en boeke. Jy kan hierdie geld ook na jou spaarrekening oorplaas om dit opsy te sit.

Indien jy ʼn 13de tjek of selfs ʼn belastingkorting ontvang het, is daar ʼn aantal maniere om die addisionele kontant te gebruik om jou finansies ʼn hupstoot te gee. Jy hoef nie almal te doen nie, maar verbind jouself daartoe om ten minste een te kies:

  • Betaal jou kleinste skuld en sluit daarna die kredietfasiliteit. Dit dien geen doel om die meevaller te gebruik om jou finansiële situasie te verbeter, net om die volgende jaar weer in dieselfde situasie te wees nie.
  • Begin/versterk jou noodfonds. Jy hoef net te begin deur R10 000 veilig weg te sit vir onverwagte gebeurtenisse in jou lewe, sodat jy nie bekommerd hoef te wees om kredietfasiliteite oop te hou nie. Indien jy reeds ʼn basiese noodfonds het en jou skuld afbetaal is, fokus daarop om jou noodfonds aan te vul totdat dit vir drie maande se uitgawes voorsiening maak.
  • Spaar belasting en gee jou aftreevoorsiening ʼn hupstoot. Jy kan tot 27,5% van jou bonus belastingvry in jou maatskappy se aftreefonds of ʼn persoonlike annuïteit belê.

Wanneer jou rekeninge vereffen is, van jou skuld betaal is en jy iets gespaar het, kan jy die res van jou salaristjek spandeer en só die feestyd geniet sonder om skuldig te voel.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Jou Boedel
Moenie uit die graf regeer nie
Regsbemarkingspesialis, Geraldine Macpherson, deel lesse geleer oor wat om in te sluit en te vermy wanneer jy jou testament opstel.
Lees meer...
Jou 2017
Dit is tyd om agteroor te sit en die jaar in oënskou te neem
Namate die jaar ten einde snel, is dit die ideale tyd om die afgelope jaar in oënskou te neem sodat jy die nuwe jaar met selfvertoue en entoesiasme kan begin.
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.