April 2017 Read this article in English
www.Liberty.co.za
Jou beleggings is veilig by Liberty
 
Deel

Mark Lapedus, Afdelingsdirekteur: Beleggings by Liberty, verduidelik hoe kliëntefondse belê word

2016 was ʼn onstuimige jaar vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. Verlede jaar was ʼn uitdagende fase vir lewensversekeringsmaatskappye as gevolg van die swakker ekonomie, ʼn moeiliker tydperk vir verbruikers, asook die beleggingsmarkte wat swak presteer het. Dit word weerspieël in Liberty se 2016-resultate. Wees egter gerus, die opbrengs op jou beleggings by Liberty is hoegenaamd nie gekoppel aan die prestasie van Liberty as ʼn maatskappy nie, tensy die portefeuljebestuurder Liberty-aandele in die portefeulje hou.

Indien jy belê is in portefeuljes soos Agile of Bold, is die opbrengs op hierdie produkte gebaseer op die portefeuljes wat jy gekies het. Hierdie portefeuljes word bestuur deur Stanlib, of ʼn reeks ander beleggingsbestuurders wat op die beleggingsplatforms beskikbaar is.

Die grootste aandrywer van opbrengste is gewoonlik bateklasprestasie. Byvoorbeeld, dit is gekoppel aan die JSE se prestasie in daardie betrokke jaar, sowel as die batesamestelling van die verskillende portefeuljes gebaseer op risikoprofiel. Dit beteken dat ʼn portefeulje wat ʼn 80%-belegging in aandele gehad het anders sou presteer het as ʼn portefeulje met slegs 30% in aandele.

Liberty balanseer nietemin sy balansstaat om aan sy verpligtinge ten opsigte van lewensversekering en beleggings, wat deur middel van ʼn versekeringsaamvatfonds (“wrapper”) verkoop word, te voldoen. Dit sluit aftreeprodukte en uitkeerpolisse in.

Byvoorbeeld, hoewel jy in ʼn aftreeproduk soos Agile die onderliggende effektetrusts waarin jy belê kan kies, word die bates op die balansstaat van Liberty gehou om aan jou aanspreeklikheid te voldoen. Dieselfde geld vir ons mededingers. Dit is nie uniek aan Liberty nie. Net so, sou jy ʼn lewensversekeringsproduk koop, maak Liberty die belofte dat jou eis uitbetaal sal word. Hierdie belofte word ondersteun deur die feit dat Liberty verlede jaar (2016) R4,3 miljard aan eise uitbetaal het en nie gefaal het in ons belofte aan jou nie.

Dus, wanneer jy by Liberty belê of lewensversekeringsprodukte by ons koop, aanvaar jy Liberty se kredietrisiko, soos wat jy met enige ander lewensversekeringsmaatskappy sal doen. Die kredietrisiko van ʼn versekeringsmaatskappy word bereken op sy vermoë om sy laste in terme van die kapitaaltoereikendheidvereiste (Capital Adequacy Requirement) te dra.

Ten einde polishouers te beskerm, bepaal die Raad op Finansiële Dienste (RFG) die kapitaaltoereikendheidvereiste (Capital Adequacy Requirement [CAR]), wat die minimumbedrag is waarmee ʼn versekeraar se bates sy laste moet oorskry. Die Capital Adequacy Cover/Ratio is die werklike kapitaalbedrag waaroor ʼn versekeraar beskik, uitgedruk as ʼn veelvoud van die minimumvereiste.

Byvoorbeeld, ʼn Capital Adequacy-verhouding van 1 sal beteken dat die versekeraar aan die FSB-vereiste voldoen het, terwyl ʼn verhouding wat groter as 1 is, beteken dat die versekeraar oor meer bates beskik as wat die FDR vereis.

Ons kapitaaldekkingsverhouding het oor die jare toegeneem en is baie stabiel. Dit het teen die einde van 2016 gestaan op 3,18 keer die vereiste vlak vir Liberty Holdings Limited, en 2,95 keer die vereiste vlak vir Liberty Group Limited. Dit beteken dat die kapitaalposisie van Liberty Holdings buitengewoon goed is – twee maal meer as wat vereis word.

Dit is belangrik om kennis te neem dat Liberty na 60 jaar in die bedryf steeds ʼn winsgewende en goed-gekapitaliseerde besigheid is. As ʼn kliënt kan u vertrou dat Liberty gesond en solied is en in staat is om ons beloftes aan u na te kom.

Aftrede
 
Jou beleggings is veilig by Liberty
 
Hoe vroeër jy jou afreebeplanning begin, hoe beter. Indien jy nie daarin slaag om effektief te beplan nie, kan jy vind dat jy jou leefstyl sal moet afskaal.
 
Lees meer...
Leefstyl
 
Vertraag te veel doelwitte jou pas?
 
Ongeag of jou doelwitte om gesondheid, werk, finansiële of persoonlike groei sentreer, dit is belangrik om te verseker dat hulle beide haalbaar en realisties is.
 
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.