April 2017 Read this article in English
www.Liberty.co.za
Vertraag te veel doelwitte jou pas?
 
Deel

Wat doelwitte aanbetref, is minder dikwels meer. Dus, of jou doelwitte om gesondheid, werk, finansiële of persoonlike groei sentreer, dit is belangrik om hulle te versprei sodat hulle haalbaar en realisties is.

Daar is volledige afdelings in boekwinkels en op webwerwe wat fokus op die formulering van doelwitte. Maar hoe formuleer jy ʼn doelwit sodat dit nie jou daaglikse lewe beïnvloed en jou hele gedagtegang oorneem nie? ʼn Belangrike stukkie raad is om nie te probeer om alles gelyk te doen nie. Indien jy jou energie en aandag daagliks tussen die verwesenliking van verskeie doelwitte verdeel, gaan jy baie gou aan uitputting begin ly.

Probeer hierdie drie wenke om jou te help:

Stel een groot doelwit met talle kleiner stappe. Formuleer jou hoofdoelwit en verdeel dit in ʼn reeks kleiner aksies wat jy stelselmatig daagliks kan afhandel om jou droom te verwesenlik. Wil jy 10 kg verloor? Maak ʼn lys met daaglikse en weeklikse doelwitte wat jou sal help om dit te bereik. Beplan elke dag om ʼn gesonde middagete te eet of neem ʼn kospakkie saam in plaas daarvan om wegneemkos te eet. Besluit elke week hoeveel keer jy gaan oefen – of jy gimnasium toe gaan of na ete gaan stap. Deur op die bereiking van hierdie klein doelwitte te fokus, sal help om jou groter doelwit te verwesenlik sonder dat die take onmoontlik lyk.

Formuleer doelwitte vir die verskillende areas van jou lewe. Deur te probeer om op te hou rook, gewig te verloor, ʼn halfmarathon te hardloop en al jou gesondheidsondersoeke in een maand af te handel, is onmoontlik en sal heel waarskynlik daartoe lei dat jou hele dag om jou gesondheid draai, wat ander belangrike aspekte soos jou gesin en finansies agterweë sal laat. Kies liewer drie aspekte van jou lewe wat jy wil verbeter en fokus daarop. Of dit ʼn reeks doelwitte is wat jou help om jou gedagtes te orden, jou liggaam te verbeter en jou gees te koester, of om drie stokperdjies waarvoor jy ʼn passie het te vind (een om geld te maak, een om jou gelukkig te maak en een om jou kreatief te maak), maak seker dat jy verskillende aspekte van jou lewe aanraak om jou geïnspireerd te hou.

Stel ʼn realistiese tydsraamwerk. ʼn Gewilde aanhaling vir doelwitstelling is: “ʼn Doel sonder ʼn tydsraamwerk is net ʼn droom.” Deur vir jouself ʼn vaste spertyd te stel vir die bereiking van ʼn doelwit, laat jou toe om te fokus op wat jy elke dag moet doen om dit te bereik. Maar, maak seker dat jy jouself genoeg tyd gun om jou doelwitte te bereik. Om te probeer om 10 kg in een maand te verloor is beide onrealisties en ongesond. Fokus liewer daarop om tussen 500–800 g per week te verloor. Sielkundig is dit meer haalbaar en jy sal minder geneig wees om die slaggate van teleurstelling te ervaar.

Onthou, doelwitte is daar om ons op die pad van selfverbetering te hou, om te verseker dat ons ons lewens ten beste leef. Dit is nie bedoel om daaglikse sleur te word wat ons moet uitvoer sodat ons suksesvol kan wees nie. Stel doelwitte wat jou in staat sal stel om dié lewe te leef waarvan jy nog altyd gedroom het, nie dit wat ander dink belangrik is nie.

Aftrede
 
Bestuur jou inkomste tydens aftrede
 
Hoe vroeër jy jou afreebeplanning begin, hoe beter. Indien jy nie daarin slaag om effektief te beplan nie, kan jy vind dat jy jou leefstyl sal moet afskaal.
 
Lees meer...
Leefstyl
 
Vertraag te veel doelwitte jou pas?
 
Ongeag of jou doelwitte om gesondheid, werk, finansiële of persoonlike groei sentreer, dit is belangrik om te verseker dat hulle beide haalbaar en realisties is.
 
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.