November 2017 Read this article in English
Terug na die Liberty Nuusbrief
ʼn Finansiële afmerklysie om voor jou vakansie te voltooi
 
Deel hierdie artikel:

Liberty-adviseur, Phillip Kassel, CFP® sê: “Handel jou finansiële vakansiekontrolelys af voordat jy op reis gaan.”

Jy het julle kaartjies bespreek, akkommodasie bevestig, die sekuriteitsmaatskappy van julle afwesigheid verwittig, die honde se plek in die hondehotel bepreek, die kleinspan se gunsteling padkos bymekaargemaak en al julle somerklere gekoop.

Maar wat van die beskerming van jou leefstyl en dié van jou geliefdes?

Te dikwels vind tragedies of teëspoed plaas wanneer ons dit die minste verwag. Wanneer ons vakansie hou, stel ons ons onbewustelik bloot aan verhoogde risiko’s.

Jou vermoë om ʼn inkomste te verdien, maak jou opwindende vakansie moontlik. Jy is dit aan jouself en jou geliefdes verskuldig om te verseker dat jy hierdie leefstyl kan handhaaf, nou en tot vêr in die toekoms.

Hier volg vier belangrike wenke om te oorweeg voordat jy jou welverdiende wegbreek aanpak:

1. Hersien jou testament en dateer dit op
Nou is die perfekte tyd om jou finansiële adviseur te ontmoet en jou testament te hersien. Hier volg sommige van die aspekte wat gedek moet word:

  • Is al jou erfgename steeds dié wat jy wil hê, of het julle paaie in sommige gevalle geskei?
  • Is die voogde steeds beskikbaar en is hulle bewus van hul verantwoordelikhede?
  • Het die voogde die finansiële middele om vir jou minderjarige kinders te sorg indien iets met beide ouers gebeur?
  • Is daar voldoende likiditeit in julle boedel/s om te verseker dat alle heffings, belastings en fooie betaal sal word?
  • Wat van jou stoflike oorskot: sal dit gerepatrieer word, en teen watter koste? Is jy ʼn orgaanskenker, wil jy begrawe of veras word?
  • Besit jy steeds die waardevolle items wat jy aan Marie en Tom nalaat?

Onthou dat dit raadsaam is om ʼn testament in elke land te hê waar jy bates besit.

2. Hersien jou lewensdekking
ʼn Baie eenvoudige en konserwatiewe praktiese formule is om jou jaarlikse netto inkomste met 21 te vermenigvuldig. Byvoorbeeld, indien jy maandeliks R10 000 netto inkomste benodig, het jy R10 000 x 12 maande vermenigvuldig met 21 nodig – dit vereis dekking van ongeveer R2 500 000.

Neem jou totale lewensdekking, ingesluit jou dekking deur jou werkgewer, en voeg enige ander verhandelbare bates wat billikerwys verkoop kan word daarby. Trek laste af, en die resultaat sal die bedrag wees wat gebruik kan word om jou en jou afhanklikes in die geval van dood of ongeskiktheid van ʼn inkomste te voorsien.

Voltooi dieselfde oefening ten opsigte van permanente of tydelike ongeskiktheid. Maak by jou finansiële adviseur seker of jou ongeskiktheids- of inkomstebeskermingspolis enige uitsluitings het. Indien jy ʼn eenmalige skivakansie beplan mag dit moontlik nie jou dekking affekteer nie, maar indien jy gereeld aan hoërisiko-aktiwiteite soos vryval of rotsklim in die buitelug deelneem, moet jy dit openbaar.
Maak seker of jy gevreesde siekte-dekking het. Dit word op verskeie maniere beskryf: Ernstige Siekte, Traumadekking, Living Lifestyle, wat almal op dieselfde neerkom: is jy gedek teen gebeurtenisse soos ʼn hartaanval, kanker, beroerte of enige ander ernstige siekte?

3. Hersien die begunstigdes op jou polisse
Maak seker dat die begunstigdes op jou lewenspolisse korrek is. Die lewe verander, jy het dalk ʼn nuwe bondeltjie vreugde, of ʼn ouer geliefde het jou dalk ontval. Het jy nagegaan wie jy benoem het as begunstigdes van die voordele van jou polis? Is die benoemings nog geldig? Indien jy nie ʼn begunstigde nomineer nie, sal dit by jou boedel ingesluit word wanneer jy sterf. Indien jou begunstigdes minderjariges is, bespreek metodes hoe jy die fondse vir hul toekoms kan beskerm.

4. Maak seker jy het die korrekte reisversekering
Terwyl jou Liberty Lifestyle Protector aan jou dekking verskaf vir groot gebeurtenisse wat langtermyn finansiële gevolge inhou, moet jy ook seker maak dat jy korttermyndekking het vir reisverwante insidente, soos noodhospitalisasie of verlore bagasie.

Indien jy jou kaartjie met jou kredietkaart bespreek, sal jy basiese reisversekering ontvang, maar maak seker dat jy die fynskrif lees, soos die feit dat jy nie gedek is indien jy 75 of ouer is nie, ook nie vir voorafbestaande gesondheidstoestande nie. Die basiese polis verskaf dalk ook nie dekking teen verlore bagasie of terroriste-aanvalle nie. Dus sal jy moontlik aanvullende versekering wil oorweeg wat ʼn hoër dekking bied, insluitende voorafbestaande toestande en verdere voordele soos die verlies van bagasie, reisdokumente en kontant. Maak ook seker dat die dekking beserings of kansellasies as gevolg van terroriste-aanvalle, wat ongelukkig ʼn toenemende realiteit is, insluit.

Indien jy oorsee reis, lig jou mediese skema in aangesien hulle mediese uitgawes tot op ʼn sekere perk sal dek en moontlik ook gratis reisversekering bied. Verseker dat jy die korrekte kontrak- en kontakbesonderhede byderhand het wanneer jy reis.

Geniet ʼn gelukkige, stresvrye vakansie!

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Movember
Veel meer as net om ʼn snor te groei
November is die maand waarin ʼn bewustheid van prostaatkanker bevorder word, maar om bloot ʼn snor te kweek, sal nie kanker voorkom nie. Lees hier om alles wat jy moet weet oor prostaatkanker uit te vind.
Lees meer...
Pynlose Belegging
Spaar jou kleingeld hierdie Desember
“Die sukses van Liberty se belastingvrye beleggingsapp bewys dat mense meer sal spaar indien jy dit vir hulle maklik maak,” se Juan Labuschagne, Onwikkelingshoof by Stash.
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.