Julie 2017 Read this article in English
Welstand in die werkplek
 
Deel hierdie artikel:

Absenteïsme (afwesigheid) kan beide die werkgewer se winsgrens en die gemoedstoestand van die werknemer beïnvloed. Probeer hierdie wenke om te verseker dat jy jou werk onder die knie het, selfs wanneer jy nie goed voel nie.

Welstand in die werkplek is hoog op die agenda, met maatskappye soos Google en Apple wat beklemtoon dat ʼn gelukkige werknemer ʼn gesonde werknemer is, en hoe dit die maatskappy se winsgrens kan beïnvloed. Navorsingsmaatskappye het intensiewe pogings aangewend om te toon hoe meetbaar die gesondheid van die werknemers van ʼn maatskappy werklik is, wat ons help om sake in perspektief te plaas.

ʼn Nuwe tendens, waarna verwys word as ‘presenteïsme’ (aanwesigheid), het uit dié navorsing na vore gekom. Dit verwys na geleenthede wanneer ʼn werknemer kom werk, maar weens siekte, geestesgesondheidsredes of ongeskiktheid nie in staat is om hul normale vlakke van produktiwiteit te handhaaf nie.

Wat kan jy, as ʼn werkgewer, doen om jou werknemers te ondersteun?

1. Moedig jou span aan om gesonde gewoontes te handhaaf, soos om gereeld van hul lessenaar op te staan, ʼn draai buite te stap en gereelde maaltye te eet.
2. Ondersteun werknemers wat nie wel is nie deur werk-van-die-huis-opsies of halfdagwerk gedurende daardie tye wat hulle nie ten beste funksioneer nie.
3. Bied gereeld Welstanddae aan om werknemers te help om hul gesondheid beter te verstaan en bied hulle die geleentheid om gereelde mediese ondersoeke wanneer dit hulle pas in werktyd te laat doen.

Wat is die werknemer se rol en verantwoordelikheid betreffende gesond bly?

1. Maak gebruik van die aftye wat jou maatskappy aanbied en gebruik jaarlikse verlof ten beste om te ontspan en van stres ontslae te raak.
2. Probeer tegnieke soos meditasie of oefening om jou stresvlakke laag te hou en jou hart gesond te hou.
3. Bly weg van ander kollegas wanneer jy siek is om die verspreiding van infeksies te verhoed. Was jou hande gereeld, hoes in jou elmboog en gebruik ʼn aanvulling soos sink om die duur van jou siekte korter te maak en jou liggaam se immuunstelsel te ondersteun.
4. Verseker dat jy oor ʼn toepaslike inkomstebeskermer beskik om jou te ondersteun tydens die periodes wanneer dit vir jou onmoontlik is om te werk, sodat jy op jou gesondheid kan fokus en nie op jou finansies nie.

Dit is beide jou en jou werkgewer se verantwoordelikheid om saam te werk om redelike oplossings te vind vir enige werksverwante probleme wat kan opduik. Die heel belangrikste is om die kommunikasiekanale oop te hou.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Beleggingswenke
 
Bestuur jou beleggingsrisiko’s vir langtermynsukses
 
Wat die belê van jou geld betref, is daar niks skrikwekkender as die gedagte dat jy jou swaarverdiende neseier kan verloor nie. Nogtans is dit belangrik om te verstaan dat beleggingsrisiko in verskeie gedaantes na vore kom.
 
Lees meer...
Gesondheid
 
Welstand in die werkplek
 
Niemand geniet ʼn doktersafspraak nie, maar navorsing dui daarop dat mans minder geneig is as vroue om tyd te maak om hul algemene praktisyn te besoek en dat dit hulle kan ontneem van die hulp wat hulle nodig het.
 
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.