Julie is Spaarmaand, dié geleentheid waartydens jy kan begin om ʼn maandelikse debietorder te gebruik om langtermynrykdom te bou. Jy sal verbaas wees hoe dit oor tyd tot ʼn noemenswaardige belegging oploop.
ʼn Maandelikse debietorder is ʼn kragtige beleggingsinstrument. Dit vestig beleggingsdissipline en slegs ʼn klein bedrag maandeliks kan jou welvaart oor tyd laat groei en jou teen jou emosies beskerm.
Jou spaargeld groei oor tyd: ʼn Betreklik klein debietorder kan oor tyd tot ʼn beduidende bedrag oploop. Byvoorbeeld, indien jy oor die afgelope tien jaar slegs R500 per maand belê het in die Stanlib Alsi 40-fonds, wat bloot die gemiddelde opbrengs van die grootste top-maatskappye in Suid-Afrika navolg, sou die belegging vandag nagenoeg R115 000 werd gewees het – dit is op sigself ʼn opbrengs van R56 000.
Dit skep spaardissipline: Indien jy ʼn debietorder opstel wat van jou bankrekening verhaal word voordat jy die geld kan spandeer, leer jy om te leef van die geld wat in jou rekening oor is.
Dit verminder emosionele spaar: Wanneer jy ʼn enkelbedrag belê, kan die tydstip wanneer jy belê ‘n beduidende uitwerking op jou opbrengs hê en ons emosies verhoog die moontlikheid dat ons op ʼn verkeerde tyd kan belê – deur te verkoop wanneer daar vrees is en te belê wanneer alles rooskleurig lyk.
Dit verlaag die algehele koste van jou eenhede: Jy koop meer eenhede wanneer die pryse laag is en minder eenhede wanneer die pryse hoog is, wat die oorhoofse koste wat jy vir die totale aantal eenhede in jou rekening betaal, verlaag. Dié soort ingefaseerde belegging staan bekend as rand-koste vergemiddeling (eweredige verspreiding), aangesien dit daartoe bydra dat die opbrengs op jou belegging eweredig versprei word.
Dalende markte is positief vir debietorderbeleggings: Wanneer die markte daal, kan jy meer eenhede koop en in werklikheid meer geld maak. In die onderstaande voorbeeld belê jy R2500 oor vyf maande. Teen Mei is die mark steeds 7,4% laer, nogtans is jou belegging R2662,81 (287,56 eenhede teen 9,26) werd. ʼn Enkelbedrag wat in Januarie belê is, sou nou R2315 werd gewees het.
Maand |
Bedrag belê |
Prys per eenheid |
Aantal eenhede gekoop |
Januarie |
R500 |
R10 |
50 |
Februarie: Mark daal met 15% |
R500 |
R8,50 |
58,82 |
Maart: Mark daal met nog 10% |
R500 |
R7,65 |
65,36 |
April: Mark herstel met 10% |
R500 |
R8,42 |
59,38 |
Mei: Mark herstel met 10% |
R500 |
R9,26 |
54 |
Totaal |
R2500 |
|
287.56 eenhede |
|
Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?
Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.
Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.
|