Junie 2017 Read this article in English
www.Liberty.co.za
Wees ʼn man van daad en maak ʼn afspraak by die dokter
 
Deel hierdie artikel:

Niemand geniet ʼn doktersafspraak nie, maar navorsing dui daarop dat mans minder geneig is as vroue om tyd te maak om hul algemene praktisyn te besoek en dat dit hulle kan ontneem van die hulp wat hulle nodig het.

Volgens 2014-opnamedata wat deur die Centre for Disease Control and Prevention in die VSA versamel is, is mans meer as die helfte minder geneig as vroue om hul dokters binne ʼn tweejaarperiode te besoek. ʼn Aantal (navorsings)opnames wat by hospitale oor die VSA gedoen is, ondersteun die aanname dat mans nie so dikwels as vroue dokter toe gaan nie. Die verduideliking is dikwels dat hulle ‘te besig’ is of bang is dat hulle sal uitvind dat iets ernstig skort. Sosiale druk op mans om ‘aan te gaan asof niks fout is nie’ en te verhoed dat hul kwesbaar voorkom, speel ook ʼn rol.

Nietemin beteken om ʼn siekte vroeg te ontdek ʼn korter tyd weg van die werk en minder duur mediese rekeninge later. Hierdie is slegs twee van die redes om daardie jaarlikse afsprake na te kom. Wanvoorstellings oor toetse vir siektes (en daardie gevreesde prostaatondersoek) ontmoedig mans ook om hulle gereelde opvolgondersoeke te laat doen, hoewel ʼn prostaatondersoek deesdae slegs ʼn vinnige bloedtoets behels.

Watter toetse behoort jy te laat doen? Kyk na die kontrolelys hieronder en maak ʼn afspraak om die toetse so spoedig moontlik te laat doen. Dit sal jou tyd en geld spaar en jou help om na jou gesin om te sien deur ʼn goeie voorbeeld te stel en te verseker dat jy vir solank as wat moontlik is by hulle sal wees.

Toetse wat jaarliks gedoen moet word:

  • Bloeddruk
  • Siftingstoets vir diabetes
  • Liggaamsmassa-indeks
  • Siftingstoets vir cholesterol
  • Tandheelkundige ondersoek
  • Oogondersoek
  • MIV-siftingstoets
  • Toets vir die prostaatspesifieke antigeen

Indien jy ʼn familiegeskiedenis van enige van bogenoemde siektes het, moet jy jou algemene praktisyn versoek om ʼn gereelde toetsskedule op te stel om vroeë opsporing te verseker.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Welvaartskepping
 
Hoe om ʼn erfenis van welvaart aan jou kleinkinders na te laat
 
Namate talle grootouers heel waarskynlik die geboorte van hulle agterkleinkinders sal beleef, is daar ʼn geleentheid om ʼn familie-erfenis na te laat wat verder as hul eie kinders strek?
 
Lees meer...
Gesondheid
 
Wees ʼn man van daad en maak ʼn afspraak by die dokter
 
Niemand geniet ʼn doktersafspraak nie, maar navorsing dui daarop dat mans minder geneig is as vroue om tyd te maak om hul algemene praktisyn te besoek en dat dit hulle kan ontneem van die hulp wat hulle nodig het.
 
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.