Augustus 2017 Read this article in English
Liberty vier vanjaar 60 jaar in die sakewêreld
 
Deel hierdie artikel:

Liberty vier vanjaar 60 jaar in die sakewêreld. Hier volg sommige van die belangrikste mylpale wat ons na aan die hart lê:

1957: Die 26-jarige Donald Gordon stig ʼn nuwe lewensversekeringsmaatskappy in Suid-Afrika.

1958: Liberty word geregistreer as ʼn maatskappy en verkoop sy eerste lewenspolis.

1960: Liberty stel die eerste aftree-annuïteitsprodukte in Suid-Afrika bekend.

1962: Liberty is die eerste lewensversekeringsmaatskappy wat op die Johannesburgse Aandelebeurs genoteer word.

1965: Saam met twee ander finansiële instellings stel Liberty Suid-Afrika se eerste effektetrust en die konsep van lewensversekeringsvoordele wat aan effektetrusts gekoppel is, bekend.

1967: Totale bates haal die perk van R10 miljoen.

1971: Liberty stel die Liberty Property Bond-polisreeks bekend en die Donald Gordon Foundation word gestig om die maatskappy se sosiale verantwoordelikheidsverpligtinge te bestuur.

1972: Liberty bekom die Suid-Afrikaanse bedrywighede van die Manufacturers Life Insurance Company of Canada en verdubbel oornag in omvang (verhoog sy bates tot meer as R100 miljoen).

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Welvaartbeskerming
 
Pasop vir skelmstreke (scams): Identifiseer die bedrieërs
 
Daar is ʼn skerp toename in die aantal vaardige bedrieërs wat hul bedryf beoefen. Liberty gee kernriglyne oor hoe jy jou welvaart teen gewetenlose bedrieërs kan beskerm.
 
Lees meer...
Leefstyl
 
Balans is belangrik!
 
Met al meer vroue wat tot die arbeidsmark toetree, word huishoudelike verantwoordelikhede tussen mans en vroue verdeel. Mans en pa’s neem verantwoordelikheid vir al meer huishoudelike take en opvoedings-verantwoordelikhede as ooit tevore. Dit kan tot konflik lei.
 
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.