Skuld en die huwelik

ʼn Huwelikskontrak het nie net op egskeiding betrekking nie; dit definieer ook hoe jou finansies hanteer word terwyl jy getroud is. Wie is aanspreeklik vir daardie rekeninge?

Geraldine Macpherson, Regsbemarkingsdeskundige

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Jy behoort net soveel aandag aan jou huwelikskontrak as aan jou troureëlings te gee, indien nie meer nie. Indien jy reeds getroud is, maak seker dat jy begryp hoe jou huwelikskontrak jou finansies affekteer.

Tensy jy ʼn huweliksvoorwaardekontrak (HVK) geteken het, sal jy outomaties binne gemeenskap van goedere getroud wees, aangesien dit die verstekkontrak binne die Suid-Afrikaanse reg is.

Indien jy binne gemeenskap van goedere getroud is, beteken dit dat jy en jou gade ʼn gesamentlike boedel het. Alles wat julle besit behoort aan beide partye in gelyke dele. Dieselfde geld indien julle skei – julle deel die bates.

Talle egpare is geskok wanneer hulle besef hoe skuld hanteer word indien jy binne gemeenskap van goedere getroud is. As die gade is jy 100% aanspreeklik vir enige skuld wat jou gade aangaan, selfs indien jy onbewus is daarvan. Indien jy egter buite gemeenskap van goedere trou, is jy nooit aanspreeklik vir jou gade se skuld nie.

Verborge lenings: Hoewel die wet ten opsigte van ʼn huwelik binne gemeenskap van goedere mag bepaal dat jy die toestemming van jou gade moet verkry vir sekere transaksies, geld dit in die algemeen net tussen gades en is dit nie van toepassing op derdepartye nie. Dus, indien jou gade jou nie ingelig het oor die skuld nie, kan jy dit nie as ʼn verweer teen die skuldeiser gebruik nie. Daar is sekere uitsonderings, soos die aankoop van vaste eiendom, waar die gade se voorafgoedkeuring vereis word.

Skuldberading is ʼn gesamentlike aangeleentheid: Die implikasies van skuld in terme van binne gemeenskap van goedere is verreikend. Nie net kan krediteure jou aanspreeklik hou vir jou gade se totale skuld nie, maar indien jou gade onder skuldberading geplaas word, is dit op jou ook van toepassing, aangesien julle ʼn gesamentlike boedel het.

Selfs die dood ontbondel nie julle geld nie: Wanneer jy binne gemeenskap van goedere trou, is jy gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir enige skuld wat aangegaan is en dit geld tot in die dood. Jy moet verseker dat julle nie slegs alle skuld aan mekaar openbaar nie, maar ook seker maak dat sodanige skuld vereffen kan word sou jy sterf.

Maak seker dat jy ʼn testament het: Indien jou gade sonder ʼn testament sterf, sal jy 50% van die gesamentlike boedel ontvang. Die balans sal egter ingevolge die Wet op Intestate Erfopvolging verdeel word. Dit beteken dat jy sommige van jou persoonlike bates kan verloor – soos geld in jou eie bankrekening of sakebelange – en dit moet afstaan aan jou kinders, wat vir jou ernstige finansiële implikasies kan hê en wat, afhangende van julle gesinsdinamika, tot konflik in die gesin kan lei.

Jy moet toestemming kry om jou geld te spandeer: ʼn Huwelik binne gemeenskap van goedere beperk ook jou wetlike regte, aangesien jy nie sekere soorte kontrakte kan aangaan nie (ingesluit die aankoop van eiendom), tensy jy die toestemming van jou gade het. In hierdie konteks is dit verontrustend om te sien hoeveel lenings toegestaan word sonder dat gades daarvan bewus is.

In die beginjare van jou huwelik is dit belangrik om jul geldsake te bespreek en te verstaan wie vir wat betaal en wat elkeen se bydrae tot die gesin is. Dit is noodsaaklik dat julle elkeen julle eie spaarplanne het en dat enige skuld in besonderhede bespreek en onderling oor ooreengekom word.

Indien een gade oormatige skuld aangaan om die gesin se leefstyl te handhaaf, kan dit net rampspoedig eindig. Indien julle binne gemeenskap van goedere getroud is, het jy en jou gade ʼn verantwoordelikheid om wedersyds openlik te wees oor julle finansies – veral enige skuld en ander verpligtinge.

Rekeninge is belangrik, selfs indien julle nie binne gemeenskap van goedere getroud is nie
ʼn Laaste gedagte – hoewel die van ons wat nie binne gemeenskap van goedere getroud is nie op die oomblik heel selfvoldaan mag voel, kan die vraag oor die bewys van eienaarskap van bates omstrede wees. Indien jou gade bankrot raak, hoe gaan jy bewys dat jy die bates wat krediteure wil verkoop, gekoop en betaal het?

Hou ook in gedagte dat hoewel krediteure dalk nie ʼn eis teen die oorlewende gade mag hê indien hulle met ʼn HVK (met of sonder aanwas) getroud is nie, is die realiteit dat bates wat belangrik is vir die welstand van die gesin moontlik verkoop sal moet word om die oorledene se skuld te betaal. Dit sal onvermydelik beide finansiële ontberings en emosionele trauma tot gevolg hê.

Die skuldgesprek is net so belangrik, selfs indien jy nie binne gemeenskap van goedere getroud is nie. Jou boedel moet genoeg kontant bevat om jou skuld te delg en voldoende oorblywende kapitaal om voorsiening te maak vir jou verbeurde inkomste.

Ons moet ons finansiële lewens soos ʼn besigheid bestuur, ongeag die huweliksbestel.

  • Stel ʼn begroting op waarby jy hou en wat jy minstens jaarliks herevalueer.
  • Hou bewys van eienaarskap van materiële besittings, sodat jy dit kan bewys indien nodig.
  • Beperk jou gebruik van krediet tot die absolute minimum en vereffen hierdie krediet so spoedig moontlik.
  • Betaal jouself eerste.
  • Maak seker dat daar genoeg kontant is om jou skuld te delg sou jy te sterwe kom.
 
Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

  Liberty Nuus   Spaar Wenke   Finansiële Nuus   Aftrede

Opdatering: Own your Life Rewards Leef – én spaar! Die Begroting en jou finansies Hervorming: ʼn bondige uiteensetting

Liberty moes die moeilike besluit neem om die Own your Life Rewards-program te beëindig. Só affekteer dit ons lede.

Indien die gedagte om geld te spaar outomaties lei tot ʼn gevoel van ontbering – dink weer! Hier is vyf maklike maniere om jou leefstyl te handhaaf én geld te spaar.

Die Nasionale Tesourie fokus in vanjaar se begroting op belastings op beleggings, onwettige oorsese beleggings en skuiwergate in trusts.

Lede van aftreefondse is om verstaanbare redes verward oor watter veranderinge in werklikheid met betrekking tot aftreehervorming ingestel is. Ons gee hier ʼn eenvoudige uiteensetting van wat jy behoort te weet.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...
Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede

Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
 
Die einde van die belastingjaar is op hande!

Opdatering: Own your
Life Rewards
Leef – én spaar! Die Begroting en jou finansiële planne Hervorming: ʼn bondige uiteensetting

Liberty moes die moeilike besluit neem om die Own your Life Rewards-program te beëindig. Só affekteer dit ons lede.

Indien die gedagte om geld te spaar outomaties lei tot ʼn gevoel van ontbering – dink weer! Hier is vyf maklike maniere om jou leefstyl te handhaaf én geld te spaar.

Die Nasionale Tesourie fokus in vanjaar se begroting op belastings op beleggings, onwettige oorsese beleggings en skuiwergate in trusts.

Lede van aftreefondse is om verstaanbare redes verward oor watter veranderinge in werklikheid met betrekking tot aftreehervorming ingestel is. Ons gee hier ʼn eenvoudige uiteensetting van wat jy behoort te weet.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Skuld en die huwelik

ʼn Huwelikskontrak het nie net op egskeiding betrekking nie; dit definieer ook hoe jou finansies hanteer word terwyl jy getroud is. Wie is aanspreeklik vir daardie rekeninge?

Geraldine Macpherson, Regsbemarkingsdeskundige

+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

Jy behoort net soveel aandag aan jou huwelikskontrak as aan jou troureëlings te gee, indien nie meer nie. Indien jy reeds getroud is, maak seker dat jy begryp hoe jou huwelikskontrak jou finansies affekteer.

Tensy jy ʼn huweliksvoorwaardekontrak (HVK) geteken het, sal jy outomaties binne gemeenskap van goedere getroud wees, aangesien dit die verstekkontrak binne die Suid-Afrikaanse reg is.

Indien jy binne gemeenskap van goedere getroud is, beteken dit dat jy en jou gade ʼn gesamentlike boedel het. Alles wat julle besit behoort aan beide partye in gelyke dele. Dieselfde geld indien julle skei – julle deel die bates.

Talle egpare is geskok wanneer hulle besef hoe skuld hanteer word indien jy binne gemeenskap van goedere getroud is. As die gade is jy 100% aanspreeklik vir enige skuld wat jou gade aangaan, selfs indien jy onbewus is daarvan. Indien jy egter buite gemeenskap van goedere trou, is jy nooit aanspreeklik vir jou gade se skuld nie.

Verborge lenings: Hoewel die wet ten opsigte van ʼn huwelik binne gemeenskap van goedere mag bepaal dat jy die toestemming van jou gade moet verkry vir sekere transaksies, geld dit in die algemeen net tussen gades en is dit nie van toepassing op derdepartye nie. Dus, indien jou gade jou nie ingelig het oor die skuld nie, kan jy dit nie as ʼn verweer teen die skuldeiser gebruik nie. Daar is sekere uitsonderings, soos die aankoop van vaste eiendom, waar die gade se voorafgoedkeuring vereis word.

Skuldberading is ʼn gesamentlike aangeleentheid: Die implikasies van skuld in terme van binne gemeenskap van goedere is verreikend. Nie net kan krediteure jou aanspreeklik hou vir jou gade se totale skuld nie, maar indien jou gade onder skuldberading geplaas word, is dit op jou ook van toepassing, aangesien julle ʼn gesamentlike boedel het.

Selfs die dood ontbondel nie julle geld nie: Wanneer jy binne gemeenskap van goedere trou, is jy gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir enige skuld wat aangegaan is en dit geld tot in die dood. Jy moet verseker dat julle nie slegs alle skuld aan mekaar openbaar nie, maar ook seker maak dat sodanige skuld vereffen kan word sou jy sterf.

Maak seker dat jy ʼn testament het: Indien jou gade sonder ʼn testament sterf, sal jy 50% van die gesamentlike boedel ontvang. Die balans sal egter ingevolge die Wet op Intestate Erfopvolging verdeel word. Dit beteken dat jy sommige van jou persoonlike bates kan verloor – soos geld in jou eie bankrekening of sakebelange – en dit moet afstaan aan jou kinders, wat vir jou ernstige finansiële implikasies kan hê en wat, afhangende van julle gesinsdinamika, tot konflik in die gesin kan lei.

Jy moet toestemming kry om jou geld te spandeer: ʼn Huwelik binne gemeenskap van goedere beperk ook jou wetlike regte, aangesien jy nie sekere soorte kontrakte kan aangaan nie (ingesluit die aankoop van eiendom), tensy jy die toestemming van jou gade het. In hierdie konteks is dit verontrustend om te sien hoeveel lenings toegestaan word sonder dat gades daarvan bewus is.

In die beginjare van jou huwelik is dit belangrik om jul geldsake te bespreek en te verstaan wie vir wat betaal en wat elkeen se bydrae tot die gesin is. Dit is noodsaaklik dat julle elkeen julle eie spaarplanne het en dat enige skuld in besonderhede bespreek en onderling oor ooreengekom word.

Indien een gade oormatige skuld aangaan om die gesin se leefstyl te handhaaf, kan dit net rampspoedig eindig. Indien julle binne gemeenskap van goedere getroud is, het jy en jou gade ʼn verantwoordelikheid om wedersyds openlik te wees oor julle finansies – veral enige skuld en ander verpligtinge.

Rekeninge is belangrik, selfs indien julle nie binne gemeenskap van goedere getroud is nie
ʼn Laaste gedagte – hoewel die van ons wat nie binne gemeenskap van goedere getroud is nie op die oomblik heel selfvoldaan mag voel, kan die vraag oor die bewys van eienaarskap van bates omstrede wees. Indien jou gade bankrot raak, hoe gaan jy bewys dat jy die bates wat krediteure wil verkoop, gekoop en betaal het?

Hou ook in gedagte dat hoewel krediteure dalk nie ʼn eis teen die oorlewende gade mag hê indien hulle met ʼn HVK (met of sonder aanwas) getroud is nie, is die realiteit dat bates wat belangrik is vir die welstand van die gesin moontlik verkoop sal moet word om die oorledene se skuld te betaal. Dit sal onvermydelik beide finansiële ontberings en emosionele trauma tot gevolg hê.

Die skuldgesprek is net so belangrik, selfs indien jy nie binne gemeenskap van goedere getroud is nie. Jou boedel moet genoeg kontant bevat om jou skuld te delg en voldoende oorblywende kapitaal om voorsiening te maak vir jou verbeurde inkomste.

Ons moet ons finansiële lewens soos ʼn besigheid bestuur, ongeag die huweliksbestel.

  • Stel ʼn begroting op waarby jy hou en wat jy minstens jaarliks herevalueer.
  • Hou bewys van eienaarskap van materiële besittings, sodat jy dit kan bewys indien nodig.
  • Beperk jou gebruik van krediet tot die absolute minimum en vereffen hierdie krediet so spoedig moontlik.
  • Betaal jouself eerste.
  • Maak seker dat daar genoeg kontant is om jou skuld te delg sou jy te sterwe kom.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Liberty Nuus

Opdatering: Own your Life Rewards

Liberty moes die moeilike besluit neem om die Own your Life Rewards-program te beëindig. Só affekteer dit ons lede.

Lees meer...
 
Spaar Wenke
Leef – én spaar!

Indien die gedagte om geld te spaar outomaties lei tot ʼn gevoel van ontbering – dink weer! Hier is vyf maklike maniere om jou leefstyl te handhaaf én geld te spaar.

Lees meer...
 
Finansiële Nuus
Die Begroting en jou finansies

Die Nasionale Tesourie fokus in vanjaar se begroting op belastings op beleggings, onwettige oorsese beleggings en skuiwergate in trusts.

Lees meer...
 
Aftrede
Hervorming: ʼn bondige uiteensetting