![]() |
||||
![]() |
15 Februarie 2011 Jongste ekonomiese nuusOns tema vandeesmaand is: maak seker dat jy finansieel voorsien vir jou toekoms en vir enige onvoorsiene gebeure, sodat jy saans rustig kan slaap. Maar om ‘genoeg’ te hê behels nie slegs spaargeld en risiko-dekking nie. Dit behels ook genoegsame geluk en lewensvreugde; dit gaan daaroor om die balans te vind tussen leef-in-die-nou en beplanning vir more. Vra jouself vandeesmaand af: wat maak my gelukkig? Is dit regtig die nuutste iPad of nog ’n paar modieuse skoene? Of is dit tyd om ’n glas wyn met my vriende te geniet of om ’n bal met my kind rond toe skop? Indien jy daarop fokus om meer tyd en energie te bestee aan dit wat vir jou vreugde verskaf, mag jy vind dat jou finansiële situasie verbeter en dat jy in alle aspekte van jou lewe ‘genoeg’ het. Aftree-geluk Baie van ons het tye waarin ons wens ons kan by die kantoor uitstap en vir die res van ons lewens op die strand lê. Die realiteit is egter dat ons binne twee weke verveeld sal wees. Statistieke toon dat mense wat op ’n latere ouderdom aftree, langer leef as diegene wat vroeg aftree. Maar dit is nog steeds belangrik om te weet hoeveel jy moet wegbêre om ’n gerieflike aftrede te verseker. Voorbereiding op die onverwagse ’n Mens wil nie met die dood en ongeskiktheid behep wees nie, maar diep binnekant weet ons dat ons sulke vrese in die gesig moet staar en moet voorsien vir dit wat ondenkbaar is. Jy moet jou laste en bates verstaan om te kan verseker dat jy die regte dekking het. Hoe Jan Taks jou spaargeld ’n hupstoot kan gee Dit is nou die tyd van die jaar wanneer jy jou belastingkoste kan sny deur jou aftree-spaargeld aan te vul. Daar is verskeie maniere om jou aftreegeld te spaar en jy moet die produk wat ten beste aan jou behoeftes voldoen, verstaan. Beste wense |
|||
![]() |
Ekonomiese Oorsig |
|||
Suid-Afrika rol stadig voort Al sal ons ekonomie vanjaar nie die hoogtes inskiet nie, is dit onwaarskynlik dat ons nog ’n resessie sal ervaar. Lae rentekoerse is steeds die grootste geleentheid vir verbruikers om hulle finansiële probleme op te los. Wanneer sal die Europese leiers die speelgrond verlaat? Nog ’n jaar het verloop en die Europese Unie het hulle skuldkrisis nog nie opgelos nie. Wêreldwye ekonomiese herstel sal louwarm wees tot koel koppe heers en ’n oplossing gevind word. Dinge mag erger raak voor verbetering intree. |
||||
![]() |
Addisionele inligting |
|||
Weeklikse ekonomiese nuus The Weekly Focus, saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB, bied kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.liberty.co.za. Beleggingsportefeulje-nuusflitse Beleggingsportefeuljes wat Liberty aanbied: Prestasie, risiko-profiele, batetoewysing. Klik hier. Aanlyn-polishouersdiens Laai belastingsertifikate af, besigtig poliswaardes en ander inligting, bring jou besonderhede op datum. Klik hier. |
||||
Jou terugvoer is belangrik – praat met ons! |
||||
Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies. Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos stuur aan [email protected]. Deel die nuusbrief aanlyn:
|
||||
![]() |
![]() |
![]() |

Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409).
Wil jy met ons praat?
Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, sal ons graag van jou hoor: stuur hulle asseblief aan [email protected]
Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.
Besoek www.liberty.co.za