Beskerm jouself teen volgende jaar
se belastingverhogings

Die minister van finansies, Pravin Gordhan, het Suid-Afrikaners ingelig dat die regering volgende jaar ʼn bykomende R28 miljard se belasting moet hef. Ons kyk na waar daardie belasting waarskynlik vandaan sal kom en hoe om daarvoor te beplan.

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Namate belastinginkomste daal en die druk van verhoogde uitgawes toeneem, wat verdere subsidies vir hoër onderwys insluit, sal die minister van finansies, Pravin Gordhan, ʼn verdere R43 miljard in belasting oor die volgende twee jaar benodig. Van hierdie bedrag sal R28 miljard volgende jaar gehef word.

Hoewel ons sal moet wag vir die Februarie 2017begrotingsoorsig om uit te vind watter spesifieke belastings verhoog sal word, het die nasionale tesourie in die 2016-begrotingsoorsig ietwat van ʼn aanduiding gegee waar dié geld vandaan gaan kom, wat insluit: “voorsiening maak vir beperkte verligting vir fiskale sloering, ‘n verhoging van marginale persoonlike belastingkoerse, die instelling van ʼn nuwe persoonlike belastingkategorie, asook ʼn verhoging van die BTWkoers en/of verhogings van ander belastings. Hierdie opsies sal onderhewig wees aan verdere ontleding, beraadslaging en debatvoering.”

Die nasionale tesourie sal die verskillende opsies in ag moet neem om te verseker dat die laerinkomstegroepe nie onregverdig belas word nie en dat noemenswaardige groei nie uit die ekonomie onttrek word nie, maar op langelaas sal ons almal volgende jaar meer belasting betaal.

Belasting op toegevoegde waarde (BTW): R15 miljard

Navorsing deur die Davis-belastingkomitee het bevind dat ʼn styging van 14% tot 15% in BTW ʼn bykomende R15 miljard sal oplewer.

Wat jy kan doen: Spandeer minder. BTW word net gehef wanneer jy geld uitgee, spaar dus eerder en betaal minder aan die belastinggaarder. Vanuit ʼn dag-tot-dag-lewe-perspektief, neem kennis van die stapelvoedselitems wat van BTW vrygestel is en koop meer daarvan en minder kitskos en voorafvervaardigde voedsel. Voorbeelde van kossoorte wat van BTW vrygestel is, is bruinbrood, eiers en melk.

Fiskale sloering: R7,6 miljard tot R13,1 miljard

Die nasionale tesourie pas jaarliks die belastingtabelle aan om voorsiening te maak vir inflasie-gebaseerde salarisverhogings. Indien die tesourie nie die belastingtabelle in die 2016begroting aangepas het nie, kon dit ʼn bykomende R13,1 miljard bedra het. Daar is voorsiening gemaak vir ʼn gedeeltelike aanpassing, maar nie ten volle nie, wat ʼn netto belastingverhoging van R7,6 miljard opgelewer het.

Wat jy kan doen: Jy kan minder inkomstebelasting betaal deur jou bydraes tot ʼn aftreefonds, insluitend ʼn aftree-annuïteit, te verhoog. Onthou dat jy tot 27,5% van jou salaris voor belasting kan spaar.

Suikerbelasting: R11 miljard

Daar is steeds heelwat debatvoering oor ʼn moontlike suikerbelasting en ook ʼn mate van meningsverskil oor hoeveel belasting dit werklik sal genereer. Die beraamde R11 miljard wat tans genoem word, kan ʼn ooraangegewe bedrag wees, maar selfs teen die helfte van die bedrag, sal dit ʼn noemenswaardige hupstoot in belastinginkomste wees.

Wat jy kan doen: Pas jou dieet aan. Suiker is vir niemand goed nie en om minder suikerdrankies te drink, sal jou en jou gesin se gesondheid verbeter én help om geld te spaar. Het jy geweet dat die gemiddelde versoete koeldrank ongeveer nege teelepels suiker bevat? Verbeel jou jy eet daardie hoeveelheid suiker!

Heffings: R9 miljard

Die gewone verhogings in brandstofheffings en die sogenoemde sondebelastings sal ʼn verdere R9 miljard oplewer.

Wat jy kan doen: Ons betaal tans vir elke liter petrol wat ons koop R4,43 aan die verskeie heffings, dus om brandstof meer effektief te gebruik of om deel van ʼn saamryklub te word, sal belasting bespaar. Deur minder te rook en te drink sal jy ook jou totale belastingrekening op ʼn ander manier verlaag, hoewel hierdie die sondes is waaraan ons ons gewoonlik in moeilike finansiële tye oorgee!

Welvaartbelasting: R3 miljard – R5 miljard

Soos in vorige nuusbriewe bespreek is, het die Davis-belastingkomitee ook verskeie aanbevelings gemaak om die belastingbeleid ten opsigte van trusts, boedelbelasting en donasies tussen gades te herstruktureer. Dit het ten doel om die insameling van belastingheffings op die oordrag van welvaart tussen opeenvolgende geslagte te verhoog. Hierdie belastings sal die belastinginkomste met tussen R3 miljard en R5 miljard per jaar verhoog.

Wat jy kan doen: Eerstens, moenie paniekerig raak nie! Daar is nog geen definitiewe wetgewing gepromulgeer nie, slegs aanbevelings gemaak wat moontlik in wetgewing vervat sal word. Neem as uitgangspunt ʼn verstandige benadering tot boedelbeplanning en stel vas wat jou werklike behoeftes is. Verseker dat daar vir daardie werklike behoeftes voorsiening gemaak is in die instrumente wat jy vir boedelbeplanning gebruik, en maak seker dat jy genoeg kontant in jou boedel het om voorsiening te maak vir enige belastingverpligtinge wat kan voortspruit. Raadpleeg ʼn toepaslik gekwalifiseerde finansiële adviseur om jou tydens die proses by te staan, sodat jy ʼn buigsame plan het wat aangepas kan word by ʼn veranderende omgewing.

Persoonlike belasting: R3,5 miljard

Die Davis-belastingkomitee het getoon dat ʼn verhoging tot 45% in die marginale belastingkoers van individue wat meer as R1,2 miljoen per jaar verdien, ʼn verdere R3,5 miljard sal genereer.

Wat jy kan doen: Hierdie belastingverhoging sal slegs diegene in die hoogste inkomstegroep raak. Hoëinkomste-verdieners kan hul bydraes tot aftreefondse verhoog, maar hou in gedagte dat dit tot R350 000 beperk word. Jy kan ook donasies aan openbare welsynsorganisasies oorweeg.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Leefstyl   Salaris Wenke   Feestelike Besparing   Beleggingsportefeulje

Gee geskenke wat ʼn leeftyd hou
Rek jou salaris in Desember Verlig die geskenke-druk! Liberty ontgin buitelandse geleenthede

Terwyl jou kinders dalk die nuutste foefie of speelding op die mark wil hê, stel ons ʼn paar geskenke van onskatbare waarde voor wat hulle vir altyd sal waardeer.

Een van die hoogtepunte van die einde van die jaar is dat die meeste van ons ons salarisse vroeg ontvang, en vir die gelukkige individue wat ʼn 13de tjek ontvang, kom die salaris in Desember met ʼn klein inkomsteversoeter.

Die feesseisoen is in die Holmes-Rahe-skaal gelys as een van die 43 mees spanningsvolle gebeurtenisse. Dit is tyd om ons kinders se verwagtinge te verander en so die druk op ons as ouers te verminder.

Ekonomiese onsekerheid en die politieke onstuimigheid het die aanvraag na buitelandse beleggingsprodukte tot ongekende hoogtes gedryf. Bekommernisse oor die wisselvalligheid van geldeenhede en beperkinge in die plaaslike mark, met betrekking tot omvang en blootstelling aan ʼn wyer globale bedryf, het ook bygedra tot ʼn huiwering om risiko te neem.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...
Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede

Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
 
Beskerm jouself teen volgende jaar se belastingverhogings

Geskenke wat ʼn
leeftyd hou
Rek jou salaris in Desember Verlig die
geskenke-druk!
Buitelandse beleggings

Terwyl jou kinders dalk die nuutste foefie of speelding op die mark wil hê, stel ons ʼn paar geskenke van onskatbare waarde voor wat hulle vir altyd sal waardeer.

Een van die hoogtepunte van die einde van die jaar is dat die meeste van ons ons salarisse vroeg ontvang, en vir die gelukkige individue wat ʼn 13de tjek ontvang, kom die salaris in Desember met ʼn klein inkomsteversoeter.

Die feesseisoen is in die Holmes-Rahe-skaal gelys as een van die 43 mees spanningsvolle gebeurtenisse. Dit is tyd om ons kinders se verwagtinge te verander en so die druk op ons as ouers te verminder.

Ekonomiese onsekerheid en die politieke onstuimigheid het die aanvraag na buitelandse beleggingsprodukte tot ongekende hoogtes gedryf. Bekommernisse oor die wisselvalligheid van geldeenhede en beperkinge in die plaaslike mark, met betrekking tot omvang en blootstelling aan ʼn wyer globale bedryf, het ook bygedra tot ʼn huiwering om risiko te neem.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Beskerm jouself teen volgende jaar
se belastingverhogings

Die minister van finansies, Pravin Gordhan, het Suid-Afrikaners ingelig dat die regering volgende jaar ʼn bykomende R28 miljard se belasting moet hef. Ons kyk na waar daardie belasting waarskynlik vandaan sal kom en hoe om daarvoor te beplan.

+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

Namate belastinginkomste daal en die druk van verhoogde uitgawes toeneem, wat verdere subsidies vir hoër onderwys insluit, sal die minister van finansies, Pravin Gordhan, ʼn verdere R43 miljard in belasting oor die volgende twee jaar benodig. Van hierdie bedrag sal R28 miljard volgende jaar gehef word.

Hoewel ons sal moet wag vir die Februarie 2017begrotingsoorsig om uit te vind watter spesifieke belastings verhoog sal word, het die nasionale tesourie in die 2016-begrotingsoorsig ietwat van ʼn aanduiding gegee waar dié geld vandaan gaan kom, wat insluit: “voorsiening maak vir beperkte verligting vir fiskale sloering, ‘n verhoging van marginale persoonlike belastingkoerse, die instelling van ʼn nuwe persoonlike belastingkategorie, asook ʼn verhoging van die BTWkoers en/of verhogings van ander belastings. Hierdie opsies sal onderhewig wees aan verdere ontleding, beraadslaging en debatvoering.”

Die nasionale tesourie sal die verskillende opsies in ag moet neem om te verseker dat die laerinkomstegroepe nie onregverdig belas word nie en dat noemenswaardige groei nie uit die ekonomie onttrek word nie, maar op langelaas sal ons almal volgende jaar meer belasting betaal.

Belasting op toegevoegde waarde (BTW): R15 miljard

Navorsing deur die Davis-belastingkomitee het bevind dat ʼn styging van 14% tot 15% in BTW ʼn bykomende R15 miljard sal oplewer.

Wat jy kan doen: Spandeer minder. BTW word net gehef wanneer jy geld uitgee, spaar dus eerder en betaal minder aan die belastinggaarder. Vanuit ʼn dag-tot-dag-lewe-perspektief, neem kennis van die stapelvoedselitems wat van BTW vrygestel is en koop meer daarvan en minder kitskos en voorafvervaardigde voedsel. Voorbeelde van kossoorte wat van BTW vrygestel is, is bruinbrood, eiers en melk.

Fiskale sloering: R7,6 miljard tot R13,1 miljard

Die nasionale tesourie pas jaarliks die belastingtabelle aan om voorsiening te maak vir inflasie-gebaseerde salarisverhogings. Indien die tesourie nie die belastingtabelle in die 2016begroting aangepas het nie, kon dit ʼn bykomende R13,1 miljard bedra het. Daar is voorsiening gemaak vir ʼn gedeeltelike aanpassing, maar nie ten volle nie, wat ʼn netto belastingverhoging van R7,6 miljard opgelewer het.

Wat jy kan doen: Jy kan minder inkomstebelasting betaal deur jou bydraes tot ʼn aftreefonds, insluitend ʼn aftree-annuïteit, te verhoog. Onthou dat jy tot 27,5% van jou salaris voor belasting kan spaar.

Suikerbelasting: R11 miljard

Daar is steeds heelwat debatvoering oor ʼn moontlike suikerbelasting en ook ʼn mate van meningsverskil oor hoeveel belasting dit werklik sal genereer. Die beraamde R11 miljard wat tans genoem word, kan ʼn ooraangegewe bedrag wees, maar selfs teen die helfte van die bedrag, sal dit ʼn noemenswaardige hupstoot in belastinginkomste wees.

Wat jy kan doen: Pas jou dieet aan. Suiker is vir niemand goed nie en om minder suikerdrankies te drink, sal jou en jou gesin se gesondheid verbeter én help om geld te spaar. Het jy geweet dat die gemiddelde versoete koeldrank ongeveer nege teelepels suiker bevat? Verbeel jou jy eet daardie hoeveelheid suiker!

Heffings: R9 miljard

Die gewone verhogings in brandstofheffings en die sogenoemde sondebelastings sal ʼn verdere R9 miljard oplewer.

Wat jy kan doen: Ons betaal tans vir elke liter petrol wat ons koop R4,43 aan die verskeie heffings, dus om brandstof meer effektief te gebruik of om deel van ʼn saamryklub te word, sal belasting bespaar. Deur minder te rook en te drink sal jy ook jou totale belastingrekening op ʼn ander manier verlaag, hoewel hierdie die sondes is waaraan ons ons gewoonlik in moeilike finansiële tye oorgee!

Welvaartbelasting: R3 miljard – R5 miljard

Soos in vorige nuusbriewe bespreek is, het die Davis-belastingkomitee ook verskeie aanbevelings gemaak om die belastingbeleid ten opsigte van trusts, boedelbelasting en donasies tussen gades te herstruktureer. Dit het ten doel om die insameling van belastingheffings op die oordrag van welvaart tussen opeenvolgende geslagte te verhoog. Hierdie belastings sal die belastinginkomste met tussen R3 miljard en R5 miljard per jaar verhoog.

Wat jy kan doen: Eerstens, moenie paniekerig raak nie! Daar is nog geen definitiewe wetgewing gepromulgeer nie, slegs aanbevelings gemaak wat moontlik in wetgewing vervat sal word. Neem as uitgangspunt ʼn verstandige benadering tot boedelbeplanning en stel vas wat jou werklike behoeftes is. Verseker dat daar vir daardie werklike behoeftes voorsiening gemaak is in die instrumente wat jy vir boedelbeplanning gebruik, en maak seker dat jy genoeg kontant in jou boedel het om voorsiening te maak vir enige belastingverpligtinge wat kan voortspruit. Raadpleeg ʼn toepaslik gekwalifiseerde finansiële adviseur om jou tydens die proses by te staan, sodat jy ʼn buigsame plan het wat aangepas kan word by ʼn veranderende omgewing.

Persoonlike belasting: R3,5 miljard

Die Davis-belastingkomitee het getoon dat ʼn verhoging tot 45% in die marginale belastingkoers van individue wat meer as R1,2 miljoen per jaar verdien, ʼn verdere R3,5 miljard sal genereer.

Wat jy kan doen: Hierdie belastingverhoging sal slegs diegene in die hoogste inkomstegroep raak. Hoëinkomste-verdieners kan hul bydraes tot aftreefondse verhoog, maar hou in gedagte dat dit tot R350 000 beperk word. Jy kan ook donasies aan openbare welsynsorganisasies oorweeg.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Leefstyl
Gee geskenke wat ʼn leeftyd hou

Terwyl jou kinders dalk die nuutste foefie of speelding op die mark wil hê, stel ons ʼn paar geskenke van onskatbare waarde voor wat hulle vir altyd sal waardeer.

Lees meer...
 
Salaris Wenke
Rek jou salaris in Desember

Een van die hoogtepunte van die einde van die jaar is dat die meeste van ons ons salarisse vroeg ontvang, en vir die gelukkige individue wat ʼn 13de tjek ontvang, kom die salaris in Desember met ʼn klein inkomsteversoeter.

Lees meer...
 
Feestelike Besparing
Verlig die geskenke-druk!

Die feesseisoen is in die Holmes-Rahe-skaal gelys as een van die 43 mees spanningsvolle gebeurtenisse. Dit is tyd om ons kinders se verwagtinge te verander en so die druk op ons as ouers te verminder.

Lees meer...
 
Beleggingsportefeulje

Liberty ontgin buitelandse geleenthede