Aftreehervorming:
ʼn bondige uiteensetting

Met al die verwarring en geraas oor aftreehervorming in gedagte, volg hier ʼn eenvoudige opsomming van wat jy behoort te weet.

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Twee weke voor die wysigings tot die Wysigingswet op Belasting op 1 Maart 2016 in werking getree het, het die Nasionale Tesourie uitstel tot Maart 2018 ten opsigte van die annuïtisering van voorsorgfondse aangekondig. Die Nasionale Tesourie het ook die vermoë om geld belastingvry van ʼn pensioenfonds na ʼn voorsorgfonds oor te dra uitgestel, aangesien die reëls van hierdie fondse tans nie ooreenstem nie.

Alle ander veranderinge sal nietemin voortgaan:

Verhoging van belastingvrye bydraes
Individue kan nou tot 27,5% van hul totale vergoeding ten opsigte van bydraes tot pensioen-, voorsorg- en aftree-annuïteitsfondse aftrek, onderhewig aan ʼn jaarlikse maksimumperk van R350 000.

Dit is belangrik om kennis te neem dat hierdie aftrekking op alle inkomste van toepassing is, dus, indien jy bykomende inkomste ontvang uit byvoorbeeld beleggings of huureiendom, kan jy 27,5% belastingvry tot ʼn aftreefonds bydra (onderhewig aan die R350 000 perk).

Dit is een manier waarop individue hulle belasbare inkomste kan verminder, veral diegene wat in die boonste twee inkomstekategorieë (verdienste van meer as R550 000 per jaar) val, wat ʼn effektiewe belastingverhoging sou ondervind, aangesien die minister van finansies nie daardie belastingtabelle aangepas het om vir inflasie voorsiening te maak nie.

Dit is onwaarskynlik dat maatskappy-aftreefondse tot die maksimum bydraeperk van 27,5% sal styg, maak dus seker dat jy met jou finansiële adviseur gesels oor die aanwending van ʼn aftree-annuïteit om jou belastingtoegewing te maksimaliseer.

Verhoging in die minimumperk vir annuïtisering
Lede van pensioen- of aftreefondse wat met R247 000 of minder aftree, sal toegelaat word om hul pensioen as ʼn enkelbedrag te neem en sal nie verplig word om ʼn annuïteit te koop nie. Die minimumperk is verhoog van R75 000.

Die toekoms van voorsorgfondse
Dit is belangrik om kennis te neem dat die Nasionale Tesourie aangekondig het dat indien ʼn ooreenkoms met arbeid oor die uitbetaling van voorsorgfondse nie teen Maart 2018 bereik is nie, sal hulle die belastingvoordeel van voorsorgfondslede moet hersien om regverdigheid tussen alle aftreefondse te bewerkstellig. In die laaste instansie is dit onregverdig om die lede van een aftreefondsbestel toe te laat om meer regte as ʼn ander te hê en steeds dieselfde belastingvoordeel in terme van belastingvrye bydraes te ontvang.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Skuld Sake     Liberty Nuus   Spaar Wenke   Finansiële Nuus

Skuld en die huwelik Opdatering: Own your Life Rewards Leef – én spaar! Die Begroting en jou finansies

Geraldine Macpherson neem die wetlike implikasies van jou huwelikskontrak onder die loep.

Liberty moes die moeilike besluit neem om die Own your Life Rewards-program te beëindig. Só affekteer dit ons lede.

Indien die gedagte om geld te spaar outomaties lei tot ʼn gevoel van ontbering – dink weer! Hier is vyf maklike maniere om jou leefstyl te handhaaf én geld te spaar.

Die Nasionale Tesourie fokus in vanjaar se begroting op belastings op beleggings, onwettige oorsese beleggings en skuiwergate in trusts.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...
Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede

Skuld en die huwelik Opdatering: Own your Life Rewards Leef – én spaar! Die Begroting en jou finansiële planne

Geraldine Macpherson neem die wetlike implikasies van jou huwelikskontrak onder die loep.

Liberty moes die moeilike besluit neem om die Own your Life Rewards-program te beëindig. Só affekteer dit ons lede.

Indien die gedagte om geld te spaar outomaties lei tot ʼn gevoel van ontbering – dink weer! Hier is vyf maklike maniere om jou leefstyl te handhaaf én geld te spaar.

Die Nasionale Tesourie fokus in vanjaar se begroting op belastings op beleggings, onwettige oorsese beleggings en skuiwergate in trusts.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Aftreehervorming:
ʼn bondige uiteensetting

Met al die verwarring en geraas oor aftreehervorming in gedagte, volg hier ʼn eenvoudige opsomming van wat jy behoort te weet.

+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

Twee weke voor die wysigings tot die Wysigingswet op Belasting op 1 Maart 2016 in werking getree het, het die Nasionale Tesourie uitstel tot Maart 2018 ten opsigte van die annuïtisering van voorsorgfondse aangekondig. Die Nasionale Tesourie het ook die vermoë om geld belastingvry van ʼn pensioenfonds na ʼn voorsorgfonds oor te dra uitgestel, aangesien die reëls van hierdie fondse tans nie ooreenstem nie.

Alle ander veranderinge sal nietemin voortgaan:

Verhoging van belastingvrye bydraes
Individue kan nou tot 27,5% van hul totale vergoeding ten opsigte van bydraes tot pensioen-, voorsorg- en aftree-annuïteitsfondse aftrek, onderhewig aan ʼn jaarlikse maksimumperk van R350 000.

Dit is belangrik om kennis te neem dat hierdie aftrekking op alle inkomste van toepassing is, dus, indien jy bykomende inkomste ontvang uit byvoorbeeld beleggings of huureiendom, kan jy 27,5% belastingvry tot ʼn aftreefonds bydra (onderhewig aan die R350 000 perk).

Dit is een manier waarop individue hulle belasbare inkomste kan verminder, veral diegene wat in die boonste twee inkomstekategorieë (verdienste van meer as R550 000 per jaar) val, wat ʼn effektiewe belastingverhoging sou ondervind, aangesien die minister van finansies nie daardie belastingtabelle aangepas het om vir inflasie voorsiening te maak nie.

Dit is onwaarskynlik dat maatskappy-aftreefondse tot die maksimum bydraeperk van 27,5% sal styg, maak dus seker dat jy met jou finansiële adviseur gesels oor die aanwending van ʼn aftree-annuïteit om jou belastingtoegewing te maksimaliseer.

Verhoging in die minimumperk vir annuïtisering
Lede van pensioen- of aftreefondse wat met R247 000 of minder aftree, sal toegelaat word om hul pensioen as ʼn enkelbedrag te neem en sal nie verplig word om ʼn annuïteit te koop nie. Die minimumperk is verhoog van R75 000.

Die toekoms van voorsorgfondse
Dit is belangrik om kennis te neem dat die Nasionale Tesourie aangekondig het dat indien ʼn ooreenkoms met arbeid oor die uitbetaling van voorsorgfondse nie teen Maart 2018 bereik is nie, sal hulle die belastingvoordeel van voorsorgfondslede moet hersien om regverdigheid tussen alle aftreefondse te bewerkstellig. In die laaste instansie is dit onregverdig om die lede van een aftreefondsbestel toe te laat om meer regte as ʼn ander te hê en steeds dieselfde belastingvoordeel in terme van belastingvrye bydraes te ontvang.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Skuld Sake

Skuld en die huwelik

Geraldine Macpherson neem die wetlike implikasies van jou huwelikskontrak onder die loep.

Lees meer...
 
Liberty Nuus
Opdatering: Own your Life Rewards

Liberty moes die moeilike besluit neem om die Own your Life Rewards-program te beëindig. Só affekteer dit ons lede.

Lees meer...
 
Spaar Wenke
Leef – én spaar!

Indien die gedagte om geld te spaar outomaties lei tot ʼn gevoel van ontbering – dink weer! Hier is vyf maklike maniere om jou leefstyl te handhaaf én geld te spaar.

Lees meer...
 
Finansiële Nuus
Die Begroting en jou finansies