September 2017 Read this article in English
Vier Suid-Afrika se kulturele verskeidenheid
 
Deel hierdie artikel:

Erfenismaand herinner ons daaraan om die verskillende plaaslike kulture en die smeltkroes waaruit die reënboognasie saamgestel is, op die hart te dra. Hoe kan jy jou herkoms gedenk sonder om op iemand se tone te trap?

In Suid-Afrika koester ons ʼn verskeidenheid beskouings en tradisies. Met 11 amptelike tale, vereis dit dikwels baie geduld en respek in die werkplek, en selfs by die huis, om te leer om met mekaar saam te leef.

Die skrywer Colin Brown gebruik die volgende voorbeeld om te verduidelik hoe mense van verskillende herkoms suksesvol kan saamwerk. “Werknemers in ʼn besigheid is soos kinders in ʼn sandput. Indien die groep kinders lekker saam speel, sal hulle sandkastele bou. Hulle mag dalk selfs indrukwekkende kastele bou. Hulle sal soveel pret hê terwyl hulle besig is, dat hulle dit môre weer wil doen,” sê hy. In sy boek How To Build a Happy Sandpit, vestig hy die aandag op hoe werwingsbeamptes betrokke behoort te raak om te verseker dat kandidate inpas by die korporatiewe kultuur van die maatskappy.

MAATSKAPPYKULTUUR

  1. Begryp dat julle moontlik van verskillende herkoms is, wat persepsies en besluitneming sal beïnvloed.
  2. Probeer om meer oor jou kollegas uit te vind – watter tale hulle tuis praat, waarvandaan hulle kom, watter tradisies hulle vier en wanneer hulle dit doen.
  3. Onthou dat julle almal werk om dieselfde doelwit te bereik. As ʼn maatskappy is daar inherente waardes waarna almal behoort te streef en doelwitte wat julle moet bereik.
  4. Erken dat jou manier van doen of glo moontlik nie die enigste een is nie, of selfs nie die enigste beste opsie in ʼn bepaalde situasie is nie. Ons verskillende waardesisteme bepaal hoe ons probleme ervaar, dus kan dit die hele span bevoordeel indien die oplossings van individuele spanlede oorweeg word.

Betreffende die gaande hou van tradisies tuis, moedig prysdigter en kulturele aktivis Jessica Mbangeni almal, veral vroue, aan om spesiale aandag te gee aan hul kultuur en erfenis. “Tradisies is ʼn outentieke en noodsaaklike manier van lewe, geen mate van opvoeding of rykdom behoort ʼn mens van sy of haar kultuur te vervreem nie,” sê sy. “Dit is te maklik om dit waarmee ons grootgemaak is, te verwerp en ʼn ‘gesofistikeerde’ lewenswyse te kies, sonder om te waardeer dat ons kultuur ons fondament en ʼn belangrike deel van ons wese is.”

Die vermenging van verskillende kultuurtradisies kan ook moeilik wees wanneer jy families saamvoeg. Ondersoek liewer wat met sekere optredes bedoel word, as om die een of die ander manier af te dwing. Jy sal dikwels ondervind dat julle bedoelinge dieselfde is en dat dit net die uitdrukking daarvan is wat verskil. Indien jy leer wat die redes vir iemand se gewoontes en aksies is, sal jy agterkom dat ons meer dieselfde is as wat ons besef.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Liberty Innovasies
 
Sleutel-innovasies om aan jou behoeftes te voldoen
 
Finansiële produkte moet ontwikkel en innoveer om aan te pas by die veranderende omgewing. Hier deel ons sommige van ons sleutel-innovasies wat voorsien in ons kliënte se veranderende finansiële behoeftes.
 
Lees meer...
Leefstyl
 
Vier Suid-Afrika se kulturele verskeidenheid
 
In Suid-Afrika koester ons ʼn verskeidenheid beskouings en tradisies. Met 11 amptelike tale, vereis dit dikwels baie geduld en respek in die werkplek, en selfs by die huis, om te leer om met mekaar saam te leef.
 
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.