Junie 2017 Read this article in English
www.Liberty.co.za
Stash: Die maklikste manier om jou ekstra kleingeld te spaar
 
Deel hierdie artikel:

Die gratis, geen-papierwerk en belastingvrye beleggingsapp van Liberty

Ons weet almal dat ons vanaf ons eerste salaristjek geld vir ons toekoms behoort te begin spaar, maar selfs net om ʼn belegging te kies of ʼn rekening te open lyk dikwels na meer beslommernis as wat dit werd is. Wat as daar ʼn belegging was wat vir jou belasting bespaar, geen papierwerk, debietorders of oordragte vereis nie en gratis aangebied word?

Dit is dié kreatiewe denke wat aanleiding gegee het tot die bekendstelling van Stash, ʼn app wat ontwerp is om alle ingewikkelde beleggingsjargon, -prosesse, lastige vorms en probleme met onttrekkings uit die weg te ruim. Dit neem die gemiddelde gebruiker slegs 49 sekondes om Stash op te stel. Jy het slegs jou voornaam en ʼn telefoonnommer nodig.

Hoe kom jy aan die gang? Gaan na die Play Store en laai die Stash-app af. Jy kry aanvanklik R50 om jou beleggingsreis mee af te skop. Jy kan dan die kaart wat jy die meeste gebruik laai (jou debiet, krediet- of tjekkaart). Elke keer wat jy jou kaart deur die elektroniese kaartleser deurvoer (swipe), sal die app die bedrag wat jy spandeer afrond tot die naaste R10, R20 of R50, en die ekstra kleingeld spaar (Stash). Wanneer jy koffie koop vir R24, rond Stash dit af tot R30 en belê die R6. Indien jy kies om tot R20 af te rond, dan spaar (Stash) die app R16. Hierdie ekstra kleingeld loop op sonder dat dit met jou dagtotdaglewe inmeng. Stash gaan jou daaglikse bankbalans na en dra nooit meer oor as wat jy kan bekostig nie, dus hoef jy nie bekommerd te wees dat jou bankrekening oortrokke sal raak nie.

Kort voor lank sal jy ʼn beduidende Stash-balans opbou. Jou Stash groei net so vinnig as die grootste maatskappye in Suid-Afrika, aangesien jou ekstra kleingeld in Suid-Afrika se top-40 gelyste maatskappye belê word.

Aangesien Stash ʼn belastingvrye spaarrekening is, betaal jy geen beleggingsbelasting nie. Jy kan tot R33 000 per jaar, of R500 000 oor jou leeftyd, belastingvry belê. Hierdie beperkings is van toepassing op al jou belastingvrye spaarrekeninge gesamentlik.

Daar is geen koste daaraan verbonde om in Stash te belê nie, jy word dus nie gepenaliseer wanneer jy jou geld onttrek nie en jy kan te eniger tyd geld deponeer en onttrek.

Stash sluit interaktiewe kenmerke in om meer beleggings aan te moedig. Een voorbeeld, genoem Sunny Money, spaar R5 vir elke sonskyndag in jou omgewing.

Nou is daar werklik geen verskoning om nie te begin spaar nie – laai die Stash-app vandag af en jy sal onmiddellik R50 ryker wees!

Wat jy moet weet:

  • Enige persoon ouer as 18 kan ʼn Stash-rekening open.
  • Aangesien dit ʼn belastingvrye spaarrekening is, is dit slegs beskikbaar vir Suid-Afrikaners wat ʼn geldige ID het.
  • Ons gebruik slimfoontegnologie om ons kliënte te verifieer, dus het jy slegs jou naam en ʼn selfoonnommer nodig om ʼn rekening te open.
  • Liberty maak gebruik van die huidige FICA-vrystelling op beleggings van minder as R2 000 per maand om die omslagtige dokumentasie, wat gewoonlik vir beleggings vereis word, te vermy. Slegs indien jy fondse wil onttrek, of die R2 000 per maand perk oorskry, sal ons vereis dat jy ʼn foto van jou ID-dokument en ʼn bewys van woonadres aan ons stuur – dis so maklik soos dit.
  • Daar is geen kostes nie, maar die data wat ons oor spanderingspatrone versamel, is vir Liberty waardevol sodat ons die Suid-Afrikaanse verbruiker beter kan verstaan. Die inligting bly vertroulik op gebruikersvlak, aangesien dit anoniem geanaliseer word, maar die gedragspatrone word gebruik om inligting aan te vul.
  • Die inligting sal nie gebruik word om verwysings te genereer nie, en jy sal dus nie skielik lukraakoproepe ontvang nie.
  • Die banktegnologie word deur dieselfde span wat vir SnapScan, ʼn volfiliaal van Standard Bank, beheer; dus is jou bankbesonderhede veilig en altyd gekodeer.
  • Die SMS-kennisgewing van jou bank word gebruik om die bedrag wat in jou Stash-rekening inbetaal moet word te bereken, en dit word daagliks om 13:00 verreken. Jy kan enige tyd voor dan die oordrag kanselleer.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Welvaartskepping
 
Hoe om ʼn erfenis van welvaart aan jou kleinkinders na te laat
 
Namate talle grootouers heel waarskynlik die geboorte van hulle agterkleinkinders sal beleef, is daar ʼn geleentheid om ʼn familie-erfenis na te laat wat verder as hul eie kinders strek?
 
Lees meer...
Gesondheid
 
Wees ʼn man van daad en maak ʼn afspraak by die dokter
 
Niemand geniet ʼn doktersafspraak nie, maar navorsing dui daarop dat mans minder geneig is as vroue om tyd te maak om hul algemene praktisyn te besoek en dat dit hulle kan ontneem van die hulp wat hulle nodig het.
 
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.