November 2017 Read this article in English
Terug na die Liberty Nuusbrief
Sodra om te belê net so maklik is as geld uitgee, sal mense meer spaar
 
Deel hierdie artikel:

Juan Labuschagne, Ontwikkelingshoof by Stash, bewys dat indien jy dit makliker maak om te spaar en te belê, meer mense betrokke sal raak. En, binnekort sal die innoverende app ook op iOS beskikbaar wees, so daar is geen verskoning om nie te spaar nie.

Ons is baie opgewonde oor hoe vinnig mense aan Stash gewoond geraak het. Binne ses maande na die bekendstelling daarvan het Liberty bewys dat, indien jy om te spaar net so maklik maak as om geld uit te gee, sal mense meer spaar. Meer as ʼn derde van Stash-gebruikers (Stashers) het op aanbeveling van vriende aangesluit. Terwyl dit aanvanklik net op Android beskikbaar was, het die inisiatief om dit meer toeganklik te maak gelei tot die app se opeenvolgende bekendstelling op Apple se iOS-platform. Sluit aan by 3 000 ander mense om vooraf op stash.co.za te registreer en ontvang 'n kennisgewing sodra dit beskikbaar is op die Apple App Store.

Die belangrikste verskoning vir die lae spaarvlak in Suid-Afrika is gewoonlik verwant aan ʼn gebrek aan geld. Die werklikheid is egter dat om op die tradisionele manier te spaar en te belê ʼn administratiewe nagmerrie kan wees, en dat talle beleggers net nie die voorgeskrewe minimum beleggingsbedrae kan bekostig nie.

Hierdie hindernisse is veral ʼn bekommernis vir die jonger generasie wat fokus op werk, hul gesinne en om hul lewenstandaard te handhaaf, in die mate dat hulle nalaat om aan hul finansies aandag te gee. Die antwoord is daarin opgesluit dat daar op die regte platform met die jonger generasie gesels word.

Wat is Stash?

Stash is ʼn app wat doodeenvoudig transaksies afrond wanneer jy jou bankkaart gebruik en die digitale kleingeld belasting- en kostevry in Suid-Afrika se top-40-maatskappye belê. Binne slegs 49 sekondes kan jy registreer, jou debiet-, krediet- of tjekkaart aan die app koppel en R50 kry om jou beleggingsreis mee af te skop. Telkens wanneer jy geld met jou kaart spandeer, rond die app die bedrag af tot die naaste R10, R20 of R50, en word die digitale kleingeld deur die app in jou beleggingsrekening ge-stash.

Dus, wanneer jy ʼn koppie koffie vir R24 koop, rond Stash die bedrag af tot R30 en belê die R6. Indien jy verkies om tot R20 af te rond, stash dit R16. Al hierdie kleingeld loop op sonder om in te meng met jou dag-vir-dag-lewe. Stash hou daagliks jou bankbalans dop en dra nooit meer oor as wat jy kan bekostig nie, daarom hoef jy nie bekommerd te wees dat jou rekening oortrokke sal raak nie.

Aangesien dit ʼn belastingvrye spaarrekening is, betaal jy geen beleggingsbelasting nie. Jy kan tot R33 000 per jaar – en tot R500 000 oor jou leeftyd – in jou belastingvrye belegging spaar. Hierdie limiete geld oorhoofs oor alle belastingvrye spaarrekeninge wat jy mag hê. Jy betaal geen fooie wanneer jy met Stash belê nie, dus word jy nie gepenaliseer wanneer jy geld onttrek nie en kan jy geld belê of onttrek wanneer dit jou pas.

Word deel van die spaarrevolusie wat die krag van die aandelemark op jou slimfoon beskikbaar stel.

Kry die app in die Google Play Store of besoek www.stash.co.za.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Movember
Veel meer as net om ʼn snor te groei
November is die maand waarin ʼn bewustheid van prostaatkanker bevorder word, maar om bloot ʼn snor te kweek, sal nie kanker voorkom nie. Lees hier om alles wat jy moet weet oor prostaatkanker uit te vind.
Lees meer...
Pynlose Belegging
Spaar jou kleingeld hierdie Desember
“Die sukses van Liberty se belastingvrye beleggingsapp bewys dat mense meer sal spaar indien jy dit vir hulle maklik maak,” se Juan Labuschagne, Onwikkelingshoof by Stash.
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.