November 2017 Read this article in English
Terug na die Liberty Nuusbrief
Takel ʼn enkelouer se grootste vrees
 
Deel hierdie artikel:

Geraldine Macpherson, Regsbemarkingsdeskundige, beantwoord die vraag wat enkelma’s die meeste vra: “Wie sal my kind versorg indien iets met my gebeur?”

In ʼn ideale wêreld is beide ouers finansieel, fisiek en emosioneel betrokke by die opvoeding van ʼn kind, maar ten minste die helfte van Suid-Afrikaanse moeders maak hul kinders alleen groot. Minder as 20% van hierdie enkelmoeders kry finansiële bystand van die kinders se pa’s.

Die kwessie van enkelmoederskap was ter sprake tydens ʼn onlangse mediageleentheid wat Liberty aangebied het. Boedelbeplanning en wat met hul kinders sal gebeur indien enige van hulle – as enkelouer – sou sterf, was die afgevaardigdes se grootste bekommernis.

Hoewel hierdie kwessie deur enkelmoeders tydens die geleentheid te berde gebring is, is dit ook van toepassing op enkelvaders. Alle enkelouers moet kennis neem van die inligting wat volg.

Wie kan ek as my kind se voog kies?
Ouers het die volste reg om ʼn voorkeurvoog in hul testament te benoem en hulle behoort dit te doen, aangesien dit kan gebeur dat die ander biologiese ouer eerste of terselfdertyd sterf, of bloot weier om die rol te vervul. Dié nominasie sal daarom ʼn aanduiding gee wie as voog aangewys behoort te word, sou die ouer (biologies of aangenome) nie die rol kan vervul nie. Dit in ag genome, kan die ouer nogtans nie die ander lewende ouer ontneem van sy of haar regte op voogdyskap nie. Daardie regte kan slegs deur die howe beperk word.

Indien ʼn ongetroude vader nie as die voog benoem word nie, kan hy in die Hooggeregshof om voogdyskap aansoek doen. Dié hof sal oorweeg wat in die kind se beste belang is, wat die verhouding tussen die kind en die vader is en die mate waarin hy betrokke was in die kind se lewe.

Die kruks van die saak is dat, terwyl die Suid-Afrikaanse reg beslis gerat is om die regte van kinders te beskerm, word erkenning ook gegee aan die regte van die oorlewende biologiese ouer, en het elke saak altyd twee kante. Die howe moet almal se regte gelykwaardig ag, met spesifieke aandag aan en toesig oor dit wat die beste is vir die kinders. Aangesien die howe se beslissings op feite gegrond word, wat verskillend is in elke saak, is sekerheid sonder ʼn hofbevel onmoontlik.

Hoe beskerm ek my kind se erfporsie teen diefstal?
In die geval van ʼn afwesige ouer, is daar kommer dat hierdie ouer slegs te voorskyn sal kom en voogdyskap betwis indien daar geld ter sprake is. Die vrees is dat die voorheen afwesige ouer die geld vir eie gewin kan gebruik voordat hulle weer verdwyn, wat die kind sonder ʼn duit en afhanklik van vriende en familie kan laat.

Finansiële beplanning en advies is noodsaaklik om te verhoed dat familielede die kind se erfenis plunder. Dit kan deur ʼn goeie finansiële beplanner verskaf word. Jy hoef nie ʼn prokureur, wat baie duur kan wees, te raadpleeg nie.

Beskerming deur middel van ʼn testament. Maak seker dat jy ʼn testament het en dat jy ʼn testamentêre trust gebruik wanneer jy bates aan ʼn minderjarige kind (onder die ouderdom van 18) nalaat. Dit is ʼn uitstekende manier om te verseker dat die nalatenskap veilig gehou en goed bestuur word, ongeag of die afwesige ouer op die toneel verskyn al dan nie.

Dit kan ook tydens ʼn egskeiding gebruik word, sou jy wil voorkom dat jou eksgade beheer kry oor die finansies wat bestem is vir die voordeel van jou kinders. ʼn Testamentêre trust word in jou testament geskep en kan dus koste-effektief wees.

Jy kan ook, wanneer jou kinders volwasse raak en hul eie finansies kan bestuur, jou testament aanpas sodat hulle direk kan erf.

Kies trustees en voogde versigtig. Dit is goed om beide ʼn onafhanklike professionele trustee te hê wat die finansies hanteer, asook familielede of ʼn vertroude vriend was as trustees insette kan gee oor die kinders se finansiële behoeftes. Dit is baie belangrik dat jy die kwessie van voogdyskap met die persoon wat jy in jou testament benoem, bespreek. Hierdie persoon mag moontlik nie gewillig of in staat wees om die benoeming te aanvaar nie, met inagneming van die impak wat dit kan hê op hulle en hul leefstyl. Jy moet oorweeg of hulle genoeg ruimte het om jou kinders te akkommodeer, en of die kinders ʼn ander skool sal moet bywoon of nie.

Gebruik finansiële produkte effektief. Finansiële produkte kan gestruktureer word om in jou kind se spesifieke behoeftes te voorsien. Liberty Educator betaal byvoorbeeld skoolfooie direk aan die instansie, wat die risiko dat die geld vir onbedoelde doeleindes gebruik word, uitskakel.

Wanneer lewensversekering ter sprake kom, is dit noodsaaklik om finansiële advies te kry sodat die uitbetalings korrek gestruktureer word. Byvoorbeeld, indien jy ʼn minderjarige as begunstigde benoem, sal Liberty die bedrag in ʼn bankrekening in die minderjarige se naam inbetaal. Dit beteken dat die kind se voog toegang sal hê tot die geld en daar mag bekommernis wees of die geld reg aangewend sal word al dan nie.

Alternatiewelik kan ʼn adviseur jou bystaan om te verseker dat jou polis so gestruktureer is dat die opbrengs in ʼn testamentêre trust inbetaal sal word. Jy kan ook die Liberty Beneficiary Trust Fund as die begunstigde benoem. Dit is soortgelyk aan ʼn “sambreel” inter vivos-trust (lewende trust) – met professionele trustees en ʼn omsigtige beleggingsmandaat. Die bedoeling is dat die trustees van hierdie trust die geld belê en tot voordeel van die begunstigde daarna omsien en dit aanwend vir die kind se versorging, en dies meer.

Liberty is nie die enigste maatskappy wat hierdie oplossing bied nie. Wat belangrik is, is dat daar nie een oplossing is wat aan almal se behoeftes sal voldoen nie. Elke persoon het hul eie unieke behoeftes en omstandighede wat in ag geneem moet word.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Movember
Veel meer as net om ʼn snor te groei
November is die maand waarin ʼn bewustheid van prostaatkanker bevorder word, maar om bloot ʼn snor te kweek, sal nie kanker voorkom nie. Lees hier om alles wat jy moet weet oor prostaatkanker uit te vind.
Lees meer...
Pynlose Belegging
Spaar jou kleingeld hierdie Desember
“Die sukses van Liberty se belastingvrye beleggingsapp bewys dat mense meer sal spaar indien jy dit vir hulle maklik maak,” se Juan Labuschagne, Onwikkelingshoof by Stash.
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.