November 2017 Read this article in English
Terug na die Liberty Nuusbrief
Drie ekonomiese faktore wat potensieel jou leefstyl en welvaart kan laat ontspoor
 
Deel hierdie artikel:

Met die jaar wat ten einde snel, en die politieke en sosio-ekonomiese kwessies wat ons land tans in die gesig staar, kan jy moontlik gespanne wees oor jou leefstyl en welvaart.

Die goeie nuus, beaam Liberty Finansiële Adviseur, Kobus Kleyn, is dat indien elkeen uitreik na hul finansiële adviseur, sal die adviseur in staat wees om tasbare advies te verleen wat jou kan help om jou geld reg te bestuur, sodat jy jou leefstyl kan handhaaf en jou doelwitte kan bereik. Afgesien hiervan, hier is wat jy moet weet:

1. Volle rommelstatus teen vroeg 2018 is ʼn groot moontlikheid
Indien daar geen politieke stabiliteit en ʼn meer robuuste fiskale beleid is nie, kan dit aanleiding gee tot ʼn verdere afgradering deur die graderingsagentskappe wat ons sedert 2016 fyn dophou.

Indien graderingsagentskappe ons beleggingstatus na rommel afgradeer sal dit verbruikers, wat alreeds in ʼn negatiewe posisie is ten opsigte van skuld teenoor inkomste, affekteer. Skuld sal vinnig duurder word en as gevolg hiervan moet verbruikers gebeurlikheidsbeplanning by hul maandelikse begroting insluit.

Rommelstatus sal ook ʼn uitwerking op die markte hê, wat ʼn direkte negatiewe impak sal hê op dividendinkomste, rentedraende inkomste, annuïteitsinkomste, vrywillige kapitaalinkomste en die meeste inkomstes wat afhanklik is van markgekoppelde portefeuljes

2. SAID, BTW en Staatsverhogings
Belastingverhogings deur die SAID, die regering en selfs BTW, sal ʼn uitwerking op alle inkomsteverdieners hê. Diegene met te veel skuld en ʼn hoë hefboomfinansieringsverhouding sal onmiddellik die negatiewe effek ervaar. Die moontlikheid dat daar verhogings sal wees kry groter momentum, veral indien jy in ag neem dat die regering ʼn begrotingstekort van R18 miljard in die gesig staar – en ʼn verdere R50 miljard benodig word om sommige staatsdepartemente en -entiteite (SOE’s) uit die verknorsing te help. Die enigste logiese plek waar die regering dié geld kan kry, is by belastingbetalers.

3. Moontlike rentekoersveranderinge in ʼn wisselvallige ekonomie
Die repokoers is in Julie verlaag. Nietemin lyk dit nie asof die politieke en beleggingsomgewing besig is om te stabiliseer nie en dit kan beteken dat verbruikers kan verwag dat rentekoerse later in 2018 weer kan begin styg. Vir die onmiddellike toekoms kan ons, as gevolg van goeie VPIstatistieke, verwag dat daar moontlik ʼn verdere een of twee koersverlagings teen April 2018 kan wees.

Stygende rentekoerse, aan die ander kant, sal ʼn finansiële risiko inhou vir verbruikers met ʼn hoë skuldverhouding en, indien hulle nie hul betalingsverpligtinge op groot onroerende en roerende bates kan nakom nie, sal hul kredietwaardigheid terselfdertyd benadeel word. Nietemin is verlaagde rentekoerse ʼn geleentheid vir die verbruiker om toekomstige risiko op koersverhogings te verlaag, sou hulle die bykomende besteebare inkomste gebruik om skuld te verminder.

ʼn Omvattende oplossing om hierdie ekonomiese risiko’s te bestuur
Finansiële adviseurs speel ʼn sleutelrol om jou te help om bestedingsprioriteite te bepaal, wat gemoedsrus skep en ʼn gevoel van finansiële sekuriteit vestig. ʼn Adviseur kan ook seker maak dat voldoende maatreëls bestaan vir die vier noodsaaklike pilare van risiko – Lewensversekering, Verlies aan inkomste, Lewenstylbeskerming en Polisbeskerming.

Liberty se Lewenstyl-beskermer, byvoorbeeld, is ʼn omvattende risiko-produk wat jou in staat stel om ʼn basiese plan uit te neem wat jou onmiddellike behoeftes dek, en jou toelaat om dit daarna uit te brei deur bykomende en gesamentlike gade- en kindervoordele binne een polis met een fooi en een debietorder by te voeg. Voordele kan te enige tyd verwyder of bygevoeg word, wat buigsaamheid verseker.

Die Lewenstyl-beskermer bied volkome buigsaamheid vir die hele gesin; bekostigbaar sodat finansiële begrotings beheer kan word. Verder bied Liberty ʼn finansiële buffer om te verhoed dat polisse verval wanneer dit die noodsaaklikste is om dekking in stand te hou.

Tydens wisselvallige ekonomiese omstandighede, verskaf die Liberty Lewenstyl-beskermer ook finansiële beskerming. Liberty is daarvan bewus dat dit vir jou onder hierdie ekonomiese omstandighede dalk moeilik sal wees om jou maandelikse finansiële verpligtinge na te kom.

Gesels met jou finansiële adviseur hieroor en verseker dat jou inkomste en welvaart voldoende verseker is. Finansiële adviseurs moet leiding gee tydens dié gesprek en verseker dat jy oor die korrekte versekeringsvlak beskik.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Movember
Veel meer as net om ʼn snor te groei
November is die maand waarin ʼn bewustheid van prostaatkanker bevorder word, maar om bloot ʼn snor te kweek, sal nie kanker voorkom nie. Lees hier om alles wat jy moet weet oor prostaatkanker uit te vind.
Lees meer...
Pynlose Belegging
Spaar jou kleingeld hierdie Desember
“Die sukses van Liberty se belastingvrye beleggingsapp bewys dat mense meer sal spaar indien jy dit vir hulle maklik maak,” se Juan Labuschagne, Onwikkelingshoof by Stash.
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.