Geld groei nie op jou rug nie!

Deur jou kinders van jongs af finansiële geletterdheid en die waarde van geld te leer, bevoordeel nie net hulle nie, maar vir jou ook.

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Kinders leer op talle plekke buite die huis van geld – byvoorbeeld by die skool, kamp en tydens fondsinsamelings. Nietemin sal die vaste basis wat jy hulle gee hulle vir die res van hul lewens voorberei. Die grootste les is: Geld is nie ʼn gelukspel nie, dit is die resultaat van harde werk en slim keuses.

Finansiële geletterdheid op verskillende ouderdomme:

Ouderdom 3: Teen hierdie ouderdom verstaan die meeste kinders dat jy geld betaal vir die dinge wat jy wil hê. Hulle gaan saam met jou winkel toe om kos te koop, na die speelgoedwinkel om geskenke te koop, of na die motorhawe vir petrol, en sien hierdie uitruil van geld daagliks. Jy kan hulle leer van die ruilhandelstelsel wat bestaan het voor ons geld gehad het, toe mense items verruil het vir die goed wat hulle wou gehad het.

Die uitdaging in daardie tyd was dat hulle moes ooreenkom oor die waarde van hierdie goedere en oor wat ʼn regverdige ruiltransaksie was. Verder, verbeel jou dat jy ʼn vark moes rondkarwei sodat jy dit vir brood, eiers, ensovoorts kon verruil! Dit gee nuwe betekenis aan die term ‘spaarvarkie’! Dit bring ons by ʼn ander aspek – maak dit pret! Kinders leer vinnig wanneer hulle hulself geniet. Dus, moenie die leerproses ʼn werk maak nie.

Ouderdom 4-5: Hoewel talle van ons daarvan hou om te spog dat ons kinders teen ouderdom twee tot 100 kan tel, verstaan die meeste kinders nie op daardie ouderdom die konsep van getalle en tel nie. Dit is gewoonlik napratery en, hoewel indrukwekkend, ontbreek begrip.

Teen vierjarige ouderdom kan jy begin om jou kinders te leer om munte te tel – hou die konsep in hierdie stadium eenvoudig. Kinders leer dit regtig vinnig, veral wanneer hulle ʼn hopie silwer voor hulle het. Soek raakpunte met hulle belangstellings. Indien hulle ʼn onversadigbare suikertand het, gebruik dit om hulle te motiveer. Jy kan sê: “Indien ʼn Fizz Pop R1 kos, tel jou munte en sien hoeveel jy kan koop.” Die sleutel tot sukses is in hierdie stadium om die konsep aan hulle te verduidelik, maar om hulle toe te laat om dit self te probeer, selfs al beteken dit dat jy geduldig wag en droom van ʼn skemerkelkie terwyl hulle hul munte noukeurig uittel.

Ouderdom 6-7: Steeds gaan dit oor motivering – en praktiese ondervinding. Indien jou kind die nuutste tablet wil hê en nie kan verstaan waarom jy nie gretig is om soveel te betaal vir ʼn elektroniese speelding nie, is dit die geleentheid om hulle ʼn belangrike les te leer. Hiermee bedoel ons sypaadjie-koekieverkooptafel finansiële vernuf.

Help hulle om te dink aan ʼn eenvoudige geldmaakskema in die woonbuurt. Vra hulle wat hulle dink mense nodig het, soos motors was, koeldrank koop op ʼn warm dag, ens. Help hulle om ʼn besigheidsplan te formuleer – hoeveel gaan dit kos om die koekies te bak? Vir hoeveel sal hulle die koekies moet verkoop om ʼn wins te maak? Hoeveel koekies moet hulle bak? Hoeveel pakkies koekies moet hulle bak en verkoop om die tablet te kan koop? Aha! – die waarde van ʼn les in wat jy nodig het teenoor wat jy wil hê ... Ka-tjing!

Namate jou kinders ouer word kan hulle leer oor spaarrekeninge, die opstel van ʼn persoonlike begroting en om geld te leen (debiet en krediet). Wend ʼn poging aan om jou lesse in pas te hou met dit wat hulle in die skool leer, maar onthou altyd om hul eie behoeftes as vertrekpunt te gebruik – en gee hulle die ruimte om foute te maak.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Beleggings Wenke   Beleggings Advies   Ekonomie Nuus     Inkomstebeskerming

Hoe R500 tot R100 000 kan oploop Die top-5 plekke om te belê Ná Brexit: ‘n beleggingsperspektief Hoekom jy inkomstebeskerming
nodig het

Jy kan R500 per maand op uiteet spandeer, of jy kan dit omskakel in welvaartskepping. Hier is vyf redes om per debietorder te belê.

Liberty finansiële beplanner, Ndili Mbuli deel sy advies aan kliënte oor die vyf beste plekke om hul spaargeld te belê.

Wêreldmarkte en geldeenhede het gereageer op die Verenigde Koninkryk (VK) se besluit om die Europese Unie (EU) te verlaat en eerste minister David Cameron se beoogde bedanking, wat ʼn groot mate van spekulasie en onsekerheid tot gevolg het. Wat beteken dit vir beleggers?

Millenniërs onderskat dikwels die noodsaaklikheid van inkomstebeskerming wanneer hulle tot die arbeidsmark toetree – tot hul eie nadeel.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede

Hoe R500 tot R100 000 kan oploop Die top-5 plekke om
te belê
Ná Brexit: ‘n beleggingsperspektief Hoekom jy inkomstebeskerming nodig het

Jy kan R500 per maand op uiteet spandeer, of jy kan dit omskakel in welvaartskepping. Hier is vyf redes om per debietorder te belê.

Liberty finansiële beplanner, Ndili Mbuli deel sy advies aan kliënte oor die vyf beste plekke om hul spaargeld te belê.

Wêreldmarkte en geldeenhede het gereageer op die Verenigde Koninkryk (VK) se besluit om die Europese Unie (EU) te verlaat en eerste minister David Cameron se beoogde bedanking, wat ʼn groot mate van spekulasie en onsekerheid tot gevolg het. Wat beteken dit vir beleggers?

Millenniërs onderskat dikwels die noodsaaklikheid van inkomstebeskerming wanneer hulle tot die arbeidsmark toetree – tot hul eie nadeel.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Geld groei nie op jou rug nie!

Deur jou kinders van jongs af finansiële geletterdheid en die waarde van geld te leer, bevoordeel nie net hulle nie, maar vir jou ook.

+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

Kinders leer op talle plekke buite die huis van geld – byvoorbeeld by die skool, kamp en tydens fondsinsamelings. Nietemin sal die vaste basis wat jy hulle gee hulle vir die res van hul lewens voorberei. Die grootste les is: Geld is nie ʼn gelukspel nie, dit is die resultaat van harde werk en slim keuses.

Finansiële geletterdheid op verskillende ouderdomme:

Ouderdom 3: Teen hierdie ouderdom verstaan die meeste kinders dat jy geld betaal vir die dinge wat jy wil hê. Hulle gaan saam met jou winkel toe om kos te koop, na die speelgoedwinkel om geskenke te koop, of na die motorhawe vir petrol, en sien hierdie uitruil van geld daagliks. Jy kan hulle leer van die ruilhandelstelsel wat bestaan het voor ons geld gehad het, toe mense items verruil het vir die goed wat hulle wou gehad het.

Die uitdaging in daardie tyd was dat hulle moes ooreenkom oor die waarde van hierdie goedere en oor wat ʼn regverdige ruiltransaksie was. Verder, verbeel jou dat jy ʼn vark moes rondkarwei sodat jy dit vir brood, eiers, ensovoorts kon verruil! Dit gee nuwe betekenis aan die term ‘spaarvarkie’! Dit bring ons by ʼn ander aspek – maak dit pret! Kinders leer vinnig wanneer hulle hulself geniet. Dus, moenie die leerproses ʼn werk maak nie.

Ouderdom 4-5: Hoewel talle van ons daarvan hou om te spog dat ons kinders teen ouderdom twee tot 100 kan tel, verstaan die meeste kinders nie op daardie ouderdom die konsep van getalle en tel nie. Dit is gewoonlik napratery en, hoewel indrukwekkend, ontbreek begrip.

Teen vierjarige ouderdom kan jy begin om jou kinders te leer om munte te tel – hou die konsep in hierdie stadium eenvoudig. Kinders leer dit regtig vinnig, veral wanneer hulle ʼn hopie silwer voor hulle het. Soek raakpunte met hulle belangstellings. Indien hulle ʼn onversadigbare suikertand het, gebruik dit om hulle te motiveer. Jy kan sê: “Indien ʼn Fizz Pop R1 kos, tel jou munte en sien hoeveel jy kan koop.” Die sleutel tot sukses is in hierdie stadium om die konsep aan hulle te verduidelik, maar om hulle toe te laat om dit self te probeer, selfs al beteken dit dat jy geduldig wag en droom van ʼn skemerkelkie terwyl hulle hul munte noukeurig uittel.

Ouderdom 6-7: Steeds gaan dit oor motivering – en praktiese ondervinding. Indien jou kind die nuutste tablet wil hê en nie kan verstaan waarom jy nie gretig is om soveel te betaal vir ʼn elektroniese speelding nie, is dit die geleentheid om hulle ʼn belangrike les te leer. Hiermee bedoel ons sypaadjie-koekieverkooptafel finansiële vernuf.

Help hulle om te dink aan ʼn eenvoudige geldmaakskema in die woonbuurt. Vra hulle wat hulle dink mense nodig het, soos motors was, koeldrank koop op ʼn warm dag, ens. Help hulle om ʼn besigheidsplan te formuleer – hoeveel gaan dit kos om die koekies te bak? Vir hoeveel sal hulle die koekies moet verkoop om ʼn wins te maak? Hoeveel koekies moet hulle bak? Hoeveel pakkies koekies moet hulle bak en verkoop om die tablet te kan koop? Aha! – die waarde van ʼn les in wat jy nodig het teenoor wat jy wil hê ... Ka-tjing!

Namate jou kinders ouer word kan hulle leer oor spaarrekeninge, die opstel van ʼn persoonlike begroting en om geld te leen (debiet en krediet). Wend ʼn poging aan om jou lesse in pas te hou met dit wat hulle in die skool leer, maar onthou altyd om hul eie behoeftes as vertrekpunt te gebruik – en gee hulle die ruimte om foute te maak.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Beleggings Wenke
Hoe R500 tot R100 000 kan oploop

Jy kan R500 per maand op uiteet spandeer, of jy kan dit omskakel in welvaartskepping. Hier is vyf redes om per debietorder te belê.

Lees meer...
 
Beleggings Advies
Die top-5 plekke om te belê

Liberty finansiële beplanner, Ndili Mbuli deel sy advies aan kliënte oor die vyf beste plekke om hul spaargeld te belê.

Lees meer...
 
Ekonomie Nuus

Ná Brexit: ‘n beleggingsperspektief

Wêreldmarkte en geldeenhede het gereageer op die Verenigde Koninkryk (VK) se besluit om die Europese Unie (EU) te verlaat en eerste minister David Cameron se beoogde bedanking, wat ʼn groot mate van spekulasie en onsekerheid tot gevolg het. Wat beteken dit vir beleggers?

Lees meer...
 
Inkomstebeskerming

Hoekom jy inkomstebeskerming nodig het