September 2017 Read this article in English
Sleutel-innovasies om aan jou behoeftes te voldoen
 
Deel hierdie artikel:

Mense, die samelewing en finansies ontwikkel deurlopend en daarom moet produkte innoveer om relevant te bly. Byvoorbeeld, toe Liberty 60 jaar gelede sy eerste lewensdekkingsproduk bekendgestel het, is verwag dat mense slegs tot op ouderdom 70 sou leef. Dit was ʼn tyd toe maatskappye gesorg het vir ons aftreebehoeftes, kanker ʼn siekte vir ouer mense was en kinders die huis verlaat het sodra hulle klaar gestudeer het.

Nou is ons bekommerd dat ons langer sal leef as wat ons geld sal hou. Leefstylkwessies veroorsaak dat jonger mense gevreesde siektes opdoen en dat talle middeljarige mense vasgevang is in ʼn finansiële toebroodjie, aangesien hulle beide hul kinders en hul ouers moet ondersteun.

Om aan hierdie ontwikkelende behoeftes te voldoen, het ons ons besigheid en ons produkte verander en herskep. Terwyl ons daarop fokus om dekking te vereenvoudig, help dit altyd om te verstaan presies watter dekking aangebied word, watter nuwe produk-innovasies beskikbaar is en wat die terminologie regtig beteken.

Hier volg wat jy moet weet...

Liberty Lewenstylbeskermer: die mees omvattende en aanpasbare versekeringsproduk

Premiewaarborge: Dit beteken dat die premiestruktuur wat aan jou gekwoteer is, vir ten minste 10 jaar gewaarborg word. Jou premie verhoog jaarliks gebaseer op jou ouderdomsrisikoprofiel, jy weet dus presies hoeveel jy elke jaar sal betaal, voordat jy die kwotasie aanvaar.
Waarom innovasie? Om aan ons kliënte gemoedsrus oor premiekostes te gee wanneer hulle dekking uitneem.

Gelykblywende en ouderdomsgebaseerde premies: Met tradisionele gelykblywende premieverhogings, word premieverhogings oor jou verwagte leeftyd versprei, dus kruissubsidieer jy in werklikheid jou premies deur ʼn hoër premie te betaal terwyl jy jonger is. Met ouderdomsgebaseerde premies sal jy minder betaal terwyl jy jonger is, maar jou premie verhoog namate jy ouer word. Jy moet met jou adviseur gesels om die toekomstige implikasies van hierdie verhogings te begryp.
Waarom innovasie? Ouderdomsgebaseerde premies is ingestel om lewensdekking meer bekostigbaar vir jonger mense te maak, aangesien jy in ooreenstemming met die risiko wat met jou ouderdom geassosieer word, betaal.

Lewensdekking: Dit is die klassieke lewensdekking wat uitbetaal wanneer jy sterf. Die innovasie ten opsigte van lewensdekking is die EduCator-voordeel, wat direk aan jou kind se akademiese instansie uitbetaal, sou die ouer sterf of ongeskik raak.
Waarom innovasie? Dit gee kliënte die gemoedsrus dat die opbrengs van hul lewensdekking gebruik word vir die opvoeding van hul kinders.

Lewende Lewenstyl: Dit is waarna die industrie verwys as “gevreesde siekte”-dekking. Dit betaal uit indien jy aan ʼn wye reeks toestande ly, insluitende ʼn gevreesde siekte of verlies aan die gebruik van ʼn ledemaat.
Waarom innovasie? Ons het ingesien dat dit nodig is om groot lewenstylveranderinge te maak wanneer jy siek word, of die gebruik van ʼn ledemaat verloor, en dat sodanige gebeurtenisse ʼn beduidende finansiële impak het.

Vroue Lewende Leefstyl: Dit dek swangerskap-verwante komplikasies en aangebore geboortedefekte by ʼn kind.
Waarom innovasie? Ons het besef dat die risiko’s wat met swangerskap geassosieer word nie deur gevreesde siekte-voordele gedek was nie en dat kinders wat met aangebore defekte gebore word, ʼn ernstige impak op ʼn gesin se finansies kan hê. Dit is nie iets waarvoor enigiemand ooit kan beplan nie.

Absolute Beskermer: Hierdie dekking betaal uit indien jy as gevolg van siekte of ʼn ongeluk nie in staat is om te werk nie. Die Absolute Beskermer was die eerste omvattende enkelbedrag-ongeskiktheidsvoordeel wat in Suid-Afrika bekendgestel is, en dek fisieke en funksionele ongeskiktheid – dit betaal uit indien dit vir jou onmoontlik is om normaal op ʼn dag-vir-dag-basis te funksioneer. Daar is geen wagtydperke op enkelbedragvoordele nie.
Waarom innovasie? Die dood is nie die enigste finansiële krisis waarvoor ʼn broodwinner voorsiening moet maak nie. Hierdie dekking het al hoe belangriker geword namate maatskappye minder voordele aan werknemers voorsien.

Vital Living: Dit behoort tot Inkomsteverliesbeskerming en is ʼn bekostigbare, eenvoudige en aanpasbare voordeel wat vir jonger kliënte ontwerp is. Dit betaal 100% van die versekerde bedrag uit by die diagnose van ʼn ernstige gesondheidsvoorval wat potensieel sy of haar loopbaan kan onderbreek.
Waarom innovasie? Vir jonger kliënte is ʼn verlies aan inkomste ʼn veel groter finansiële risiko as dood, aangesien hulle nie afhanklikes het nie.

Inkomstebeskermer: Dit bied aan jou die vermoë om dekking uit te brei sodat dit meer as net jouself insluit. Jy kan jou gade en kinders insluit onder die Kindersiektebeskermer, Gewaarborgde Afhanklikesbeskermer (Guaranteed Dependant Protector) en die Lewende Leefstyl Afhanklikesbeskermer (Living Lifestyle Dependant Protector).
Waarom innovasie? Ons erken dat die broodwinner nie die enigste persoon is wat bydra tot die finansiële waarde van die gesin nie. Daar is ʼn koste verbonde daaraan indien ʼn ouer by die huis moet bly om ʼn ernstige siek kind te versorg, of om hulp te kry wanneer ʼn tuisblyouer siek word.

Whole of Life Option: Dit verskaf inkomstebeskermingsdekking na aftrede.
Waarom innovasie? Namate al meer mense deeltyds werk na aftrede, is daar ʼn behoefte daaraan om hierdie inkomste te beskerm.

Polisbeskerming: Dit betaal jou premies vir ʼn tydperk, sou jy jou werk verloor as gevolg van uitdiensstelling.
Waarom innovasie? Ons wil nie hê dat ons kliënte hul kosbare dekking verloor as gevolg van finansiële veranderinge nie. ʼn Lewensgebeurtenis wanneer jy reeds onder finansiële druk is, sal rampspoedig wees.

Toekomsbeskermer: Dit gee aan ons kliënte die opsie om bestaande voordele te verhoog of nuwe voordele, soos lewensdekking, gevreesde siekte- of ongeskiktheidsvoordele sonder addisionele onderskrywing uit te neem.
Waarom innovasie? Ons kliënte moet in staat wees om hul dekking aan te pas en te verander namate hul behoeftes verander. Byvoorbeeld, ʼn jonger persoon se behoefte aan lewensdekking mag dalk onbeduidend wees, maar hulle moet die opsie hê om dit te verhoog wanneer hulle met ʼn gesin begin.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Liberty Innovasies
 
Sleutel-innovasies om aan jou behoeftes te voldoen
 
Finansiële produkte moet ontwikkel en innoveer om aan te pas by die veranderende omgewing. Hier deel ons sommige van ons sleutel-innovasies wat voorsien in ons kliënte se veranderende finansiële behoeftes.
 
Lees meer...
Leefstyl
 
Vier Suid-Afrika se kulturele verskeidenheid
 
In Suid-Afrika koester ons ʼn verskeidenheid beskouings en tradisies. Met 11 amptelike tale, vereis dit dikwels baie geduld en respek in die werkplek, en selfs by die huis, om te leer om met mekaar saam te leef.
 
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.