September 2017 Read this article in English
Ons werk reeds 60 jaar vir jou
 
Deel hierdie artikel:

Terwyl ons nadink oor die verlede, besef ons hoeveel Suid-Afrika as ʼn land gevorder het en hoeveel Liberty oor die afgelope ses dekades bereik het.

In September 1957 stig die 26-jarige Donald Gordon ʼn nuwe lewensversekeringsmaatskappy met ʼn kapitaal van R84 000 in Suid-Afrika. In die daaropvolgende jaar is Liberty Life geregistreer as ʼn maatskappy en is sy eerste lewenspolis verkoop.

In die 1960’s doen Liberty baanbrekerswerk in die versekeringsbedryf

  • Liberty Life word die eerste lewensversekeringsmaatskappy wat op die Johannesburgse effektebeurs (JSE) noteer.
  • Dié maatskappy stel die eerste aftree-annuïteitsprodukte in Suid-Afrika bekend.
  • Liberty Life stel Suid-Afrika se eerste effektetrust met die konsep van lewensversekeringsvoordele wat aan effektetrusts gekoppel is, bekend.
  • Liberty Asset Management (Libam) word bekendgestel.
  • Namate dié dekade ten einde loop, oorskry Liberty se bates R10 miljoen.

Liberty betree ʼn periode van verkryging-gedrewe groei in die 1970’s

  • Liberty bekom die Suid-Afrikaanse werksaamhede van die Manufacturers Life Insurance Company of Canada, en kry beheer oor die Real Estate Corporation, ʼn belangrike eiendomsmaatskappy wat in Suid-Afrika genoteer is.
  • Die maatskappy bekom die Suid-Afrikaanse lewensversekeringswerksaamhede van die Kanadese maatskappy, Sun Life Assurance Company.
  • Die Donald Gordon Foundation word bekendgestel om die maatskappy se sosiale verantwoordelikheid te bestuur.
  • Liberty Life stel die reeks Liberty Property Bond-polisse bekend.
  • In 1972 begin bouwerk aan Liberty se prestige eiendomsontwikkeling, Sandton City.

Liberty betree die internasionale arena in die 1980’s

  • Liberty Life noteer op die Londense effektebeurs.
  • Die nuwe korporatiewe hoofkantoor in die Liberty Life Centre word in Braamfontein geopen.
  • Deur middel van die eerste aandele-aansporingskema in Suid-Afrika wat alle bevolkingsgroepe insluit, kom personeel van Liberty Life in aanmerking vir maatskappy-aandele met ʼn minimum waarde van R2 000.
  • Liberty Life verhoog sy aandeelhouding in Standard Bank tot meer as 21%.
  • Die VIP Lifestyle Retirement Annuity Policy word bekendgestel.
  • In 1987 herdenk Liberty Life sy dertigste bestaansjaar en oorskry sy premie-inkomste R11 miljard.

In die 1990’s is Liberty se innovasie ʼn krag om mee rekening te hou

  • Teen 1992 is Liberty Life die vyfde grootste Suid-Afrikaanse maatskappy in terme van markkapitalisasie op die JSE.
  • Die Liberty Life Foundation word gestig.
  • Liberty stel Blueprint, die eerste rekenaargebaseerde platform vir die analisering van finansiële behoeftes, bekend.

Die 2000’s: ʼn Halfeeu van uitsonderlike versekering

  • Liberty Life verander sy handelsmerk na Liberty.
  • Liberty vestig in ses Sub-Sahara-lande, insluitende Botswana, Namibië en Nigerië.
  • In 2007 word Liberty 50 jaar oud.

Die 2010’s: 60 jaar van innovasie-oplossings

  • In 2015 bereik Liberty Evolve binne die eerste jaar nadat dit bekendgestel is sy R4 miljard-mylpaal.
  • Liberty stel twee eerstes aan die mark bekend – Agile en Bold retirement solutions with the Exact Income Fund and High-Water-Mark Guarantee.
  • Liberty sluit in 2016 die grootste eiendomstransaksie in Afrika met die stigting van Liberty Two Degrees.
  • Liberty stel Stash – ʼn selfoon-app wat almal aanmoedig om te spaar – bekend.
  • Liberty is op 10 September 60 jaar oud.

Die dekade is nog nie verby nie en daar lê nog baie onbekendes voor. Maar een ding staan soos ʼn paal bo water: Liberty het die voorafgaande deurleef en sal aanhou om die produkte en dienste te lewer waaraan ons kliënte gewoond geraak het.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Liberty Innovasies
 
Sleutel-innovasies om aan jou behoeftes te voldoen
 
Finansiële produkte moet ontwikkel en innoveer om aan te pas by die veranderende omgewing. Hier deel ons sommige van ons sleutel-innovasies wat voorsien in ons kliënte se veranderende finansiële behoeftes.
 
Lees meer...
Leefstyl
 
Vier Suid-Afrika se kulturele verskeidenheid
 
In Suid-Afrika koester ons ʼn verskeidenheid beskouings en tradisies. Met 11 amptelike tale, vereis dit dikwels baie geduld en respek in die werkplek, en selfs by die huis, om te leer om met mekaar saam te leef.
 
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.