Augustus 2017 Read this article in English
Vyf strategieë van suksesvolle welvaartbouers
 
Deel hierdie artikel:

Om besondere resultate te behaal, moet jy die voorbeeld van buitengewone welvaartbouers volg. Hier is vyf strategieë wat hulle gebruik en wat jy kan implementeer om jou eie welvaart te laat groei.

1. Hou jou oë noukeurig gevestig op jou finansiële welstand
Staan maandeliks ʼn paar uur af om jou finansiële administrasie te doen. Liasseer jou polisse, gaan jou beleggings na en bestudeer jou bankstate. Begryp waar jy jou geld spandeer, aangesien jy verbaas sal wees tot watter mate klein uitgawes jou vermoë om te spaar en te belê kan benadeel.

2. Moenie die impak van ʼn maandelikse begroting onderskat nie
Indien jy nie jou geld iewers heen kanaliseer nie, sal dit jou platsak laat. ʼn Maandelikse begroting hou jou gedissiplineerd. Jy weet hoeveel jy kan bekostig om te spandeer, te spaar en te belê. Dit stel jou in staat om op die belangrike dinge te fokus, sodat jy nie “onbewustelik” geld op onnodige goed uitgee nie.

3. Raak ontslae van jou korttermynskuld
Indien jy op skuld leef maak jy ʼn bank, en nie jouself nie, ryk. Indien jy al jou skuld wil vereffen, begin deur die kleinste skuld eerste af te betaal. Namate jou maandelikse paaiemente beskikbaar word, gebruik dit om die groter skulde vinniger af te betaal. Bedrewe welvaartbouers gebruik sulke geld wat beskikbaar kom, om die volgende hoogste skuld af te betaal en gaan voort met die proses totdat hul korttermynskuld ten volle vereffen is.

4. Beskerm jou welvaart
Jou toekomstige inkomste is jou grootste bate. Suid-Afrika het een van die hoogste ongeluksterftesyfers ter wêreld. Jy kan nie op die Padongelukkefonds en jou maatskappy se pensioen- of voorsorgfonds staatmaak om jou uit te betaal indien jy in ʼn ongeluk betrokke is nie. Kry finansiële advies om voorsiening te maak vir ongevraagde gebeurtenisse soos ongeskiktheid en chroniese siektes. Maak ook seker dat jy genoeg geld weggesit het vir noodgevalle, sodat jy nie nodig het om skuld te maak wanneer daar ʼn krisis opduik nie.

5. Maak seker jy het ʼn spaarplan
ʼn Eenvoudige spaarplan werk die beste. Dit sal jou help om te bepaal watter beleggingsopsies die beste vir jou sal wees. Skryf jou beleggingsdoelwitte neer en maak seker dit is duidelik uiteengesit:

  • Wat jy probeer bereik.
  • Hoeveel tyd jy het om jou spaardoelwit te bereik.
  • Hoeveel risiko jy bereid is om in die markte te loop.
  • Hoeveel jy kan bekostig om elke maand te spaar.

Hou by hierdie geldbestuurgewoontes nadat jy dit geïmplementeer het. Bly gefokus op jou verwagtinge, drome en aspirasies en hersien jou strategie jaarliks om jou vordering te monitor.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Welvaartbeskerming
 
Pasop vir skelmstreke (scams): Identifiseer die bedrieërs
 
Daar is ʼn skerp toename in die aantal vaardige bedrieërs wat hul bedryf beoefen. Liberty gee kernriglyne oor hoe jy jou welvaart teen gewetenlose bedrieërs kan beskerm.
 
Lees meer...
Leefstyl
 
Balans is belangrik!
 
Met al meer vroue wat tot die arbeidsmark toetree, word huishoudelike verantwoordelikhede tussen mans en vroue verdeel. Mans en pa’s neem verantwoordelikheid vir al meer huishoudelike take en opvoedings-verantwoordelikhede as ooit tevore. Dit kan tot konflik lei.
 
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.