Pensioen- of voorsorgfondse is voordele wat deur jou werkgewer aangebied word. As lid sal jy ’n maandelikse bydrae tot die fonds maak as deel van jou salarispakket. Moontlik sal jou werkgewer ook bydra.
Maar jou fondslidmaatskap is aan jou werk gekoppel en sou jy bedank, verlaat jy gewoonlik die fonds. In hierdie geval kan jy òf jou voordeel beskerm òf die kontantwaarde onttrek nadat belasting afgetrek is. Indien jy besluit om die voordeel te beskerm, kan jy die fondse na ’n beskermingsfonds oorplaas. Dit is ’n fonds wat op dieselfde grondslag as jou pensioen- of voorsorgfonds bestuur word, maar dit is nie aan jou werkgewer gekoppel nie.
Aftree-annuïteite is polisse wat individueel uitgeneem word. So ’n polis is nie aan jou werkgewer gekoppel nie maar is jou eie private aftree-spaarplan. Jy kan op gereelde basis bydra tot jou aftree-annuïteit en fondse toevoeg wanneer jy wil, wat dit ’n buigsame keuse vir aftree-besparing maak.
Alle aftreefondse word in ’n beleggingsportefeulje van jou keuse belê (binne wetgewende perke) wat in lyn met jou risikoprofiel behoort te wees, en faktore soos die aantal jare tot jou beskikking tot aftrede en jou risiko-aptyt word in ag geneem. Die fondse mik daarna om te groei teen ’n koers wat beter as inflasie presteer, en wat aan jou werklike opbrengs en akkumulasie van kapitaal bied.
Opsomming van die basiese verskille tussen die onderskeie soorte aftreefondse
|
Pensioenfonds |
Voorsorgfonds |
Aftree-annuïteit |
Beskermingsfonds |
Het ek toegang tot die fonds voor aftrede? |
Nie terwyl jy ’n lid van die fonds is nie; maar jy sal egter hierdie opsie hê wanneer jy jou werk verlaat |
Nie terwyl jy ’n lid van die fonds is nie; maar jy sal egter hierdie opsie hê wanneer jy jou werk verlaat |
Nee, die fondse is gewoonlik vas tot aftrede1 |
Jy het die opsie van een trekking voor aftrede |
Hoeveel van die kapitaal kan ek by aftrede as ’n enkelbedrag onttrek? |
Jy mag tot 1/3 van die belegging as ’n enkelbedrag onttrek |
Jy mag die volle bedrag as ʼn enkelbedrag onttrek |
Jy mag tot 1/3 van die belegging as ’n enkelbedrag onttrek |
Dit hang af of die fondse oorspronklik van ’n pensioenfonds of ’n voorsorgfonds afkomstig was |
Wat gebeur met die res van die kapitaal? |
Die balans sal vir jou ’n annuïteit koop wat ’n inkomste sal voorsien vir jou aftreejare |
Die balans sal vir jou ’n annuïteit koop wat ’n inkomste sal voorsien vir jou aftreejare |
Die balans sal vir jou ’n annuïteit koop wat ’n inkomste sal voorsien vir jou aftreejare |
Die balans sal vir jou ’n annuïteit koop wat ’n inkomste sal voorsien vir jou aftreejare |
[1] Fondse uit aftree-annuïteite mag in sekere gevalle soos egskeiding of emigrasie voor aftrede onttrek word. Die lid mag ook toegelaat word om af te tree as gevolg van permanente ongeskiktheid.

Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansië le Diensverskaffer in terme van die Finansië le Advies- en Tussentydse Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409).