Augustus 2017 Read this article in English
Hoe ʼn finansiële adviseur jou lewe kan red
 
Deel hierdie artikel:

Kankeroorlewende, Lisa Ashton, is ʼn werkende ma van drie tieners. Sy het eerstehands ervaar wat die waarde van ʼn finansiële adviseur is toe sy net 17 dae voor haar 35ste verjaarsdag met fase 2-borskanker gediagnoseer is.

“Ná my diagnose en ek met my familie gesels het, was my finansiële adviseur, Jaco, een van die eerste mense wat ek gekontak het. Ek wou weet of ek gedek was. Hy het my ingelig dat ek nie alleen die toepaslike mediese dekking nie, maar ook ʼn gevreesde siekte-polis van Liberty gehad het.”

Twee jaar vroeër het Lisa besluit dat dit tyd was vir haar en haar man om hul finansiële sake te hersien. Die egpaar was besig om ʼn jong gesin – twee kinders en ʼn pleegkind – in ʼn nuwe huis groot te maak. “Ek was 34, met twee kinders onder die ouderdom van drie. Ek het altyd ʼn paar polisse gehad, maar dit was tyd om te konsolideer en om lewensversekering en die beskerming van my bates te oorweeg.”

Haar finansiële adviseur het ʼn omvattende plan voltooi, wat ingesluit het die hersiening van die Ashtons se testament, om ʼn opvoedingsplan vir die kinders te begin, aftreebeplanning, en die noodsaaklikste, dat hy daarop aangedring het dat sy gevreesde siekte-dekking uitneem en haar mediese skema-opsie opgradeer.

“Toe ek hom oor my diagnose gebel het, het hy my daaraan herinner dat dit op daardie dag ʼn jaar was sedert die polis in werking getree het. Ek was ten volle verseker,” sê Lisa.

Terwyl haar mediese rekeninge deur die mediese skema betaal is, het die geld uit die gevreesde siekte-dekking gehelp om die finansiële spanning te verlig. “Ek moes verlof neem tydens die chemoterapie, bestraling en ʼn histerektomie – dit was ʼn lang jaar. Dit was so ʼn verligting om die geld te hê om mense in diens te neem om die kinders rond te ry, en om klaarvoorbereide etes te kon bekostig, eerder as om alles self te moes gaar maak. Dit wat ek nie gebruik het nie, het ek op Jaco se aanbeveling in die verbandrekening inbetaal, aangesien hy gesê het dat, gegewe die onsekerheid, dit beter was om daarop te fokus om skuld te delg.”

Lisa se stryd teen kanker was moeilik, en het ʼn hernieude diagnose vyf jaar later ingesluit toe sy met fase 4-kanker gediagnoseer is. “Aangesien ek die gepaste gevreesde siekte-dekking gehad het tydens die aanvanklike diagnose, het Liberty 50% van my dekking uitbetaal. Ten tyde van my tweede diagnose is die res van die polis aan my uitbetaal.

Vandag, bykans 13 jaar nadat haar stryd teen kanker begin het, is Lisa kankervry en is sy ʼn onvermoeide kampvegter daarvoor dat vroue in beheer moet wees van hul finansies.

“Ek gesels eerlikwaar meer met my adviseur oor geld as my man. My man is geneig om uit te stel en die waardestelsels waarbinne ons gevorm is, verskil. Ek dink dit is vir ʼn vrou makliker om met ʼn finansiële adviseur te werk.”

As ʼn kankeroorlewende en ʼn ma het Lisa geleer hoe belangrik dit is om haarself eerste te stel. "Dit is moeiliker vir vroue om, wat geld betref, vir kinders en familielede nee te sê. Wanneer ons ons finansiële toekoms beplan, is dit belangrik dat ons kan nee sê, en ons behoeftes kan prioritiseer.

As ʼn opgeleide industriële sielkundige glo Lisa dat vroue moet begin om hul ingesteldheid te verander. “Talle vroue wat ek ontmoet sê hulle het net nie genoeg geld om te belê of om ʼn adviseur te regverdig nie, maar dit gaan oor ʼn ingesteldheid. Vroue is geneig om ‘negatiewe selfgesprekke’ te hê – gedagtes in hul onderbewussyn wat die manier waarop hulle dink, en daarom ook die wyse waarop hulle optree wanneer geld ter sprake kom, beheer.

In werklikheid verkies talle vroue om finansiële beplanning aan ander mense, soos hul gades, adviseurs of kinders oor te laat. Lisa moedig vroue aan om betrokke te raak by die beplanning en versekering van hul eie finansiële toekoms.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Welvaartbeskerming
 
Pasop vir skelmstreke (scams): Identifiseer die bedrieërs
 
Daar is ʼn skerp toename in die aantal vaardige bedrieërs wat hul bedryf beoefen. Liberty gee kernriglyne oor hoe jy jou welvaart teen gewetenlose bedrieërs kan beskerm.
 
Lees meer...
Leefstyl
 
Balans is belangrik!
 
Met al meer vroue wat tot die arbeidsmark toetree, word huishoudelike verantwoordelikhede tussen mans en vroue verdeel. Mans en pa’s neem verantwoordelikheid vir al meer huishoudelike take en opvoedings-verantwoordelikhede as ooit tevore. Dit kan tot konflik lei.
 
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.