November 2017 Read this article in English
Terug na die Liberty Nuusbrief
Hoe om die kringloop van uitputting aan die einde van die jaar te pypkan
 
Deel hierdie artikel:

Dit is byna Desember, maar daar is nog ʼn paar weke oor om baas te raak voordat ons kan uitspan vir die feesseisoen.

Vir talle besighede is die laaste kwartaal die besigste tyd van die jaar. Tussen die bereiking van jaareinddoelwitte en voorbereiding vir die jaar wat voorlê, is daar dikwels baie bykomende dinge wat gedoen moet word. Dit veroorsaak dat jy teen die tyd wanneer die vakansie regtig begin, dikwels te moeg is om dit te geniet. Moenie toelaat dat jaareindtamheid jou verhoed om kwaliteittyd saam met jou geliefdes deur te bring nie.

Hoe om jouself hierdie Desember ʼn blaaskans te gee

  1. Besluit wat jy moet klaarmaak en kontrakteer die res uit. Of dit werkverwant of deel van jou vakansiebeplanning is, gaan sit en maak ʼn lys van wat jy teen wanneer moet afhandel. Vra spanlede in die kantoor om ʼn paar eenvoudige take oor te neem en gesels met jou gesin oor kleiner takies, soos om jou diensverskaffers te verwittig dat jy in die buiteland sal wees of om reisversekering uit te neem om jou kosbaarste besittings te beskerm.
  2. Heroorweeg jou droomvakansie. In plaas daarvan om jou te bekommer oor hoe jy die kinders gaan organiseer, die motor gediens gaan kry of belangrike reisdokumente by staatsdepartemente gaan afhaal, oorweeg om vanjaar tuis te bly. Die toename in tuisvakansies onder Suid-Afrikaners oor die afgelope jare is aangehelp deur ekonomiese faktore en die hoë reiskoste in Desember. Indien jy hierdie feesseisoen tuis bly, kan dit jou help om jou finansiële planne te konsolideer en kan jy ʼn ekstra blaaskans geniet voordat Januarie aanbreek.
  3. Beplan wat jy met jou jaareindbonus gaan doen – en hou daarby. So dikwels dink ons aan ʼn honderd maniere om ons bonus te spandeer, nog voordat dit in ons rekening is. En voor jy jou oë uitvee, het jy dit uitgegee op gesinsetes en uitspattige Kersgeskenke. Beplan om jou bonus te herbelê sodra dit aan jou uitbetaal is, byvoorbeeld in ʼn rekening waar jy na kennisgewing van 30 dae toegang tot die geld kan kry, sodat – wanneer dié tyd aanbreek – dit steeds sal wees waar jy dit gelaat het.

Wat anders kan jy doen om te verseker dat Januarie ʼn dawerende sukses is?

  • Neem ʼn ruskans. Selfs al is dit net vir ʼn paar dae. Gun jouself die tyd om te herlaai en na te dink.
  • Doen iets waarvan jy hou. Of dit is om ʼn boek te lees of langs die swembad te ontspan, vind tyd vir jouself, weg van jou gesinsverantwoordelikhede.
  • Neem ʼn digitale detoks. Aktiveer jou ‘buite-die-kantoor”-kennisgewing en demp werkverwante WhatsApp-groepe. Geniet die tyd weg van die kantoor voluit, sodat jy daarna uitsien om in Januarie terug te gaan.
  • Beplan jou terugkeer. Gun jouself ʼn ekstra dag voor jy terugkeer werk toe om jou inmandjie leeg te maak en begin só die jaar op ʼn vars noot.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Movember
Veel meer as net om ʼn snor te groei
November is die maand waarin ʼn bewustheid van prostaatkanker bevorder word, maar om bloot ʼn snor te kweek, sal nie kanker voorkom nie. Lees hier om alles wat jy moet weet oor prostaatkanker uit te vind.
Lees meer...
Pynlose Belegging
Spaar jou kleingeld hierdie Desember
“Die sukses van Liberty se belastingvrye beleggingsapp bewys dat mense meer sal spaar indien jy dit vir hulle maklik maak,” se Juan Labuschagne, Onwikkelingshoof by Stash.
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.