Wettige maniere om belasting te verminder en welvaart te skep

Faeeza Khan, Regsbemarkingsdeskundige by Liberty, werp lig op maniere om jou belastingrekening te verminder en om jou welvaart belastingdoeltreffend te vermeerder.

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Daar word voorsien dat die minister van finansies in sy nasionale begrotingstoespraak teen die einde Februarie belastingverhogings sal aankondig. Gelukkig is daar talle maniere om welvaart belastingdoeltreffend te vermeerder. Raadpleeg jou finansiële adviseur oor metodes om jou belastingvoordele ten beste te benut, terwyl jy steeds jou beleggingsdoelwitte bereik.

Aftreefonds: ʼn Aftree-annuïteit of maatskappy-aftreefonds is steeds een van die belastingdoeltreffendste maniere om vir jou aftrede te spaar. Beide jou bydraes en die groei binne die fonds is belastingvry. Afhangende van jou marginale belastingkoers kan die belastingvoordeel die bedrag wat jy beskikbaar het vir aftrede oor ʼn periode van twintig jaar verdubbel. Jou bydrae kan tot 27,5% beloop van jou belasbare inkomste of vergoeding, watter een ook al die grootste is, tot ʼn limiet van R350 000 per jaar.

  • ʼn Individu wat 18% belasting betaal op sy belasbare inkomste van R180 000 per jaar, sal R8 910 spaar indien hy die maksimum bedrag van 27,5% van sy belasbare inkomste, wat R49 500 is, bydra.
  • ʼn Individu wat 36% belasting betaal op sy belasbare inkomste van R500 000 per jaar, sal R49 500 spaar indien hy die maksimum bedrag van 27,5% van sy belasbare inkomste, wat R137 500 is, bydra.
  • ʼn Individu wat 41% belasting betaal op sy belasbare inkomste van R1 miljoen per jaar, sal R112 750 spaar indien hy die maksimum bedrag van 27,5% van sy belasbare inkomste, wat R275 000 is, bydra.

Belastingvrye spaarrekening: Jy kan jaarliks tot R30 000 in ʼn belastingvrye spaarrekening belê sonder om enige belasting op enige rente- of dividendinkomste, of kapitaalwins binne die fonds, te betaal. Oor ʼn tydperk van 20 jaar kan hierdie belastingbesparing jou finale opbrengs met tot soveel as ʼn derde verhoog. Tans is die limiet op die beleggingsbedrag R500 000 oor jou leeftyd, maar hierdie bedrag sal na verwagting met inagneming van inflasie aangepas word.

Indien ʼn 25-jarige jaarliks R30 000 in ʼn rentedraende bankrekening belê, sal die persoon op ouderdom 65 net meer as R1,5 miljoen na belasting hê. Hierteenoor sal ʼn belastingvrye spaarrekening teen dieselfde rentekoers R2,7 miljoen werd wees, aangesien daar geen belasting betaalbaar is nie.

Uitkeerpolis: Vir hoër-inkomsteverdieners met ʼn marginale belastingkoers bo 30%, kan uitkeerpolisse beleggings met groot belastingvoordele wees, nie alleen aangesien belasting binne die fonds en nie in jou persoonlike hoedanigheid betaal word nie, maar aangesien daar nie op hierdie produkte eksekuteursfooie betaalbaar is indien die polis ʼn genomineerde begunstigde het nie. Belasting word deur die fonds betaal teen ʼn koers van 30% op rente-inkomste en 12% op kapitaalwins. Die opbrengs is dus belastingvry vir die polishouer by afkoping, asook by afsterwe indien ʼn sterwensvoordeel aan ʼn begunstigde uitbetaal word. Hou nietemin in gedagte dat indien die polis aan ʼn nuwe eienaar gesedeer word, dit ʼn tweedehandse polis word waarop kapitaalwins deur die nuwe eienaar by afkoping betaalbaar sal wees.

Boedelbelastingkorting: Ten opsigte van boedelbeplanning moet jy verseker dat jy jou boedelbelastingkorting effektief gebruik. Die eerste R3,5 miljoen van jou boedel is vrygestel van boedelbelasting en kan aan jou kinders en ander erfgename nagelaat word. Tans kan jy jou hele boedel aan jou gade nalaat en sodoende geen boedelbelasting verskuldig wees nie. Indien jy dit doen, sal jou R3,5 miljoen-korting oorgedra word aan jou oorlewende gade wat dan, by sy of haar afsterwe, oor ʼn R7 miljoen-korting sal beskik.

Donasies: Jy kan tot R100 000 per jaar skenk sonder om aanspreeklik te wees vir skenkingsbelasting. Dit kan ʼn belastingvoordelige wyse wees om rykdom aan die volgende geslag oor te dra.

Liefdadigheidsdonasies: Jy kan ook belasting spaar deur minderbevoorregtes te help. Jy kan tot 10% van jou jaarlikse belasbare inkomste skenk en ʼn belastingvermindering ontvang. Dit is egter slegs van toepassing op donasies aan geregistreerde openbare welsynsorganisasies.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit op 31 Maart gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

  Ekonomie Wenke   Leefstyl   Finansiële Voornemens   Geld Wenke

Waarom jy nie wil probeer kies wanneer om in die markte te belê nie Oormerk die datum Vyf finansiële doelwitte vir die jaar Huwelik: die kostes en besparings

Paul Hansen, ʼn Direkteur by Stanlib, ondersoek die onverwagte gebeure van 2016 en watter sektore waarde bied vir 2017.

Jy hoef nie onnodig geld uit te gee om jou liefde te bewys nie. Ons bekyk ʼn paar maniere hoe jy jou toegeneentheid kan toon sonder om jouself in die skuld te steek.

Om te trou kan ʼn duur oefening wees, maar ʼn huwelik het eintlik langtermyn finansiële voordele. Ons deel hoe jy kan verseker dat jou troue nie beteken dat jy jou getroude lewe in die skuld begin nie.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...
Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede

Ekonomie Wenke   Leefstyl   Finansiële Voornemens   Geld wenke

Vermy
markvoorspelling
Oormerk die datum Vyf finansiële doelwitte vir die jaar Huwelik: die kostes
en besparings

Paul Hansen, ʼn Direkteur by Stanlib, ondersoek die onverwagte gebeure van 2016 en watter sektore waarde bied vir 2017.

Jy hoef nie onnodig geld uit te gee om jou liefde te bewys nie. Ons bekyk ʼn paar maniere hoe jy jou toegeneentheid kan toon sonder om jouself in die skuld te steek.

Dit is makliker om jou finansiële voornemens vol te hou indien jy dit afbreek in hanteerbare take. Hier volg vyf voornemens, die verwesenliking waarvan jy op behoort te fokus.

Om te trou kan ʼn duur oefening wees, maar ʼn huwelik het eintlik langtermyn finansiële voordele. Ons deel hoe jy kan verseker dat jou troue nie beteken dat jy jou getroude lewe in die skuld begin nie.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Wettige maniere om belasting te verminder en welvaart te skep

Faeeza Khan, Regsbemarkingsdeskundige by Liberty, werp lig op maniere om jou belastingrekening te verminder en om jou welvaart belastingdoeltreffend te vermeerder.

+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

Daar word voorsien dat die minister van finansies in sy nasionale begrotingstoespraak teen die einde Februarie belastingverhogings sal aankondig. Gelukkig is daar talle maniere om welvaart belastingdoeltreffend te vermeerder. Raadpleeg jou finansiële adviseur oor metodes om jou belastingvoordele ten beste te benut, terwyl jy steeds jou beleggingsdoelwitte bereik.

Aftreefonds: ʼn Aftree-annuïteit of maatskappy-aftreefonds is steeds een van die belastingdoeltreffendste maniere om vir jou aftrede te spaar. Beide jou bydraes en die groei binne die fonds is belastingvry. Afhangende van jou marginale belastingkoers kan die belastingvoordeel die bedrag wat jy beskikbaar het vir aftrede oor ʼn periode van twintig jaar verdubbel. Jou bydrae kan tot 27,5% beloop van jou belasbare inkomste of vergoeding, watter een ook al die grootste is, tot ʼn limiet van R350 000 per jaar.

  • ʼn Individu wat 18% belasting betaal op sy belasbare inkomste van R180 000 per jaar, sal R8 910 spaar indien hy die maksimum bedrag van 27,5% van sy belasbare inkomste, wat R49 500 is, bydra.
  • ʼn Individu wat 36% belasting betaal op sy belasbare inkomste van R500 000 per jaar, sal R49 500 spaar indien hy die maksimum bedrag van 27,5% van sy belasbare inkomste, wat R137 500 is, bydra.
  • ʼn Individu wat 41% belasting betaal op sy belasbare inkomste van R1 miljoen per jaar, sal R112 750 spaar indien hy die maksimum bedrag van 27,5% van sy belasbare inkomste, wat R275 000 is, bydra.

Belastingvrye spaarrekening: Jy kan jaarliks tot R30 000 in ʼn belastingvrye spaarrekening belê sonder om enige belasting op enige rente- of dividendinkomste, of kapitaalwins binne die fonds, te betaal. Oor ʼn tydperk van 20 jaar kan hierdie belastingbesparing jou finale opbrengs met tot soveel as ʼn derde verhoog. Tans is die limiet op die beleggingsbedrag R500 000 oor jou leeftyd, maar hierdie bedrag sal na verwagting met inagneming van inflasie aangepas word.

Indien ʼn 25-jarige jaarliks R30 000 in ʼn rentedraende bankrekening belê, sal die persoon op ouderdom 65 net meer as R1,5 miljoen na belasting hê. Hierteenoor sal ʼn belastingvrye spaarrekening teen dieselfde rentekoers R2,7 miljoen werd wees, aangesien daar geen belasting betaalbaar is nie.

Uitkeerpolis: Vir hoër-inkomsteverdieners met ʼn marginale belastingkoers bo 30%, kan uitkeerpolisse beleggings met groot belastingvoordele wees, nie alleen aangesien belasting binne die fonds en nie in jou persoonlike hoedanigheid betaal word nie, maar aangesien daar nie op hierdie produkte eksekuteursfooie betaalbaar is indien die polis ʼn genomineerde begunstigde het nie. Belasting word deur die fonds betaal teen ʼn koers van 30% op rente-inkomste en 12% op kapitaalwins. Die opbrengs is dus belastingvry vir die polishouer by afkoping, asook by afsterwe indien ʼn sterwensvoordeel aan ʼn begunstigde uitbetaal word. Hou nietemin in gedagte dat indien die polis aan ʼn nuwe eienaar gesedeer word, dit ʼn tweedehandse polis word waarop kapitaalwins deur die nuwe eienaar by afkoping betaalbaar sal wees.

Boedelbelastingkorting: Ten opsigte van boedelbeplanning moet jy verseker dat jy jou boedelbelastingkorting effektief gebruik. Die eerste R3,5 miljoen van jou boedel is vrygestel van boedelbelasting en kan aan jou kinders en ander erfgename nagelaat word. Tans kan jy jou hele boedel aan jou gade nalaat en sodoende geen boedelbelasting verskuldig wees nie. Indien jy dit doen, sal jou R3,5 miljoen-korting oorgedra word aan jou oorlewende gade wat dan, by sy of haar afsterwe, oor ʼn R7 miljoen-korting sal beskik.

Donasies: Jy kan tot R100 000 per jaar skenk sonder om aanspreeklik te wees vir skenkingsbelasting. Dit kan ʼn belastingvoordelige wyse wees om rykdom aan die volgende geslag oor te dra.

Liefdadigheidsdonasies: Jy kan ook belasting spaar deur minderbevoorregtes te help. Jy kan tot 10% van jou jaarlikse belasbare inkomste skenk en ʼn belastingvermindering ontvang. Dit is egter slegs van toepassing op donasies aan geregistreerde openbare welsynsorganisasies.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit op 31 Maart gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Ekonomie Wenke

Waarom jy nie wil probeer kies wanneer om in die markte te belê nie

Paul Hansen, ʼn Direkteur by Stanlib, ondersoek die onverwagte gebeure van 2016 en watter sektore waarde bied vir 2017.

Lees meer...
 
Leefstyl
Oormerk die datum

Jy hoef nie onnodig geld uit te gee om jou liefde te bewys nie. Ons bekyk ʼn paar maniere hoe jy jou toegeneentheid kan toon sonder om jouself in die skuld te steek.

Lees meer...
 
Finansiële Voornemens
Vyf finansiële doelwitte vir die jaar

Dit is makliker om jou finansiële voornemens vol te hou indien jy dit afbreek in hanteerbare take. Hier volg vyf voornemens, die verwesenliking waarvan jy op behoort te fokus.

Lees meer...
 
Geld Wenke
Huwelik: die kostes en besparings