September 2017 Read this article in English
Moenie in hierdie geldslaggate trap nie
 
Deel hierdie artikel:

Die verskil tussen om finansieel geborge of finansieel kwesbaar te wees, het min te doen met die salaris wat jy verdien of ʼn onverwagte meevaller. Meer dikwels word dit bepaal deur of jy in welvaartvernietigende strikke gevang word of dit kan vermy.

Indien jy finansieel onafhanklik wil wees, moet jy hierdie welvaartvernietigende optredes vermy:

1. Om toekomstige spaargeld te spandeer
Wanneer jy begin werk, is dit maklik om die volle krediet tot jou beskikking te gebruik en alles wat jy wil hê te koop. Die probleem is dat jy dié aankope oor etlike jare sal moet terugbetaal. Jou skuldterugbetalings kan veroorsaak dat jy geen geld oor het om te spaar vir die drome wat jy regtig wil verwesentlik nie. Die grootste skuldstrikke behels gewoonlik onbeheerbare motorskuld, winkelkaarte en kredietkaarte.

2. Om te veel op jou troue te spandeer
Daar is soveel dinge wat julle graag as getroude paartjie sal wil doen, soos om ʼn huis te koop, te reis en met ʼn gesin te begin. Indien jy jou spaargeld opgebruik, of nog erger, skuld gemaak het om vir die troue te betaal, sal jy agterkom dat jou drome van die getroude lewe in ʼn nagmerrie ontaard. Finansiële stres is die grootste oorsaak van egskeidings, moet dus nie toelaat dat een spesiale dag jou huwelik ruïneer nie.

3. Om jou aftreegeld te gebruik wanneer jy ʼn ander werk aanvaar
Elke keer wanneer jy ʼn ander werk aanvaar en jou aftreespaargeld in kontant onttrek, stel jy jou aftreedatum met ʼn paar jaar uit. Indien jy die geld op die ouderdom van 30 onttrek, verminder jy jou aftree-inkomste met ʼn derde. Om in te haal, sal jy jou aftreebydraes met 22% moet verhoog, of jou aftrede met vyf jaar uitstel. Indien jy die geld op die ouderdom van 35 onttrek, sal jy jou bydraes met ʼn massiewe 72% moet verhoog! Hoe vroeër jy begin spaar vir aftrede en hoe langer jy jou geld in jou beleggings hou, hoe minder hoef jy in werklikheid te spaar.

4. Om te konserwatief te belê
Daar is doodeenvoudig nie genoeg betaaldae voor aftrede om jou aftreejare te befonds nie, daarom moet jy belê in ʼn bate wat hoër as die inflasiekoers sal presteer. Indien jy maandeliks 15% van jou salaris onder jou matras bêre vir aftrede, sal inflasie daardie spaargeld in die mate erodeer dat jy teen jou aftrede slegs twee jaar se jaarlikse salaris beskikbaar sal hê.

Indien jy die geld teen ʼn inflasieverwante opbrengs in die geldmark belê, sal jy slegs ses maal jou jaarlikse salaris hê. Indien jy daarteenoor vir 40 jaar 15% van jou jaarlikse salaris in ʼn gebalanseerde fonds, met ʼn gemiddelde opbrengs wat 5% bo die inflasiekoers, belê sal jy teen aftrede oor 17 maal jou jaarlikse salaris beskik. Hoe later jy begin spaar, hoe harder moet daardie geld vir jou werk.

5. Om nie vir noodgevalle voorsiening te maak nie
Noodgevalle is die belangrikste rede waarom mense in skuld verval. ʼn Waarlik groot katastrofe, soos om jou werk te verloor, met jou motor in ʼn ongeluk betrokke te wees of om siek te word kan jou spaargeld uitput. Indien jy jou welvaart wil beskerm, maak seker dat jy ʼn noodfonds het wat vir onverwagte gebeurtenisse gebruik kan word, en neem versekering uit om vir groter finansiële tsunami’s voorsiening te maak.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Liberty Innovasies
 
Sleutel-innovasies om aan jou behoeftes te voldoen
 
Finansiële produkte moet ontwikkel en innoveer om aan te pas by die veranderende omgewing. Hier deel ons sommige van ons sleutel-innovasies wat voorsien in ons kliënte se veranderende finansiële behoeftes.
 
Lees meer...
Leefstyl
 
Vier Suid-Afrika se kulturele verskeidenheid
 
In Suid-Afrika koester ons ʼn verskeidenheid beskouings en tradisies. Met 11 amptelike tale, vereis dit dikwels baie geduld en respek in die werkplek, en selfs by die huis, om te leer om met mekaar saam te leef.
 
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.