Jou finansiële plan is soos om ʼn huis te bou

Ons beoordeel te dikwels ons finansiële sekuriteit aan die hand van die uiterlike manifestasies van welvaart rondom ons, eerder as op die onsigbare belegbare welvaart. Om ʼn vaste fondament te bou, fokus minder op die estetika en meer op die loodgieterswerk.

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Sodra jy ʼn mooi huis binnegaan, fokus jy onmiddellik op wat sigbaar is – die gordyne, die kleur van die mure, die tuin, die afwerkings in die badkamer en die kombuis.

Wanneer jy die huis wil koop is dit egter die kwaliteit van die gebou wat belangrik is. Hoe sterk is die fondament – sal dit ʼn vloed of beweging in die grond kan weerstaan? Die kleur van die mure is belangrik vir voorkoms, maar kan maklik verander word. Die sterkte van die mure is die belangrikste aspek – het hulle goeie gehalte bakstene gebruik wat die toets van die tyd sal deurstaan? Die argitek-ontwerpte dak het dalk ʼn ware wow-faktor, maar het dit enige lekke?

Dieselfde geld vir ons persoonlike finansies – mense is geneig om die fisieke aspekte van welvaart wat ons omring in ag te neem om ons finansiële sekuriteit te bepaal, eerder as die onsigbare welvaart wat hulle nie kan sien nie. Ons huis, motor en leefstyl is slegs ons versiering. Sonder ʼn vaste fondament kan daardie versiering betekenisloos wees en oornag uitgewis word.

Vyf stappe om ʼn soliede finansiële plan te bou

1. Die fondament
ʼn Huis begin met ʼn fondament. ʼn Sterk fondament beskerm die huis en vorm ʼn basis waarop gebou kan word. Die fondament beskerm ons verder teen daardie onverwagte gebeurtenisse, soos ʼn vloed of ʼn aardbewing.

Jy het die volgende finansiële fondament nodig:

  • Gesonde geldgewoontes: Stel 'n beplande begroting op en bly op hoogte van hoe jy jou geld maandeliks spandeer, sodat jy kan verstaan waarop jy jou geld uitgee.
  • Skakel korttermynskuld uit: Skuld, soos stygende vog, ondergrawe die fondament van enige finansiële plan. Voordat jy welvaart kan skep, moet jy skuld elimineer sodat jy rente kan verdien eerder as om dit te betaal.
  • Noodfonds: ʼn Noodfonds verhoed dat ons terugval in skuld of van ons welvaartskeppende-bates moet onttrek. Begin met genoeg om basiese noodgevalle te dek en mik dan daarna om ʼn bedrag gelykstaande aan drie maande se uitgawes op te bou.
  • Beskerming: Ons moet ons grootste bate, ons toekomstige inkomste, beskerm en laste soos ʼn huislening kan betaal. Risikobeskerming is ʼn belangrike basis van enige finansiële plan.

2. Die mure
Die volgende stap is om ons mure te bou – dié mure moet ons omring en beskerm tot diep in ons goue jare en verteenwoordig daarom ons aftreespaargeld. Ons moet verseker dat ons genoeg stene het om die mure te bou, en moet dus genoeg geld elke maand spaar. Ons moet ook toesien dat ons goeie gehalte stene en sement gebruik – net soos ons aftreegeld versigtig hanteer moet word en in hoog aangeskrewe beleggings belê moet word.

Soliede aftreestrategie:

  • Verbind jouself vanaf die eerste salaristjek: Hoe vroeër jy begin om geld weg te sit vir aftrede, hoe minder geld hoef jy te spaar – danksy die krag van saamgestelde rente. 
  • Maksimaliseer jou belastingvoordele: Jy kan tot 27,5% van jou inkomste belastingvry in ʼn aftreefonds spaar. Afhangend van jou belastingkoers, is dit asof jy 1,6 bakstene ontvang vir elke een baksteen wat met na-belaste geld gekoop is. 
  • Belê vir die lang termyn: Soos jou bakstene, moet jou aftreegeld ʼn lang tyd hou. Die enigste manier wat jou beleggings inflasie sal klop, is om in groeibates soos aandele en eiendom te belê.

3. Die dak
Sodra ons ʼn vaste fondament het en vir die toekoms beplan het, is dit tyd om ʼn dak op ons huis te sit. Hierdie dak verteenwoordig ons diskresionêre spaargeld – dit wat ons spaar vir ons kinders se opvoeding, ʼn deposito op ʼn huis of om ʼn beleggingsportefeulje op te bou. Die tipe dak wat ons bou is gebaseer op ons doelwitte en drome, maar ons moet steeds verseker dat ons finansieel voorbereid is vir ons ander laste, soos ons kinders se opvoeding, anders sal dit, net soos ʼn lekkende dak, begin om die res van ons finansiële plan te benadeel.

ʼn Gesonde beleggingstrategie:

  • Berei voor: Beplan vir daardie toekomstige uitgawes en bereken hoeveel jy maandeliks moet wegsit. Teen die tyd wanneer ʼn kind wat nou gebore word universiteit toe gaan, kan jy verwag om R1,2 miljoen per jaar aan fooie te betaal.
  • Tydhorisonne: Verseker dat jou beleggingsplan ooreenstem met jou tydhorisonne. Indien jy spaar vir jou kind se skoolgeld vir die volgende jaar, moet jy op beleggings in kontant fokus. Indien jy spaar vir jou kind se tersiêre onderrig oor 10 jaar, sal jy vir groei moet belê.  

4. Onderhoud
Die waarde van ʼn huis kan net behoue bly indien dit onderhou word. Soos die tyd aanstap, kan jy ondervind dat jy moet opknap of jou huis vergroot om by jou veranderende behoeftes aan te pas.

Hou jou finansies in stand:

  • Ontmoet jou finansiële adviseur minstens een keer per jaar om jou plan te hersien en aan te pas.
  • Hersien jou polisse namate jou lewensomstandighede verander.
  • Hersien jou testament wanneer groot veranderinge in jou lewe plaasvind.

5. Die binnekant
Dit is eers nadat ons die tyd en geld spandeer het op ʼn soliede struktuur dat ons aan die afwerkings aandag gee. Hierdie dinge is die luukshede wat ons leefstylverwagtinge verteenwoordig – of dit ʼn nuwe motor, ʼn oorsese vakansie of ʼn paar ontwerperskoene is.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Mediese Dekking     Jou Gesondheid   Leefstyl   Geld Wenke

Stygende mediese rekeninge? Gesondheidstoetse wat NOU vir jou noodsaaklik is! 4 gesonde gewoontes 5 dinge wat millenniërs kan koester

Namate die gaping tussen medieseskemadekking en spesialiste se rekeninge vergroot, word mediese gapingsdekking al gewilder as ʼn bekostigbare beskerming teen stygende mediese kostes.

Liberty se Hoof Mediese Beampte, Dr Philippa Peil, kyk watter voorkomende mediese toetse toepaslik is tydens jou lewensfase.

Volg hierdie riglyne vir ʼn gesonder leefstyl, van die opruim van die wanorde op jou lessenaar tot geestelike detoks – alles vir ʼn effektiewer jy!

Om jonk te wees het talle finansiële voordele, moet hulle nie verkwis nie.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...
Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Jou finansiële plan is soos om ʼn huis te bou

Ons beoordeel te dikwels ons finansiële sekuriteit aan die hand van die uiterlike manifestasies van welvaart rondom ons, eerder as op die onsigbare belegbare welvaart. Om ʼn vaste fondament te bou, fokus minder op die estetika en meer op die loodgieterswerk.

+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

Sodra jy ʼn mooi huis binnegaan, fokus jy onmiddellik op wat sigbaar is – die gordyne, die kleur van die mure, die tuin, die afwerkings in die badkamer en die kombuis.

Wanneer jy die huis wil koop is dit egter die kwaliteit van die gebou wat belangrik is. Hoe sterk is die fondament – sal dit ʼn vloed of beweging in die grond kan weerstaan? Die kleur van die mure is belangrik vir voorkoms, maar kan maklik verander word. Die sterkte van die mure is die belangrikste aspek – het hulle goeie gehalte bakstene gebruik wat die toets van die tyd sal deurstaan? Die argitek-ontwerpte dak het dalk ʼn ware wow-faktor, maar het dit enige lekke?

Dieselfde geld vir ons persoonlike finansies – mense is geneig om die fisieke aspekte van welvaart wat ons omring in ag te neem om ons finansiële sekuriteit te bepaal, eerder as die onsigbare welvaart wat hulle nie kan sien nie. Ons huis, motor en leefstyl is slegs ons versiering. Sonder ʼn vaste fondament kan daardie versiering betekenisloos wees en oornag uitgewis word.

Vyf stappe om ʼn soliede finansiële plan te bou

1. Die fondament
ʼn Huis begin met ʼn fondament. ʼn Sterk fondament beskerm die huis en vorm ʼn basis waarop gebou kan word. Die fondament beskerm ons verder teen daardie onverwagte gebeurtenisse, soos ʼn vloed of ʼn aardbewing.

Jy het die volgende finansiële fondament nodig:

  • Gesonde geldgewoontes: Stel 'n beplande begroting op en bly op hoogte van hoe jy jou geld maandeliks spandeer, sodat jy kan verstaan waarop jy jou geld uitgee.
  • Skakel korttermynskuld uit: Skuld, soos stygende vog, ondergrawe die fondament van enige finansiële plan. Voordat jy welvaart kan skep, moet jy skuld elimineer sodat jy rente kan verdien eerder as om dit te betaal.
  • Noodfonds: ʼn Noodfonds verhoed dat ons terugval in skuld of van ons welvaartskeppende-bates moet onttrek. Begin met genoeg om basiese noodgevalle te dek en mik dan daarna om ʼn bedrag gelykstaande aan drie maande se uitgawes op te bou.
  • Beskerming: Ons moet ons grootste bate, ons toekomstige inkomste, beskerm en laste soos ʼn huislening kan betaal. Risikobeskerming is ʼn belangrike basis van enige finansiële plan.

2. Die mure
Die volgende stap is om ons mure te bou – dié mure moet ons omring en beskerm tot diep in ons goue jare en verteenwoordig daarom ons aftreespaargeld. Ons moet verseker dat ons genoeg stene het om die mure te bou, en moet dus genoeg geld elke maand spaar. Ons moet ook toesien dat ons goeie gehalte stene en sement gebruik – net soos ons aftreegeld versigtig hanteer moet word en in hoog aangeskrewe beleggings belê moet word.

Soliede aftreestrategie:

  • Verbind jouself vanaf die eerste salaristjek: Hoe vroeër jy begin om geld weg te sit vir aftrede, hoe minder geld hoef jy te spaar – danksy die krag van saamgestelde rente. 
  • Maksimaliseer jou belastingvoordele: Jy kan tot 27,5% van jou inkomste belastingvry in ʼn aftreefonds spaar. Afhangend van jou belastingkoers, is dit asof jy 1,6 bakstene ontvang vir elke een baksteen wat met na-belaste geld gekoop is. 
  • Belê vir die lang termyn: Soos jou bakstene, moet jou aftreegeld ʼn lang tyd hou. Die enigste manier wat jou beleggings inflasie sal klop, is om in groeibates soos aandele en eiendom te belê.

3. Die dak
Sodra ons ʼn vaste fondament het en vir die toekoms beplan het, is dit tyd om ʼn dak op ons huis te sit. Hierdie dak verteenwoordig ons diskresionêre spaargeld – dit wat ons spaar vir ons kinders se opvoeding, ʼn deposito op ʼn huis of om ʼn beleggingsportefeulje op te bou. Die tipe dak wat ons bou is gebaseer op ons doelwitte en drome, maar ons moet steeds verseker dat ons finansieel voorbereid is vir ons ander laste, soos ons kinders se opvoeding, anders sal dit, net soos ʼn lekkende dak, begin om die res van ons finansiële plan te benadeel.

ʼn Gesonde beleggingstrategie:

  • Berei voor: Beplan vir daardie toekomstige uitgawes en bereken hoeveel jy maandeliks moet wegsit. Teen die tyd wanneer ʼn kind wat nou gebore word universiteit toe gaan, kan jy verwag om R1,2 miljoen per jaar aan fooie te betaal.
  • Tydhorisonne: Verseker dat jou beleggingsplan ooreenstem met jou tydhorisonne. Indien jy spaar vir jou kind se skoolgeld vir die volgende jaar, moet jy op beleggings in kontant fokus. Indien jy spaar vir jou kind se tersiêre onderrig oor 10 jaar, sal jy vir groei moet belê.  

4. Onderhoud
Die waarde van ʼn huis kan net behoue bly indien dit onderhou word. Soos die tyd aanstap, kan jy ondervind dat jy moet opknap of jou huis vergroot om by jou veranderende behoeftes aan te pas.

Hou jou finansies in stand:

  • Ontmoet jou finansiële adviseur minstens een keer per jaar om jou plan te hersien en aan te pas.
  • Hersien jou polisse namate jou lewensomstandighede verander.
  • Hersien jou testament wanneer groot veranderinge in jou lewe plaasvind.

5. Die binnekant
Dit is eers nadat ons die tyd en geld spandeer het op ʼn soliede struktuur dat ons aan die afwerkings aandag gee. Hierdie dinge is die luukshede wat ons leefstylverwagtinge verteenwoordig – of dit ʼn nuwe motor, ʼn oorsese vakansie of ʼn paar ontwerperskoene is.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Mediese Dekking

Stygende mediese rekeninge?

Namate die gaping tussen medieseskemadekking en spesialiste se rekeninge vergroot, word mediese gapingsdekking al gewilder as ʼn bekostigbare beskerming teen stygende mediese kostes.

Lees meer...
 
Jou Gesondheid
Gesondheidstoetse wat NOU vir jou noodsaaklik is!

Liberty se Hoof Mediese Beampte, Dr Philippa Peil, kyk watter voorkomende mediese toetse toepaslik is tydens jou lewensfase.

Lees meer...
 
Leefstyl
4 gesonde gewoontes

Volg hierdie riglyne vir ʼn gesonder leefstyl, van die opruim van die wanorde op jou lessenaar tot geestelike detoks – alles vir ʼn effektiewer jy!

Lees meer...
 
Geld Wenke
5 dinge wat millenniërs kan koester