Augustus 2017 Read this article in English
Balans is belangrik!
 
Deel hierdie artikel:

Met al meer vroue wat tot die arbeidsmark toetree, word huishoudelike verantwoordelikhede tussen mans en vroue verdeel. Mans en pa’s neem verantwoordelikheid vir al meer huishoudelike take en opvoedingsverantwoordelikhede as ooit tevore.

Konflik ontstaan dikwels in verhoudings wanneer daar wankommunikasie is. Ongeag of dit onduidelike verwagtinge is met betrekking tot wie verantwoordelik is om die huis netjies te hou, of doodeenvoudig om onbewus te wees van ʼn gade se finansiële status, dit is noodsaaklik dat egpare in ag neem dat die hedendaagse verskuiwende geslagsrolle van hulle verwag om so openlik en eerlik as moontlik te wees.

Hier volg ʼn paar gesprekke wat elke egpaar behoort te hê:

Huishoudelike verantwoordelikhede
Deesdae word van almal verwag om te help en hul deel van die daaglikse sleurwerk te doen. Deur mekaar se sterk punte en voorkeure in ag te neem, is ʼn uitstekende manier om te verseker dat daar van niemand verwag word om al die sleurwerk te doen nie. Gesinne moet besluit hoe eenvoudige take soos kosmaak en skoonmaak hanteer sal word. Byvoorbeeld, besluit óf dat die een wat kosmaak ook opruim, óf dat die een wat die ete voorberei het nie agterna hoef skoon te maak nie.

Versorging van gesinslede
Pa’s wil nie net meer deel hê aan hoe hul kinders grootgemaak word nie, hul verwag dit. Dit beteken nie om net betrokke te raak wanneer dissipline nodig is nie. Ontwikkel albei gades se versorgingskant deur tyd af te staan vir gesinslede om buite die gesinseenheid kontak te hê, soos die bywoning van ʼn sokkerwedstryd met jou seun of ʼn fliekafspraak met jou dogter. Daar is ook ʼn magdom maniere om te help wanneer die baba gebore is, óf deur tydens badtyd betrokke te raak, óf om beurte te maak om aandete te maak en op te ruim.

Dit is ook belangrik om te weet wat die familie se verwagtinge is ten opsigte van ouerwordende ouers. Is daar broers en susters wat die finansiële en fisieke verantwoordelikhede kan deel? Het julle genoeg plek sodat ouers wat langtermyn-versorging nodig het by julle kan intrek? Bespreek dié aangeleenthede vroegtydig, aangesien gades moontlik verskillende standpunte kan hê tot watter mate hulle betrokke behoort te raak.

Finansiële deursigtigheid
Een van die beste aspekte van ʼn verhouding is om saam oor doelwitte en drome te besluit. Hou die kommunikasiekanale tussen jou en jou gade oop. Maak gereeld seker hoe julle vorder, en verseker dat julle ooreenstem oor julle prioriteite en hoe julle onvoorsiene omstandighede, soos aflegging en ongeskiktheid, sal hanteer.

Om vir hulp aan te klop
Dit is belangrik om te onthou dat dinge wat vir jou vanselfsprekend lyk, nie altyd vir jou gade voor die hand liggend is nie. Indien jy van hom of haar verwag om ʼn sekere taak te behartig, vra hulle om dit te doen en kommunikeer duidelik hoe jy verwag hulle dit moet uitvoer. Om ʼn bondel wasgoed in die wasmasjien te sit en dit nie op te hang om droog te word nie, lyk dalk na ʼn klein dingetjie, maar dit is dikwels hierdie soort gesprekke wat lei tot die grootste konfrontasies.

Die besluit om die res van julle lewens saam deur te bring, beteken nie noodwendig dat julle op dieselfde manier dink of dieselfde verwagtinge het nie. Luister, vra, en, die allerbelangrikste, doen!

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Welvaartbeskerming
 
Pasop vir skelmstreke (scams): Identifiseer die bedrieërs
 
Daar is ʼn skerp toename in die aantal vaardige bedrieërs wat hul bedryf beoefen. Liberty gee kernriglyne oor hoe jy jou welvaart teen gewetenlose bedrieërs kan beskerm.
 
Lees meer...
Leefstyl
 
Balans is belangrik!
 
Met al meer vroue wat tot die arbeidsmark toetree, word huishoudelike verantwoordelikhede tussen mans en vroue verdeel. Mans en pa’s neem verantwoordelikheid vir al meer huishoudelike take en opvoedings-verantwoordelikhede as ooit tevore. Dit kan tot konflik lei.
 
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.