Die top-5 plekke om te belê

Liberty finansiële beplanner, Ndili Mbuli deel sy advies aan kliënte oor die vyf beste plekke om hul spaargeld te belê.

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Die eerste vraag wat kliënte my dikwels vra, is: “Waar behoort ek my geld te belê?” As ʼn adviseur is die eerste vraag wat ek vra: “Waarvoor is die belegging?” Dit is omdat die beste belegging die een is wat aan jou behoeftes voldoen.

BEHOEFTE NO 1: Spaar vir volgende jaar se skoolfooie of vir ʼn deposito op ʼn huis of ʼn motor
Vir korttertermynbeleggings, waar die tydshorison tussen ses en twaalf maande is, sal jy nie jou kapitaal op risiko wil plaas nie, aangesien daar nie genoeg tyd is om enige verliese te herwin nie. ʼn Kapitaalwaarborg is baie belangrik oor ʼn kort periode, terwyl inflasie ʼn kleiner bekommernis is.
HOE OM JOU DOELWIT TE  BEREIK: Jy kan geldmarkfondse of ʼn vaste deposito wat jou kapitaal waarborg en ʼn redelike rentekoers aanbied, oorweeg. Jy kan ook ʼn lae-risiko effektetrustportefeulje, soos die Stanlib Income Fund, oorweeg.

BEHOEFTE NO 2: Belê in jou kind se universiteitsopvoeding
Hopelik sal jy so spoedig moontlik in jou kind se tersiêre opleiding begin belê, sodat die groei op die belegging kan help om inflasie op opvoedingskostes teen te werk. Aangesien hierdie belegging oor ʼn langer periode strek, sou jy ʼn portefeulje oorweeg wat groeibates soos aandele insluit, sodat jy kan verseker dat die belegging groei teen ʼn koers wat inflasie klop.
HOE OM JOU DOELWIT TE BEREIK: Die Liberty Excelsior Education Plan stel jou in staat om ʼn onderliggende portefeulje te kies wat voldoen aan jou tydshorison. Ek beveel ook aan dat ouers die educator-voordeel insluit, ʼn lewensversekeringspolis wat betaal vir die kind se opvoeding vanaf die datum van die eis tot die derde jaar van tersiêre opvoeding, indien die polishouer sterf of ongeskik raak.

BEHOEFTE NO 3: Spaar vir lewensdoelwitte 
Talle van ons kliënte het doelwitte wat hulle oor die volgende 10 jaar wil verwesenlik, soos om hul eie besigheid te begin of ʼn sabbatsrus te neem. Hoewel die doelwitte nie noodwendig op die aftreejare gemik is nie, moet ʼn mens selfs oor ʼn 10-jaar periode ʼn belegging oorweeg wat inflasie sal klop. Teen ʼn inflasiekoers van 6% per jaar sal jou belegging met 80% oor ʼn 10-jaar periode moet groei om net sy huidige waarde te behou.
HOE OM JOU DOELWIT TE  BEREIK: ʼn Belastingvrye spaarrekening bied die perfekte geleentheid om welvaart in ʼn belastingvriendelike omgewing, wat steeds buigsaamheid bied, te groei. Hierdie rekeninge is lae-koste, belasting-effektiewe beleggings. Jy kan tot R30 000 per jaar bydra tot op R500 000 oor jou leeftyd. Verseker net dat die onderliggende belegging ʼn effektetrust of ander groeibate is.

BEHOEFTE NO 4: Voorbereiding vir die goue jare
Dit is noodsaaklik om vir aftrede te spaar, aangesien slegs ʼn handvol Suid-Afrikaners gemaklik kan aftree. ʼn Aftree-annuïteitsplan stel jou in staat om jou pensioenfonds by jou werkgewer aan te vul, veral indien jy jou aftreefonds onttrek het toe jy van werk verander het en nou moet inhaal. Die voordeel van ʼn aftree-annuïteitsplan is dat ons regering aansporingsmaatreëls het om ons aan te moedig om vir ons aftrede te spaar deur belastingkortings op ons bydraes tot so ʼn plan toe te staan. Een van die uitdagings is dat, terwyl ons besig is om te spaar, ons selde weet watter inkomste ons in ons aftrede sal ontvang.
HOE OM JOU DOELWIT TE  BEREIK: Liberty se Agile Retirement Range stel kliënte in staat om die bedrag wat hulle as ʼn inkomste tydens aftrede sal ontvang, gedeeltelik te waarborg. Die produk allokeer terselfdertyd bykomende aftreefondse na hoër-risiko beleggingsportefeuljes om voordeel te trek uit groei op die aandelebeurs deur middel van ʼn keuse van meer as 100 portefeuljes, wat aan die behoeftes van bykans enige aftree-strategie voldoen.

BEHOEFTE NO 5: Belê in jouself
Terwyl finansiële adviseurs dalk op rand en sent fokus, is daar ander maniere van belê wat nie slegs beleggingsprodukte insluit nie. ʼn Belegging in jouself deur middel van verdere opvoeding of om jou eie besigheid te begin, is byvoorbeeld net so ʼn belangrike “beleggingsklas”.
HOE OM JOU DOELWIT TE BEREIK: Dit is belangrik dat jou finansiële adviseur jou beleggingsplan holisties beskou en ʼn gebalanseerde produk aanbeveel wat aan al jou beleggingsdoelwitte voldoen.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Ekonomie Nuus     Inkomstebeskerming   Geld Lesse   Beleggings Wenke

Ná Brexit: ‘n beleggingsperspektief Hoekom jy inkomstebeskerming
nodig het
Geld groei nie op jou rug nie! Hoe R500 tot R100 000 kan oploop

Wêreldmarkte en geldeenhede het gereageer op die Verenigde Koninkryk (VK) se besluit om die Europese Unie (EU) te verlaat en eerste minister David Cameron se beoogde bedanking, wat ʼn groot mate van spekulasie en onsekerheid tot gevolg het. Wat beteken dit vir beleggers?

Millenniërs onderskat dikwels die noodsaaklikheid van inkomstebeskerming wanneer hulle tot die arbeidsmark toetree – tot hul eie nadeel.

Deur jou kinders van jongs af finansiële geletterdheid en die waarde van geld te leer, bevoordeel nie net hulle nie, maar vir jou ook.

Jy kan R500 per maand op uiteet spandeer, of jy kan dit omskakel in welvaartskepping. Hier is vyf redes om per debietorder te belê.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...
Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede

Ná Brexit: ‘n beleggingsperspektief Hoekom jy inkomstebeskerming nodig het Geld groei nie op jou
rug nie!
Hoe R500 tot R100 000 kan oploop

Wêreldmarkte en geldeenhede het gereageer op die Verenigde Koninkryk (VK) se besluit om die Europese Unie (EU) te verlaat en eerste minister David Cameron se beoogde bedanking, wat ʼn groot mate van spekulasie en onsekerheid tot gevolg het. Wat beteken dit vir beleggers?

Millenniërs onderskat dikwels die noodsaaklikheid van inkomstebeskerming wanneer hulle tot die arbeidsmark toetree – tot hul eie nadeel.

Deur jou kinders van jongs af finansiële geletterdheid en die waarde van geld te leer, bevoordeel nie net hulle nie, maar vir jou ook.

Jy kan R500 per maand op uiteet spandeer, of jy kan dit omskakel in welvaartskepping. Hier is vyf redes om per debietorder te belê.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Die top-5 plekke om te belê

Liberty finansiële beplanner, Ndili Mbuli deel sy advies aan kliënte oor die vyf beste plekke om hul spaargeld te belê.

+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

Die eerste vraag wat kliënte my dikwels vra, is: “Waar behoort ek my geld te belê?” As ʼn adviseur is die eerste vraag wat ek vra: “Waarvoor is die belegging?” Dit is omdat die beste belegging die een is wat aan jou behoeftes voldoen.

BEHOEFTE NO 1: Spaar vir volgende jaar se skoolfooie of vir ʼn deposito op ʼn huis of ʼn motor
Vir korttertermynbeleggings, waar die tydshorison tussen ses en twaalf maande is, sal jy nie jou kapitaal op risiko wil plaas nie, aangesien daar nie genoeg tyd is om enige verliese te herwin nie. ʼn Kapitaalwaarborg is baie belangrik oor ʼn kort periode, terwyl inflasie ʼn kleiner bekommernis is.
HOE OM JOU DOELWIT TE  BEREIK: Jy kan geldmarkfondse of ʼn vaste deposito wat jou kapitaal waarborg en ʼn redelike rentekoers aanbied, oorweeg. Jy kan ook ʼn lae-risiko effektetrustportefeulje, soos die Stanlib Income Fund, oorweeg.

BEHOEFTE NO 2: Belê in jou kind se universiteitsopvoeding
Hopelik sal jy so spoedig moontlik in jou kind se tersiêre opleiding begin belê, sodat die groei op die belegging kan help om inflasie op opvoedingskostes teen te werk. Aangesien hierdie belegging oor ʼn langer periode strek, sou jy ʼn portefeulje oorweeg wat groeibates soos aandele insluit, sodat jy kan verseker dat die belegging groei teen ʼn koers wat inflasie klop.
HOE OM JOU DOELWIT TE BEREIK: Die Liberty Excelsior Education Plan stel jou in staat om ʼn onderliggende portefeulje te kies wat voldoen aan jou tydshorison. Ek beveel ook aan dat ouers die educator-voordeel insluit, ʼn lewensversekeringspolis wat betaal vir die kind se opvoeding vanaf die datum van die eis tot die derde jaar van tersiêre opvoeding, indien die polishouer sterf of ongeskik raak.

BEHOEFTE NO 3: Spaar vir lewensdoelwitte 
Talle van ons kliënte het doelwitte wat hulle oor die volgende 10 jaar wil verwesenlik, soos om hul eie besigheid te begin of ʼn sabbatsrus te neem. Hoewel die doelwitte nie noodwendig op die aftreejare gemik is nie, moet ʼn mens selfs oor ʼn 10-jaar periode ʼn belegging oorweeg wat inflasie sal klop. Teen ʼn inflasiekoers van 6% per jaar sal jou belegging met 80% oor ʼn 10-jaar periode moet groei om net sy huidige waarde te behou.
HOE OM JOU DOELWIT TE  BEREIK: ʼn Belastingvrye spaarrekening bied die perfekte geleentheid om welvaart in ʼn belastingvriendelike omgewing, wat steeds buigsaamheid bied, te groei. Hierdie rekeninge is lae-koste, belasting-effektiewe beleggings. Jy kan tot R30 000 per jaar bydra tot op R500 000 oor jou leeftyd. Verseker net dat die onderliggende belegging ʼn effektetrust of ander groeibate is.

BEHOEFTE NO 4: Voorbereiding vir die goue jare
Dit is noodsaaklik om vir aftrede te spaar, aangesien slegs ʼn handvol Suid-Afrikaners gemaklik kan aftree. ʼn Aftree-annuïteitsplan stel jou in staat om jou pensioenfonds by jou werkgewer aan te vul, veral indien jy jou aftreefonds onttrek het toe jy van werk verander het en nou moet inhaal. Die voordeel van ʼn aftree-annuïteitsplan is dat ons regering aansporingsmaatreëls het om ons aan te moedig om vir ons aftrede te spaar deur belastingkortings op ons bydraes tot so ʼn plan toe te staan. Een van die uitdagings is dat, terwyl ons besig is om te spaar, ons selde weet watter inkomste ons in ons aftrede sal ontvang.
HOE OM JOU DOELWIT TE  BEREIK: Liberty se Agile Retirement Range stel kliënte in staat om die bedrag wat hulle as ʼn inkomste tydens aftrede sal ontvang, gedeeltelik te waarborg. Die produk allokeer terselfdertyd bykomende aftreefondse na hoër-risiko beleggingsportefeuljes om voordeel te trek uit groei op die aandelebeurs deur middel van ʼn keuse van meer as 100 portefeuljes, wat aan die behoeftes van bykans enige aftree-strategie voldoen.

BEHOEFTE NO 5: Belê in jouself
Terwyl finansiële adviseurs dalk op rand en sent fokus, is daar ander maniere van belê wat nie slegs beleggingsprodukte insluit nie. ʼn Belegging in jouself deur middel van verdere opvoeding of om jou eie besigheid te begin, is byvoorbeeld net so ʼn belangrike “beleggingsklas”.
HOE OM JOU DOELWIT TE BEREIK: Dit is belangrik dat jou finansiële adviseur jou beleggingsplan holisties beskou en ʼn gebalanseerde produk aanbeveel wat aan al jou beleggingsdoelwitte voldoen.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Ekonomie Nuus

Ná Brexit: ‘n beleggingsperspektief

Wêreldmarkte en geldeenhede het gereageer op die Verenigde Koninkryk (VK) se besluit om die Europese Unie (EU) te verlaat en eerste minister David Cameron se beoogde bedanking, wat ʼn groot mate van spekulasie en onsekerheid tot gevolg het. Wat beteken dit vir beleggers?

Lees meer...
 
Inkomstebeskerming
Hoekom jy inkomstebeskerming nodig het

Millenniërs onderskat dikwels die noodsaaklikheid van inkomstebeskerming wanneer hulle tot die arbeidsmark toetree – tot hul eie nadeel.

Lees meer...
 
Geld Lesse
Geld groei nie op jou rug nie!

Deur jou kinders van jongs af finansiële geletterdheid en die waarde van geld te leer, bevoordeel nie net hulle nie, maar vir jou ook.

Lees meer...
 
Beleggings Wenke