By Nicholas Van der Nest: Afdelingsdirekteur - Risikoprodukte

Jou finansiële plan moet verseker dat jy teen onverwagte gebeurlikhede beskerm is wat jou en jou gesin finansieel sou kon knak. Hoe bepaal 'n mens hoeveel dekking genoeg sal wees indien die ondenkbare sou gebeur?

 

Daar is geen eenvoudige antwoord op die vraag van hoeveel risikodekking ‘n mens benodig nie. Dit verskil van mens tot mens, gebaseer op jou spesifieke finansiële omstandighede en spesifieke behoeftes. ‘n Persoon sonder afhanklikes, met geen skuld en met omvattende aftreefondse, se risikodekkingsbehoeftes sal uiteraard beduidend laer wees as dié van iemand met ‘n gesin, omvattende skuld en minimale spaargeld.

Jou lewensdekkingsbehoeftes

Jou lewensdekkingsbehoeftes kan in die algemeen as volg geklassifiseer word:

Jou ongeskitheidsbehoeftes

Wanneer ‘n mens ongeskik raak, het jy twee finansiële behoeftes, naamlik aan ‘n kontant-enkelbedrag en aan ‘n maandelikse inkomste.

Die hoeveelheid enkelbedrag ongeskiktheids- en inkomstebeskermingsdekking wat jy nodig het, sal van jou huidige finansiële posisie afhang. Die werklikheid is dat die meerderheid Suid-Afrikaners aansienlik onderverseker is wanneer dit by ongeskiktheidsdekking kom.

Selfs wanneer jy deur middel van ‘n werkgewerskema dekking geniet, kan daar steeds beduidende gapings wees in die hoeveelheid dekking wat jy het, vergeleke met wat jy en jou gesin sou nodig hê indien jy fisiek ongeskik sou raak.

Berekening van die dekking wat jy benodig

‘n Finansiële adviseur sal ‘n holistiese finansiële behoefte-ontleding voltooi om die huidige en toekomstige waarde van jou bestaande bates te bepaal (insluitend enige dekking wat jy reeds het), asook jou laste (insluitend enige bedrae wat benodig word om jou finansiële afhanklikes te beskerm, of wat jy graag aan jou afhanklikes sou wou nalaat).

Die berekening van die waarde van jou bates sal bates soos die gesinswoning uitsluit, vir ingeval jy byvoorbeeld sou verkies dat jou afhanklikes dit nie na jou dood of ongeskiktheid moet verkoop nie. Eweneens sou jou laste items soos boedelbelasting en betaalbare kapitaalwinsbelasting insluit.

Risikodekking word dan gebruik om die gaping tussen die waarde van jou laste en die waarde van jou netto bates te vul met produkte wat pasgemaak is om in jou spesifieke behoeftes te voorsien.

Die absolute minimum

Gedurende moeilike ekonomiese tye is mense geneig om heel eerste aan hul risikodekkingsbegroting te sny. Dit is moeilik om ‘n betaling vir ‘n onbepaalde toekomstige gebeurlikheid vol te hou wanneer begrotingsuitdagings soos stygende skoolgeld, rentekoersverhogings en ‘n algemene styging in lewenskoste jou in die gesig staar.

Dit is egter van kritieke belang dat jy minstens genoeg in stand sal hou om jou skuld te vereffen indien iets met jou sou gebeur. Om jou gesin agter te laat met skulde wat hulle nie kan betaal nie, sal hulle in ernstige finansiële moeilikheid met erge gevolge dompel. Risikodekking kan jou gemoedsrus gee vir heelwat minder as wat jy moontlik besef.

Vir ‘n gedetailleerde finansiële behoefte-ontleding en deskundige advies oor jou spesifieke risikodekkingsbehoeftes, praat vandag nog met jou Liberty finansiële adviseur.