Leef – én spaar!

Indien die gedagte om geld te spaar outomaties lei tot ʼn gevoel van ontbering – dink weer! Hier is vyf maklike maniere om jou leefstyl te handhaaf én geld te spaar.

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

1. Saamryklubs. Het jy al ooit in die verkeer rondgekyk en opgemerk hoeveel motors slegs een passasier vervoer? Hoekom bespaar jy nie op jou petroluitgawes deur ʼn saamryreëling met een of twee mense op kantoor te tref nie? Indien jy nie ver van die werk af woon nie, kan jy selfs fietsry of stap werk toe – jy sal geld spaar en jou gesondheid ʼn hupstoot gee.

2. Berei jou eie middagete. Jy kan tussen R50 en R100 per dag op middagete spandeer. Dié geld kan vinnig tot ʼn aansienlike bedrag groei (R1 000 tot R2 000 per maand!). Al wat nodig is, is ʼn bietjie beter beplanning en 10 minute ekstra tyd in die oggend. Jy kan ook probeer om ʼn bietjie meer kos in die aand voor te berei indien jy die beslommernis om middagete in die oggend te maak wil vermy. Net só kan jy jou eie koffie maak. Om R25 op ʼn cappuccino te spandeer kan maandeliks ʼn aardige bedrag beloop, veral indien jy ʼn onbeheerde koffieverslawing het.

3. Beplan jou inkopies. Beplan jou maaltye vir die week, maak ʼn lysie en doen een keer per week inkopies. Indien jy daagliks by die winkels inloer, is die risiko van impulsiewe aankope groter. Verder, indien jy honger is wanneer jy op pad huis toe inkopies doen, sal jy waarskynlik meer onnodige items koop.

4. Betaal jou rekeninge betyds. Jy kan vir jouself baie geld bespaar deur laatbetaalfooie te verhoed deur jou rekeninge betyds te betaal. Raak dus georganiseerd en reël debietorders waar moontlik, bv. vir jou selfoonrekening. Bepaal ʼn maandelikse datum waarop jy al jou utiliteitsrekeninge (bv. water en ligte) betaal – dit sal gou ʼn gewoonte word.

5. Bederf jouself. Indien jy jouself ʼn klein bederfie toelaat sodra jy ʼn spaarmylpaal bereik het, sal dit makliker wees om aan te hou spaar. Moenie die beloning te groot maak nie, dit verydel die doel – probeer om dit 10% van wat jy bespaar het te maak. Indien jy byvoorbeeld R9 000 gespaar het, koop vir jouself  ʼn R900-geskenk soos parfuum of ʼn paar stewels. Deur jouself te beloon, help jy om die gevoel van ontbering te vermy en om jouself te motiveer om aan te hou spaar.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Finansiële Nuus   Aftrede   Skuld Sake     Liberty Nuus

Die Begroting en jou finansies Hervorming: ʼn bondige uiteensetting Skuld en die huwelik Opdatering: Own your Life Rewards

Die Nasionale Tesourie fokus in vanjaar se begroting op belastings op beleggings, onwettige oorsese beleggings en skuiwergate in trusts.

Lede van aftreefondse is om verstaanbare redes verward oor watter veranderinge in werklikheid met betrekking tot aftreehervorming ingestel is. Ons gee hier ʼn eenvoudige uiteensetting van wat jy behoort te weet.

Geraldine Macpherson neem die wetlike implikasies van jou huwelikskontrak onder die loep.

Liberty moes die moeilike besluit neem om die Own your Life Rewards-program te beëindig. Só affekteer dit ons lede.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede

Die Begroting en jou finansiële planne Hervorming:
ʼn bondige uiteensetting
Skuld en die huwelik Opdatering: Own your
Life Rewards

Die Nasionale Tesourie fokus in vanjaar se begroting op belastings op beleggings, onwettige oorsese beleggings en skuiwergate in trusts.

Lede van aftreefondse is om verstaanbare redes verward oor watter veranderinge in werklikheid met betrekking tot aftreehervorming ingestel is. Ons gee hier ʼn eenvoudige uiteensetting van wat jy behoort te weet.

Geraldine Macpherson neem die wetlike implikasies van jou huwelikskontrak onder die loep.

Liberty moes die moeilike besluit neem om die Own your Life Rewards-program te beëindig. Só affekteer dit ons lede.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Leef – én spaar!

Indien die gedagte om geld te spaar outomaties lei tot ʼn gevoel van ontbering – dink weer! Hier is vyf maklike maniere om jou leefstyl te handhaaf én geld te spaar.

+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

1. Saamryklubs. Het jy al ooit in die verkeer rondgekyk en opgemerk hoeveel motors slegs een passasier vervoer? Hoekom bespaar jy nie op jou petroluitgawes deur ʼn saamryreëling met een of twee mense op kantoor te tref nie? Indien jy nie ver van die werk af woon nie, kan jy selfs fietsry of stap werk toe – jy sal geld spaar en jou gesondheid ʼn hupstoot gee.

2. Berei jou eie middagete. Jy kan tussen R50 en R100 per dag op middagete spandeer. Dié geld kan vinnig tot ʼn aansienlike bedrag groei (R1 000 tot R2 000 per maand!). Al wat nodig is, is ʼn bietjie beter beplanning en 10 minute ekstra tyd in die oggend. Jy kan ook probeer om ʼn bietjie meer kos in die aand voor te berei indien jy die beslommernis om middagete in die oggend te maak wil vermy. Net só kan jy jou eie koffie maak. Om R25 op ʼn cappuccino te spandeer kan maandeliks ʼn aardige bedrag beloop, veral indien jy ʼn onbeheerde koffieverslawing het.

3. Beplan jou inkopies. Beplan jou maaltye vir die week, maak ʼn lysie en doen een keer per week inkopies. Indien jy daagliks by die winkels inloer, is die risiko van impulsiewe aankope groter. Verder, indien jy honger is wanneer jy op pad huis toe inkopies doen, sal jy waarskynlik meer onnodige items koop.

4. Betaal jou rekeninge betyds. Jy kan vir jouself baie geld bespaar deur laatbetaalfooie te verhoed deur jou rekeninge betyds te betaal. Raak dus georganiseerd en reël debietorders waar moontlik, bv. vir jou selfoonrekening. Bepaal ʼn maandelikse datum waarop jy al jou utiliteitsrekeninge (bv. water en ligte) betaal – dit sal gou ʼn gewoonte word.

5. Bederf jouself. Indien jy jouself ʼn klein bederfie toelaat sodra jy ʼn spaarmylpaal bereik het, sal dit makliker wees om aan te hou spaar. Moenie die beloning te groot maak nie, dit verydel die doel – probeer om dit 10% van wat jy bespaar het te maak. Indien jy byvoorbeeld R9 000 gespaar het, koop vir jouself  ʼn R900-geskenk soos parfuum of ʼn paar stewels. Deur jouself te beloon, help jy om die gevoel van ontbering te vermy en om jouself te motiveer om aan te hou spaar.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Finansiële Nuus
Die Begroting en jou finansies

Die Nasionale Tesourie fokus in vanjaar se begroting op belastings op beleggings, onwettige oorsese beleggings en skuiwergate in trusts.

Lees meer...
 
Aftrede
Hervorming: ʼn bondige uiteensetting

Lede van aftreefondse is om verstaanbare redes verward oor watter veranderinge in werklikheid met betrekking tot aftreehervorming ingestel is. Ons gee hier ʼn eenvoudige uiteensetting van wat jy behoort te weet.

Lees meer...
 
Skuld Sake

Skuld en die huwelik

Geraldine Macpherson neem die wetlike implikasies van jou huwelikskontrak onder die loep.

Lees meer...
 
Liberty Nuus

Opdatering: Own your Life Rewards