April 2017 Read this article in English
www.Liberty.co.za
Bestuur jou inkomste tydens aftrede
 
Deel

Henriëtta, die teedame, het tydens haar eerste werk begin om R125 per maand vir haar aftrede te spaar. Sy kon glad nie voorsien het dat sy in staat sou wees om haar eie huis in Hammanskraal te bou, ʼn nuwe Toyota Yaris te koop en gerieflik te leef toe sy uiteindelik afgetree het nie.

Ongelukkig is dit nie die realiteit van baie afgetredenes nie. In sommige gevalle is dit omdat hulle nie vroeg genoeg begin spaar het nie en dat die lewe onverwagte finansiële uitdagings inhou. Die probleem is dat die geleentheid om vir die toekoms te belê teen ʼn sekere ouderdom verby is, en dat die enigste uitweg nou is om klaar te kom met wat jy het. Dit vereis dat jy die uitdaging direk in die gesig staar en presies verstaan wat jou finansiële situasie is en wat jy daaromtrent kan doen.

Kontantvloeiprojeksie
Kry goeie finansiële advies sodat jy kan verstaan presies hoeveel geld jy het en hoe lank dit sal hou, gegewe jou huidige leefstyl. Indien jy die tekort begryp, sal jy tot ʼn mate ʼn idee hê van watter maatreëls jy behoort te tref.

Vaste inkomste: Indien jy ʼn vaste inkomste uit ʼn lewensannuïteit of pensioen ontvang, begryp of die inkomste aanpas by inflasie en, indien wel, met hoeveel. Selfs ʼn inkomste wat by inflasie aangepas word, kan moontlik nie tred hou met ʼn pensioenaris se werklike inflasie indien die prysstygings van elektrisiteit, tariewe en kos in ag geneem word nie. Sal jou inkomste na vyf jaar steeds genoeg wees om jou uitgawes te dek?

Veranderlike inkomste: Indien jy ʼn inkomste ontvang uit ʼn belegging, soos ʼn lewende annuïteit, hoeveel onttrek jy en is jou onttrekkingskoers realisties? Die gebruiksreël is dat jy jaarliks nie meer as 6% van jou kapitaal behoort te onttrek nie, anders sal jou kapitaal nie genoeg groei om jou inkomste met inflasie te laat tred hou nie, en sal jy uiteindelik jou kapitaal begin uitput. Jy moet veranderlikes in ag neem, soos jou huidige ouderdom en langlewendheid.

Pas jou uitgawes aan
Indien jy agterkom dat daar ʼn groot moontlikheid is dat jou geld binne ‘n afsienbare tyd gaan opraak, moet jy jou uitgawes vroeër eerder as later aanpas. Hoe minder inkomste jy vandag onttrek, hoe hoër sal jou toekomstige inkomste wees, veral in die geval van beleggings waar die kapitaal toegelaat kan word om te groei. Vir talle afgetredenes bly familie ʼn belangrike finansiële verpligting, maar dit is dalk tyd om ernstig te gesels oor die mate waarin jy finansiële ondersteuning kan gee. Jou langtermyndoelwit is om finansieel onafhanklik te bly.

Vermeerder jou inkomste
Enige bykomende geld wat jy kan genereer om jou inkomste aan te vul, sal help om jou aftreefondse langer te laat hou. Indien jy in ag neem dat talle afgetredenes kan verwag om ouer as 80 te word, is daar geen rede om jouself uit die arbeidsmark te onttrek nie. In die VSA was die grootste aantal nuwe werkgeleenthede vir mense wat ouer as 55 is. Hierdie is afgetredenes wat óf die ekstra inkomste nodig het óf bloot werkstimulasie verlang. Aangesien jy slegs jou inkomste wil aanvul en nie die volgende hoof uitvoerende beampte wil word nie, kan jy werk vind wat jou passie bevredig én die rekeninge betaal.

Jy kan jou stokperdjie omskakel in ʼn besigheid of ʼn inkomsteskeppende werk vind, byvoorbeeld huisoppas, om onderrig te gee of selfs om ʼn “geheime koper” te word. Airbnb het ʼn heel nuwe manier daargestel om geld uit jou huis te maak. Jy kan jou huis verhuur terwyl jy vir ʼn paar weke by die kinders bly – veral indien jy aan die kus afgetree het waar die Desember-aanvraag tot hoë akkommodasietariewe aanleiding gee.

Die hoofsaak is dat min afgetredenes genoeg geld het om nie ernstige aandag te gee aan hul finansiële status nie. Hoe gouer jy jou finansiële behoeftes begryp, hoe gouer kan jy die nodige stappe doen om jou finansiële toekoms te verseker.

Aftrede
 
Bestuur jou inkomste tydens aftrede
 
Hoe vroeër jy jou afreebeplanning begin, hoe beter. Indien jy nie daarin slaag om effektief te beplan nie, kan jy vind dat jy jou leefstyl sal moet afskaal.
 
Lees meer...
Leefstyl
 
Vertraag te veel doelwitte jou pas?
 
Ongeag of jou doelwitte om gesondheid, werk, finansiële of persoonlike groei sentreer, dit is belangrik om te verseker dat hulle beide haalbaar en realisties is.
 
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.