Desember 2017 Read this article in English
Terug na die Liberty Nuusbrief
Beskerm jou gesin se toekoms – begin ʼn lewenslêer
 
Deel hierdie artikel:

Indien jy na ʼn nuwejaarsvoorneme soek, oorweeg dit om ʼn lewenslêer wat al jou belangrike inligting en dokumente bevat, saam te stel om jou te help om jou finansies agtermekaar te kry.

Maak hierdie Desember tyd om jou noodsaaklike dokumente uit te sorteer sodat jy die nuwe jaar op die regte finansiële noot kan begin. ʼn Lewenslêer is ʼn plek waar jy al jou belangrike dokumente bêre. Dit behoort inligting soos die volgende in te sluit:

  • Jou jongste bankstate en belastingrekords
  • Dokumentasie oor aftrede
  • Beleggingspolisse
  • Al jou korttermynversekeringspolisse
  • Risiko-polisse en langtermynversekeringspolisse
  • Jou hersiene testament
  • Geboortesertifikate
  • Mediese besonderhede

Die informasie kan saamgestel word deur afskrifte van hierdie dokumente in ʼn lêer te hou, of aanlyn te stoor. Daar is webwerwe wat die inligting vir jou kan bewaar of jy kan die dokumente op jou rekenaar stoor. Webwerwe soos My Lifetime Tracker verskaf template vir persoonlike en besigheidsrekordhouding wat jou sal help om jou noodsaaklike inligting bymekaar te maak, te kopieer en te deel.

Hoe jy ook al besluit om jou noodsaaklike inligting te stoor, die belangrikste is dat iemand wat jy vertrou moet weet waar dit is. Indien jy ʼn gewone lêer het, laat weet jou gesin waar jy dit hou. Indien jy die dokumente op ʼn webwerf of op jou rekenaar stoor, moet jy hulle die wagwoorde en aantekenbesonderhede gee. Jou finansiële adviseur behoort ook die besonderhede van al jou beleggings en versekeringspolisse te hê, wat beteken dat jou familie ook jou adviseur se besonderhede moet kry.

Nadat jy jou lewenslêer saamgestel het, verseker dat jy dit jaarliks bywerk met enige nuwe beleggings, polisse en mediese besonderhede – gebruik ook dié geleentheid om jou testament te hersien. Verseker jaarliks dat jou persoonlike inligting by jou produkverskaffer op datum is – het jy byvoorbeeld jou kontakbesonderhede of adres verander?

Buiten om die oorspronklike dokumente op lêer te hou, is dit ook nuttig om ʼn sigblad te skep wat al jou beleggings, bankrekeninge en risikodekking bevat – ingesluit produkverskaffers en rekeningnommers – sodat daar ʼn enkelblad is wat jou totale bates, laste (skulde) en polisse aandui. Dit maak nie alleen dinge makliker vir jou gesin of familie nie, maar dit vergemaklik ook jóú lewe aangesien jy een dokument het wat al jou finansiële inligting bevat, eerder as om elke keer wanneer jy inligting benodig deur ʼn lêer te blaai. Dit is nie ongewoon dat mense tydens hierdie oefening agterkom dat hulle polisse en beleggings het waarvan hulle vergeet het nie. Dit alleen is genoeg motivering om ʼn lewenslêer te begin!

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Jou Boedel
Moenie uit die graf regeer nie
Regsbemarkingspesialis, Geraldine Macpherson, deel lesse geleer oor wat om in te sluit en te vermy wanneer jy jou testament opstel.
Lees meer...
Jou 2017
Dit is tyd om agteroor te sit en die jaar in oënskou te neem
Namate die jaar ten einde snel, is dit die ideale tyd om die afgelope jaar in oënskou te neem sodat jy die nuwe jaar met selfvertoue en entoesiasme kan begin.
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.