Augustus 2017 Read this article in English
Sal jy vir advies moet betaal?
 
Deel hierdie artikel:

Voor die einde van die jaar sal die eerste fase van die wysigings aan advies- en produkfooie, soos vervat in die Retail Distribution Review (RDR), van krag word. Dit is ʼn positiewe ontwikkeling vir beide kliënte en adviseurs, aangesien dit sal lei tot ʼn meer deursigtige, fooigebaseerde struktuur.

In die verlede het kliënte, onder ʼn produkgebaseerde kommissiestruktuur, nie altyd verstaan wat die waarde is van die advies wat hulle ontvang het nie, en het hulle dit as ʼn “gratis diens” beskou. Die nuwe fooistruktuur bepaal hierteenoor dat daar vir advies as ʼn gewaardeerde diens betaal moet word. Dit beteken ook dat adviseurs meer kliëntgerig sal moet optree in terme van die lewering van ʼn relevante en deurlopende adviesdiens. Kliënte sal ingevolge wetgewing hul voortgesette adviesfooi op beleggingsprodukte kan staak indien hulle voel dat die adviseur nie ʼn bevredigende diens lewer nie.

Liberty-adviseurs het reeds hul aktiwiteite in ooreenstemming gebring met die vereistes van die RDR, maar dit is belangrik dat kliënte verstaan presies waarvoor hulle betaal en wat hulle in terme van advies kan verwag.

  1. Voorafadvies: Daar sal van ʼn adviseur verwag word om ʼn behoefte-ontleding te verskaf sodat jou finansiële behoeftes bepaal kan word. Die meeste vooraanstaande finansiële beplanners volg die ses stappe-proses van die internasionaal erkende Financial Planning Institute om die kliënt se huidige finansiële kennis en ervaring, asook sy of haar finansiële situasie op dié tydstip, te bepaal. Die gaping tussen die kliënt se huidige situasie en die verlangde uitkoms help om die finansiële plan saam te stel.
  2. Deurlopende advies: Bo en behalwe die hantering van dag-vir-dag-navrae en eise behoort ʼn adviseur ook ʼn jaarlikse hersiening van die finansiële aangeleenthede van die kliënt te doen. Ten tyde hiervan kan veranderinge in persoonlike omstandighede en of jy nog op koers is met jou finansiële plan, bespreek word.

Hoe fooie gehef sal word
In terme van die RDR word onderskei tussen risiko- en beleggingsprodukte. Nietemin plaas beide modelle klem op vergoeding vir deurlopende diens. Die RDR stel voor dat waar ʼn fooi gehef word, dit duidelik vooraf openbaar gemaak moet word en deur die kliënt aanvaar moet word, wat die kliënt in staat stel om die fooi te onderhandel, sou hulle wou.

Adviesfooie op beleggings
Met betrekking tot beleggingsprodukte sal die RDR die verskaffers van produkte, soos Liberty, belet om kommissie op beleggingsprodukte te betaal.

Aanvanklik sal slegs enkelbedragbeleggings op ʼn “slegs adviesfooi”-basis verkoop word, terwyl herhalende beleggingsprodukte in die volgende fase sal volg. Daar moet tussen die adviseur en die kliënt ooreengekom word op die adviesfooi, gebaseer op die vlak van diens en advies wat verlang word. Platformfooie en portefeulje-bestuursfooie sal apart gehef word en sal duidelik openbaar word, in ooreenstemming met die beginsel van deursigtigheid.

Advies op risikoprodukte
Met betrekking tot risikoprodukte word voorgestel dat die adviseur se vergoeding beperk word tot ʼn maksimum van 50% voorafkommissie met die balans betaalbaar na gelang die premies betaal word. Dit beteken dat, indien die kliënt van adviseurs verwissel, die nuwe adviseur die toekomstige diensfooie sal ontvang. Dit skep die motivering vir deurlopende diens nadat die polis verkoop is.

Tipes fooie wat ter sprake is
Adviesfooi: Hierdie fooi is deur die kliënt aan die adviseur betaalbaar vir advies verskaf. Dit moet kontraktueel ooreengekom word voor die adviseur die diens lewer, sodat die kliënt weet waarvoor hy of sy betaal en dat die adviseur weet wat om te lewer.
Platformfooi: Dié fooi word gehef deur die platform wat jou belegging administreer. Die RDR stel voor dat slegs die fooi wat die platform hef, betaalbaar moet wees en dat dit nie enige kortings of derdepartyvergoeding van produkverskaffers of beleggingsbestuurders moet insluit nie.
Portefeuljebestuursfooi: Die fooi word deur die portefeuljebestuurder gehef vir hul kundigheid in die bestuur van die fonds en moet aan die kliënt openbaar word.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Welvaartbeskerming
 
Pasop vir skelmstreke (scams): Identifiseer die bedrieërs
 
Daar is ʼn skerp toename in die aantal vaardige bedrieërs wat hul bedryf beoefen. Liberty gee kernriglyne oor hoe jy jou welvaart teen gewetenlose bedrieërs kan beskerm.
 
Lees meer...
Leefstyl
 
Balans is belangrik!
 
Met al meer vroue wat tot die arbeidsmark toetree, word huishoudelike verantwoordelikhede tussen mans en vroue verdeel. Mans en pa’s neem verantwoordelikheid vir al meer huishoudelike take en opvoedings-verantwoordelikhede as ooit tevore. Dit kan tot konflik lei.
 
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.