Deur Kevin Lings, ekonoom, STANLIB

Kan dinge erger raak in 2012 ná al die beproewings van 2011?

Die wêreldekonomie is in 2011 deur ’n hele aantal onverwagte skokke getref:

Van al hierdie kwessies hou die Europese krisis nog steeds die grootste bedreiging in vir 2012.

Die Europese vooruitsigte

Op 13 Januarie vanjaar het nege Europese lande by die VSA aangesluit op Standard & Poor se lys van verswakte sowereine-skulduitreikers. Die beweegrede het gedeeltelik op fiskale gronde berus maar S&P het ook hulle kommer uitgespreek dat Europese beleidsopstellers min vordering gemaak het om die breë reeks brandpunte in die Eurogebied op te los.   

In die besonder het hulle gewys op verskerpte krediettoestande, verswakte ekonomiese groei en dispute tussen Europese beleidsopstellers oor die mees doeltreffende maniere om Europa se ekonomiese en fiskale uitdagings die hoof te bied. Die rondte afgraderings beteken dat leningskostes kan verhoog. Tot dusver het die afgraderings egter nie ’n noemenswaardige verhoging in finansieringskostes veroorsaak nie.

Samewerking in die Europese Unie

Die oplos van die Euro-gebied se finansiële krisis bly steeds uiters kompleks. Na die EU-spitsberaad op 8 en 9 Desember 2011, het EU-leiers die vasstelling van ’n nuwe ‘fiskale ooreenkoms” aangekondig wat daarop toegespits is om beter fiskale dissipline binne die gebied te bewerkstellig.

Die besonderhede van die nuwe ooreenkoms is egter nog vaag. Dit beteken dat daar ’n betekenisvolle risiko bestaan dat die finansiële markte nog relatief wisselvallig sal wees, veral as groeikoerse aanhou om te verswak. Daar is ook werklike kommer dat die hoër koste van herfinansiering van soewereine skuld die vermoë van sleutelregerings (veral Italië) om die nodige fiskale dissipline uit te voer, sal ontspoor.

Italië het ’n blaaskans nodig

Onder die leierskap van Mario Monti het Italië streng besparingsmaatreëls aangeneem wat daarop gemik is om die land se begrotingstekort teen die einde van 2014 te elimineer. Italië het versoek dat Duitsland  bystand verleen deur Italiaanse effekte-opbrengste te verlaag sodat hulle skuldterugbetalings laer is. Die motivering is dat dit moeilik sal wees om besparing vir Italianers aanvaarbaar te maak sonder een of ander aansporing.

Die EU sal uitmekaarspat sonder die publiek se ondersteuning, en die publiek het ’n rede nodig om deel van die unie te bly. Gelukkig is Italië se 10 jaar effekte-opbrengs onder 7%.Italië moet in 2012 €440-biljoen betaal om slegs hulle skuld te diens; ongeveer € 130-biljoen daarvan in die eerste kwartaal.

Sou Italië se effekte-opbrengs styg, sal die verhoogde leenkoste begin om die begroting te oorweldig wat die regering se vermoë om ’n ordelike en beheerde roete na fiskale dissipline vas te stel, sal ondermyn.

Besluit oor die omvang van die Griekse verlies

Griekeland se private sektor-reddingsplan is nog steeds onopgelos en Griekeland kan nog wanpresteer. Die Griekse regering en private sektor-krediteure ontmoet vandeesmaand om saam te stem oor ’n skulduitruil-ooreenkoms wat daartoe sou kon lei dat private banke instem om meer as 50% van Griekse regeringskuld in hulle besit te herwaardeer.

Vooruitsigte in die VSA

Terwyl die Amerikaanse ekonomie in 2012 inbeweeg, reflekteer die groeikoersvooruitsig ’n onveranderde prentjie. Daar word verwag dat die ekonomie hierdie jaar ’n lae groeikoers van ongeveer 2% sal ondervind. Daar is egter indikasies dat die VSA beter tye tegemoetgaan: 

Daar is uit die aard van die saak nog steeds groot risiko's op die spel, veral dat die Euro-gebiedkrisis die ontluikende VSA-ekonomie kan ontspoor.

Vooruitsigte in die Ontwikkelende Wêreld

Ekonomiese toestande in baie ontluikende ekonomieë (Sjina, Indië en Brasilië) bly steeds redelik gunstig, hoofsaaklik as gevolg van hulle relatief gesonde ekonomiese grondslae, wat lae regeringskuld insluit.

Die groei in vastebeleggingsaktiwiteit in ontluikende ekonomieë het ook deurlopend beter vertoon as dié in die ontwikkelde wêreld. Onderwyl die groeikoers in 2012 in die meeste ontluikende ekonomieë na verwagting die van die belangrikste ontwikkelde ekonomieë sal oortref, het die ontwikkelende wêreld nog nie ontkoppel van die ontwikkelde wêreld nie. Inteendeel, die wêreldekonomie is meer as nog ooit tevore onderling verbind. Die dreigende resessies in talle ontwikkelde ekonomieë sal ongetwyfeld ’n negatiewe impak op groei in ontluikende ekonomieë uitoefen. 

Onrus in Nigerië

Verhoogde brandstofpryse as gevolg van die verwydering van subsidies het onlangs gelei tot burgerlike protes deur arbeid en die algemene publiek in Nigerië. Dit het gelei na kommer oor die stabiliteit in Nigerië en beleggers is bekommerd dat die verwydering van subsidies die verbruikersinflasie-vooruitsig in gevaar sal stel.

Vervoer het ’n 6.5% gewigstoekenning in die Nigeriese inflasie-mandjie. In November 2011 het vervoer-inflasie jaar-op-jaar na 10.4% gestyg. Die verwydering van die brandstofsubsidie geld net vir petrol, nie vir diesel wat vir die meeste trokke en busse in die land gebruik word nie. Gevolglik het die Nigeriese owerhede onder burgerlike druk geswig en brandstofpryse weereens gesny.