Oktober 2011

Jongste ekonomiese nuus

Die wêreld staar 'n digotomie in die gesig: moet die dreigende storm afgeweer word deur geld te spaar, of moet daar bestee word asof môre nie bestaan nie, ten einde nog 'n resessie af te weer. Hoewel 'n gesamentlike spaarpoging op die lang duur goed is, kan 'n skielike toename in spaargeld op die kort termyn eintlik ekonomiese groei benadeel. Dit staan bekend as die teenstrydigheid van spaarsamigheid, 'n uitdrukking wat deur die beroemde ekonoom John Maynard Keynes geskep is.

Plaaslik word ons deur die uitwerking van voortgesette wêreldwye onrus in die gesig gestaar namate ons ekonomiese groeisyfers beduidend daal. Die enigste ligpunt vir mense met skuld is die feit dat rentekoerse vir 'n langer tydperk laag sal bly. Dus is dit waarskynlik die beste om Keynesiese ekonomiese beginsels te ignoreer en hierdie lae rentekoerse te benut om persoonlike skuld te verminder.

Lees meer in ons plaaslike en wêreldwye ekonomiese oorsigte.

Vriendelike groete

Steven Braudo
Hoof uitvoerende beampte: Liberty Kleinhandel SA

   

Om te belê

Namate ekonomiese onsekerheid voortduur, wil mense hul spaargeld vermeerder, maar het miskien nie die selfdissipline om dit reg te kry nie. Indien jy wil spaar, maar motivering kort, kan jy oorweeg om ‘n beleggingsklub saam met ‘n groep vriende te stig. Lees meer daaroor in ons artikel ‘n Groep-spaarpoging.

Op die tema van belegging – daar was belangrike wysigings aan Regulasie 28 van die Wet op Pensioenfondse. Rowan Burger, hoof van aftreehervorming by Liberty, stel ondersoek in na Hoe Regulasie 28 jou Aftree-Annuïteit raak.

   
   

Verdere Informasie

Weeklikse ekonomiese nuus

The Weekly Focus lewer kommentaar op markte, ekonomieë en beleggings en word saamgestel deur Paul Hansen en Kevin Lings van STANLIB. Jy kan elke Dinsdag oor die jongste ontwikkelinge lees deur die skakel te volg op www.liberty.co.za

Beleggingsportefeulje–inligting

Beleggingsportefeuljes wat Liberty aanbied: prestasie, risiko–profiele, batetoewysing.
Lees meer.

Aanlyn Polishouersdienste

Laai belastingsertifikate af, besigtig poliswaardes en ander inligting, bring jou besonderhede op datum.
Lees meer.

   

Jou terugvoer is belangrik – praat met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver oor hierdie nuusbriewe ontvang het. Jou kommentaar en voorstelle sal ons help om jou van relevante inligting te voorsien vir die beplanning en bestuur van jou finansies.

Praat asseblief voortdurend met ons en sê wat jy dink! Jy kan jou kommentaar en opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty Groep is 'n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer in terme van die Finansiële Advies- en Tussentydse Dienstewet van 2002 ("FATD") (Lisensie no. 2409).

Wil jy met ons praat?
Indien jy enige vrae het oor jou polis of oor hierdie e-pos, sal ons graag van jou hoor: stuur hulle asseblief aan [email protected]

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang..

Besoek www.liberty.co.za