April 2017 Read this article in English
www.Liberty.co.za
Waarom trusts minder aanloklik geraak het
 
Deel

James Coutinho, Hoof van Belasting by Liberty, kyk hoe die begroting jou finansiële beplanning beïnvloed

Die verhoging in die hoogste belastingkoers, soos uitgelig in die 2017-begrotingstoespraak, beteken dat trusts 45% belasting op inkomste (rente, verhuringsinkomste) sal betaal. Die effektiewe kapitaalwinsbelastingkoers het van 32,8% tot 36% toegeneem. Dit sal gevolglik vir jou veel moeiliker wees om die verlangde opbrengs op direkte beleggings te verdien.

Pogings om die belastingimplikasie te verminder, kan tot meer kompleksiteit aanleiding gee. Indien jy byvoorbeeld ʼn belegging wat jy tans in ʼn trust hou van een trustfonds na ʼn ander omskakel, kan jy aanspreeklik wees vir kapitaalwinsbelasting (KWB). Om die belastingimpak te verminder word die opbrengs oorgedra na die begunstigde wat, op sy beurt, weer die bedrag aan die trust leen. Dié praktyk het talle onbedoelde gevolge, soos blootstelling aan krediteure, ʼn verhoging in die boedel van die individu vir die doeleindes van boedelbelasting, en dit kan as ʼn belasbare gebeurtenis onder artikel 7C van die Inkomstebelastingwet beskou word.

Wat artikel 7C vir jou beteken

Artikel 7C het op 1 Maart vanjaar in werking getree, wat beteken dat enige laerente-lenings aan trusts as skenkings, wat teen 20% belas word, geag sal word. Die 2017-begrotingsoorsig het ten doel gehad om die skuiwergat toe te stop wat sommige slim trustbeplanners gebruik het om ʼn maatskappy te gebruik om die lening uit te reik en daardeur te veroorsaak dat die trust die lening aan ʼn “nie-verwante” maatskappy verskuldig is.

Die impak van artikel 7C is potensieel verreikend. Indien jy ʼn trust het, behoort jy ten minste die trustakte te laat nagaan. Dit is belangrik om in ag te neem of daar enige “nie-uitgekeerde” uitkerings is waar die trust die uitkering doen vir belastingdoeleindes, maar nie werklik die voordeel oorbetaal nie – die meeste begunstigdes sal nie besef dat dit in werklikheid kan dui op ʼn geaffekteerde leningsrekening nie.

Onthou dat sekere trusts, soos spesiale trusts en sekere leningsooreenkomste, ingesluit dié vir die aankoop van ʼn primêre woning, uitgesluit sal wees van artikel 7C.

Diegene wat leningsrekeninge in trusts het en hierdeur geraak word, sal moet oorweeg of hulle die volgende behoort te doen:

  • Rente hef op die lening, in welke geval, oorweeg hoe die trust die rente gaan betaal
  • Die leningsbedrag werklik skenk, en die skenkingsbelasting betaal
  • Die leningsrekening afskryf en enige negatiewe belastingimplikasies oorweeg
  • Die sake van die trust afhandel en die trust ontbind
  • Jaarliks die skenkingsbelasting betaal.

Dit is ʼn goeie plan om ʼn professionele belasting- en trustkonsultant te raadpleeg en om altyd te onthou wat die oorspronklike doelwitte was. Wat was aanvanklik die ware, grondliggende rede vir die daarstelling van die trust?

Oorweeg ʼn uitkeerpolis om die belastingimplikasies te verminder

Met betrekking tot markverwante beleggings, kan jy dalk oorweeg om beleggings in ʼn uitkeerpolis-struktuur te hou, aangesien dit teen ʼn laer belastingkoers belas word. Indien die begunstigdes van die trust natuurlike persone is, sal die uitkeerpolis in die Individuele Polishouerfonds belas word teen 30% op rente en verhuringsinkomste, 12 % vir kapitaalwinsbelasting en 20% vir terughoudingsbelasting op dividende.

ʼn Uitkeerpolis kan ook die administrasie vereenvoudig, aangesien daar geen verhandeling is op ʼn verandering van portefeulje nie en na vyf jaar het jy geen beperkinge op die polisopbrengs uit ʼn uitkeerpolis nie. Verder, aangesien die opbrengs op die uitkeerpolis reeds belas sou gewees het, en onderhewig daaraan dat die trust die oorspronklike eienaar van die uitkeerpolis is, sal die trust nie aanspreeklik wees vir belasting op die polisopbrengs nie.

Aftrede
 
Bestuur jou inkomste tydens aftrede
 
Hoe vroeër jy jou afreebeplanning begin, hoe beter. Indien jy nie daarin slaag om effektief te beplan nie, kan jy vind dat jy jou leefstyl sal moet afskaal.
 
Lees meer...
Leefstyl
 
Vertraag te veel doelwitte jou pas?
 
Ongeag of jou doelwitte om gesondheid, werk, finansiële of persoonlike groei sentreer, dit is belangrik om te verseker dat hulle beide haalbaar en realisties is.
 
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.