November 2017 Read this article in English
Terug na die Liberty Nuusbrief
Die stryd teen prostaatkanker behels meer as net die groei van ʼn snor
 
Deel hierdie artikel:

Prostaatkanker is steeds die grootste oorsaak van kankersterftes onder mans – bereken op nagenoeg 13% – en dit moet as ernstig beskou word.

Die goeie nuus is dat prostaatkanker nie so aggressief is as ander kankers is nie. Die slegte nuus is dat hoewel dit meestal by mans wat ouer as 65 is voorkom, begin ons ʼn hoër voorkoms van prostaatkanker onder jonger mans aantref.

Die feit dat die meeste prostaatkankers ontwikkel sonder enige waarneembare simptome in die vroeë stadia, beteken dat gereelde siftingstoetse baie belangrik is.

Dus manne, indien julle werklik hierdie Movember die stryd teen prostaatkanker wil ondersteun, doen meer as om net ʼn snor te groei. Indien jy ouer as 45 is, behoort jy ten minste driejaarliks ʼn prostaatondersoek te laat doen. Indien jy enige simptome toon, in besonder urinêre simptome soos moeilike urinering, urine wat lek of bloed in die urine, moet jy dadelik jou dokter besoek.

Dr Thabani Nkwanyana, Liberty se mediese beampte, beantwoord jou vrae oor prostaatkanker:

Wat is prostaatkanker?
Die prostaat is ʼn klier wat slegs by mans voorkom. Dit word tussen die blaas en die penis, net voor die rektum, gevind. Dit produseer seminale vloeistof (semen), wat die manlike spermselle wat in die testikels geproduseer word, voed en vervoer. Kanker kom voor wanneer sekere gene wat óf die groei óf die dood van die sel beïnvloed geaffekteer word, wat abnormale selgroei en/of dood veroorsaak en ʼn kwaadaardige gewas tot gevolg het.

Indien dit nie behandel word nie, kan prostaatkanker uiteindelik na ander dele van die liggaam, soos die limfkliere en die beenstruktuur, versprei. Op hierdie stadium is die kanker moeiliker om te behandel en neem die kans op oorlewing af.

Is ʼn positiewe diagnose ʼn doodsvonnis?
Glad nie. Die prognose verskil baie en hang van talle faktore af, insluitende die ouderdom en gesondheid van die pasiënt, die stadium van die gewas by diagnose, die aggressiwiteit van die kanker, en die kanker se reaksie op behandeling.

Studies het getoon dat mans met nie-aggressiewe prostaatkanker waarskynlik nie daaraan sal sterf nie, en dat die behandeling eerder volgehoue waarneming as die verwydering van die prostaat behoort te wees. Indien die kanker vroeg ontdek word en genees is, is jou lewensverwagting dieselfde as wat dit sou gewees het indien jy nooit daarmee gediagnoseer was nie.

Oorlewing hang ook af van jou leefstylkeuses. Studies dui daarop dat jy jou risiko om aan prostaatkanker te sterf, verhoog indien jy ná diagnose voortgaan om ʼn Westerse dieet, met die gepaardgaande hoë vlakke van suiker, vette en koolhidrate, in plaas van meer groente, vrugte, vis, grane en peulvrugte te volg. Een studie het bevind dat intensiewe leefstylveranderinge, insluitend ʼn gesonder dieet en gereelde oefening, die groei van die kanker kan vertraag.

Watter faktore verhoog die moontlikheid dat prostaatkanker ontwikkel?
Die presiese oorsake van prostaatkanker is onbekend. Nietemin speel jou leefstyl, ouderdom, etnisiteit en gene-samestelling ʼn beduidende rol om jou risikofaktore te vermeerder. ʼn Onaktiewe leefstyl en swak eetgewoontes sal die risiko vir die meeste kankers verhoog, en indien jy ʼn familiegeskiedenis van prostaatkanker of die BRCA1- of BRCA2-geen het, is jou risiko beduidend hoër. Gene word oorgeërf, dus kan die gene wat die risiko om kanker te kry verhoog, oorgedra word.

Ouer mans dra ʼn groter risiko en swart mans is meer geneig om prostaatkanker te ontwikkel as wit mans.

Wat is die simptome?

Dikwels is daar geen simptome nie, wat die rede is waarom siftingsondersoeke belangrik is. Maar, indien jy enige van die volgende probleme ondervind, moet jy onmiddellik ʼn dokter raadpleeg:

  • ʼn Gereelde en oormatige behoefte om bedags en/of snags te urineer
  • Dit moeilik is om urinering te begin, vol te hou of te stop
  • ʼn Swak of onderbroke urinestroom
  • Dit moeilik is om te urineer
  • ʼn Onvermoë om te urineer (urienretensie)
  • ʼn Verlies aan die beheer oor urinering, wat gepaard kan gaan met hoes of lag, of skielike behoeftes om te urineer
  • Dit moeilik is om staande te urineer, wat veroorsaak dat jy op die toilet moet sit
  • Pynlike urinering of ejakulasie
  • Bloed in die urine of semen

Wat behels die toets vir prostaatkanker?
Siftingstoetse vir prostaatkanker kan ʼn bloedtoets om die prostaat-spesifieke antigeenvlak (PSA-vlak) te bepaal en/of ʼn digitale ondersoek behels. Die PSA is ʼn proteïen wat deur die prostaat geproduseer word en verhoogde vlakke dui op ‘n probleem in die klier, maar dui nie spesifiek op kanker nie. Navorsers werk aan verskillende tumormerkers om kanker meer spesifiek te identifiseer.

Ongelukkig sal alle mans met prostaatkanker nie verhoogde PSA-vlakke hê nie, aangesien ander faktore soos vetsug die toetsresultate kan beïnvloed. Vetsugtige mans het ʼn laer PSA-vlak. Daarom is die PSA-bloedtoets saam met ʼn digitale rektale ondersoek die beste metode vir vroeë opsporing. Nogtans kan beide hierdie toetse vals positiewe en vals negatiewe resultate toon.

Indien ʼn knop in die prostaat gevoel word, maar die PSA-toets is normaal, is ʼn biopsie nie nodig nie. ʼn Herhaling van die PSA-toets ses maande later word aanbeveel.

Indien die resultaat van een van die toetse abnormaal is, sal jy ʼn biopsie van die prostaat benodig. Tydens dié proses word monsters, wat na die laboratorium gestuur word om onder ʼn mikroskoop ondersoek te word, uit die prostaat geneem.

Kankerselle kan tydens ʼn biopsie gemis word. Wetenskaplikes werk daaraan om metodes te vind om die kankerselle duideliker te laat vertoon, sodat die dokter dié selle maklik tydens die biopsie kan identifiseer.

 

Finansiële beskerming teen kanker

Afhangende van die aggressiwiteit van die kanker, is dit moontlik dat jy bykomende uitgawes moet aangaan of dit kan van jou verwag word om vir ʼn tydperk nie te werk nie. Die Liberty Leefstylbeskermer en Inkomsteverliesbeskerming sal finansiële sekuriteit verskaf sodat jy op jou herstel kan fokus.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Movember
Veel meer as net om ʼn snor te groei
November is die maand waarin ʼn bewustheid van prostaatkanker bevorder word, maar om bloot ʼn snor te kweek, sal nie kanker voorkom nie. Lees hier om alles wat jy moet weet oor prostaatkanker uit te vind.
Lees meer...
Pynlose Belegging
Spaar jou kleingeld hierdie Desember
“Die sukses van Liberty se belastingvrye beleggingsapp bewys dat mense meer sal spaar indien jy dit vir hulle maklik maak,” se Juan Labuschagne, Onwikkelingshoof by Stash.
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.