Nico-Louis Minnie, Beleggings-aktuariële Spesialis

As jy met 'n spaarplan wil begin, maar die motivering ontbreek, oorweeg gerus om 'n spaarklub te stig.

As individue is ons geneig om aan redes te dink hoekom ons nie kan spaar nie. Daar is altyd iets wat ‘opduik’ wat ons besluit om nie geld opsy te sit nie, regverdig. Navorsing het gewys dat ‘n mens veel meer gedissiplineerd is as jy in ‘n groep spaar.

As ons nie tot die groepspaarpoging bydra nie, laat ons ander mense in die steek en nie net onsself nie. Dit is veel moeiliker om aan jou groep te verduidelik hoekom jy dit nodig geag het om eerder ‘n nuwe selfoon te koop as om daardie maand jou bydrae aan die klub te gee.

Navorsing toon dat spaarklubs ondanks die resessie en werkverliese ‘n styging in spaarvlakke getoon het, terwyl ander vorme van spaar ‘n daling getoon het.

Sowat een derde van Suid-Afrikaners spaar deur middel van ‘n spaarklub, ‘n gebruik wat oor alle vlakke van inkomste heen gewild is en waarby 30% van hoë inkomste-verdieners betrokke is.

Tipes klubs

Spaarklubs kan ‘n verskeidenheid vorme aanneem. Dit kan die tradisionele stokvel wees waar ‘n groep mense vir jaareind-koste spaar en hul koopkrag gebruik om goedere in grootmaat te koop, of dit kan ‘n groep vriende wees wat vir ‘n spesiale vakansie spaar.

Beleggingsklubs, wat in langtermyn-beleggings soos effektetrusts of aandele-portefeuljes belê, word al hoe gewilder. ‘n Effektetrust laat ruimte vir ‘n groot aantal begunstigdes en ‘n groep kan ‘n fonds kies wat in hul beleggingsbehoeftes voorsien, van ‘n geldmark-effektetrustfonds tot ‘n hoë-aandelefonds.

‘n Beleggingsklub kan in ‘n aandele-portefeulje belê deur middel van aanlyn-deelhandel, in welke geval dit ‘n wyse opsie mag wees om ‘n trust te vestig vir die portefeulje om met die kwessies van eienaarskap te handel.

Die beste manier om jou spaarklub te vestig, is in ‘n groep van eenders-denkende mense wat in soortgelyke stadiums van hul lewens is en doelwitte soortgelyk aan mekaar s’n het. Byvoorbeeld julle mag dalk ‘n groep jong professionele vroue of ‘n groep afgetrede mans wees.

Die idee agter ‘n beleggingsklub is om meer oor belegging te wete te kom deur navorsingsbevindings en beleggingsidees te deel, en die klub bestaan gewoonlik uit slegs sowat tien lede.

Wees versigtig om jou by bestaande beleggingsklubs aan te sluit, behalwe as jy die mense goed ken, aangesien kits-rykword-skemas die ronde doen in die gedaante van beleggingsklubs wat belowe om jou die ‘geheime’ van belegging te wys. As jy ‘n beduidende bedrag as aansluitingsfooi moet betaal, of as die klub beloftes van bo-mark opbrengste maak, moet jy rooi ligte sien flikker.

Voordele van ‘n beleggingsklub

Buiten die motiveringsfaktor, bied beleggingsklubs verskeie voordele:

Word finansieel kundig

‘n Spaarklub is ook ‘n geleentheid om jouself oor finansies op te voed. Gebruik jul gesamentlike hulpbronne om iets nuuts te leer. Of jy ‘n basiese stokvel bedryf of ‘n beleggingsklub wat sy eie aandele-portefeulje het, gebruik die geleentheid om jou kennis oor jou persoonlike finansies te verbeter.

Kry ‘n ooreenkoms in plek

Sodra julle saamgestem het om met ‘n spaarklub te begin, is dit nodig om ‘n ooreenkoms op te stel wat hierdie volgende vrae beantwoord:

Onthou, jou finansiële adviseur kan jou help om die meeste uit jou finansies te haal deur jou te help om 'n finansiële plan te ontwikkel wat by jou omstandighede pas en seker te maak dat jy op koers bly met jou finansies.