Julie 2017 Read this article in English
Behoort jy jou verband te gebruik om jou skuld te konsolideer?
 
Deel hierdie artikel:

Jou huislening is gewoonlik die goedkoopste vorm van skuld en dit kan finansieel sin maak om hierdie relatief goedkoop kredietlyn te gebruik om ander skuld, soos motorfinansiering of selfs korttermynskuld soos ʼn kredietkaart, af te betaal – maar is dit raadsaam?

Amptelike statistieke het bevestig wat talle Suid-Afrikaanse huishoudings reeds weet: ons ekonomie is diep in die moeilikheid en huishoudelike kontantvloei is onder al groter druk. Enige besparing op die rentebetalings op skuld sal welkome verligting bring, maar is dit die moeite werd om jou verband te gebruik om jou skuld te konsolideer?

Hoe lank sal dit neem om die skuld af te betaal?

Die eerste fout wat mense maak, is dat hulle in stede daarvan om rente te bespaar, uiteindelik selfs meer betaal. Dit is aangesien hulle pleks van om die skuld oor ʼn paar jaar af te betaal, die terugbetaling daarvan in werklikheid oor 20 jaar verleng.

Byvoorbeeld, indien jy ʼn motor vir R200 000 gekoop het en jou motorfinansiering was teen 15% (rente) per jaar, sal jy ongeveer R4 760 per maand oor die volgende vyf jaar betaal, wat beteken dat die motor jou R285 600, rente ingesluit, kos.

Indien jy besluit om jou verband te gebruik om die motor teen 10,5% te finansier, sal jou maandelikse terugbetaling R4 300 per maand wees. Jy sal R258 000 oor die vyfjaarperiode betaal, ʼn R27 600 besparing op rente.

Nietemin, dit sal vereis dat jy jou maandelikse verbandbetaling met R4 300 moet verhoog om te verseker dat jy steeds jou motor oor vyf jaar afbetaal. Talle mense gaan voort om slegs die minimum bedrag wat maandeliks vereis word op hul huislening te betaal, wat in werklikheid die motorbetaling oor 20 jaar uitrek.

In hierdie voorbeeld sal die R200 000 wat uit jou verband onttrek is, jou verbandterugbetaling met R2 000 per maand laat styg, maar oor ʼn twintigjaarperiode sal daardie R200 000 ʼn massiewe R480 000 beloop.

Dieselfde is van toepassing op enige korttermynskuld, soos kredietkaarte of persoonlike lenings. Om jou verbandlening te gebruik om hierdie skuld te delg, kan die duurste besluit wees wat jy ooit sal neem.

Sal jou verbandlening afbetaal wees wanneer jy aftree?

ʼn Verdere rede tot kommer, veral indien jy naby aftrede is en jy jou verband as ʼn bankoutomaat gebruik, is dat jy nog geld op jou huis sal skuld wanneer jy aftree. Met inagneming van die feit dat die meeste mense ʼn daling van tussen 25% en 75% in inkomste sal ondervind, kan jy dit moontlik moeilik vind om voort te gaan met die maandelikse verbandbetalings en kan jy jou huis na aftrede verloor.

Dit mag voorkom asof jou huisverband ʼn aantreklike manier is om jou skuld te konsolideer, maar dit is slegs die geval indien jy dit verantwoordelik gebruik.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Beleggingswenke
 
Bestuur jou beleggingsrisiko’s vir langtermynsukses
 
Wat die belê van jou geld betref, is daar niks skrikwekkender as die gedagte dat jy jou swaarverdiende neseier kan verloor nie. Nogtans is dit belangrik om te verstaan dat beleggingsrisiko in verskeie gedaantes na vore kom.
 
Lees meer...
Gesondheid
 
Welstand in die werkplek
 
Niemand geniet ʼn doktersafspraak nie, maar navorsing dui daarop dat mans minder geneig is as vroue om tyd te maak om hul algemene praktisyn te besoek en dat dit hulle kan ontneem van die hulp wat hulle nodig het.
 
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.