Ekonomiese en politieke impak VK-kiesers het besluit om die Europese Unie te verlaat, ʼn verrassende resultaat wat onsekerheid en wisselvalligheid in finansiële markte veroorsaak het. Ons verwag vir ten minste die volgende twee jaar politieke en ekonomiese onsekerheid, terwyl Brittanje die ingewikkelde proses om die EU te verlaat, aanvoor.
Op die ekonomiese terrein sal die besluit gevolge hê vir die UK se handelsooreenkomste met Europa, wat heronderhandel sal moet word. Vaste direkte belegging, wat die UK binnevloei, kan afneem namate Europees-gefokusde maatskappye heroorweeg waar hulle gedomisilieerd wil wees en die VK se koste van kapitaal kan styg, gegewe die moontlikheid van ʼn soewereine kredietafgradering.
Op die lange duur sal al hierdie faktore stadiger ekonomiese groei vir die VK, of moontlik ʼn resessie, tot gevolg hê. Wêreldwyd is die bekommernis die voortgesette verlangsaming in ekonomiese groei en die feit dat sentrale banke, ingesluit die VSA se Federale Reserwe, heel waarskynlik ʼn demper op stygende rentekoerse sal plaas. Ons verwag dat lae rentekoerse langer sal voortduur.
Vir ontluikende markte, wat Suid-Afrika insluit, sal die ekonomiese impak van Brexit beïnvloed word deur hoe beduidend die VK as ʼn handelsvennoot is en wat die terme is van nuut-onderhandelde ooreenkomste, wat ná dese moet volg. Op handelsgebied bly Europa ʼn meer beduidende handelsvennoot van Suid-Afrika as die VK.
Op politieke gebied is daar reeds aangekondig dat die VK se eerste minister, David Cameron, sy bedanking ingedien het. Ons voorsien dat sommige lande oor die hele Europa ook sal aandring op referendums of hulle die EU moet verlaat al dan nie. Skotland mag moontlik aandring op ʼn referendum of hulle die VK moet verlaat of nie, terwyl Europese leiers daarop sal fokus om hulle lande rondom die EU te skaar. Hierdie onsekerheid laat op sigself vrae ontstaan oor die volhoubaarheid van die EU, wat op beleggers se agendas was sedert die Griekse finansiële krisis ʼn paar jaar gelede.
Bateklasse en posisies Die korttermynreaksie van finansiële markte was negatief namate beleggers die verrassingsaankondiging verwerk. Ons Asset Allocation Funds (Multi Asset and Absolute Return) is defensief geposisioneer en sal voordeel trek uit die huidige volatiliteit. In die aandele-bateklas was ons lugtig vir die hulpbronnesektor, wat ons as die kwesbaarste onder die huidige omstandighede beskou.
In ons Vaste Inkomste-beleggingspan is ons beskouing dat bekommernisse oor ekonomiese groei en die moontlikheid dat rentekoerse waarskynlik langer laag sal bly, vir ons geleenthede skep om tydsduur te verleng. Binne plaaslike Gelyste Eiendomsfondse is ons relatief ondergewig in maatskappye wat UK-blootstelling het en in ons Buitelandse Eiendomsfonds het ons ʼn oorgewigposisie in die VK, maar ons blootstelling is aan die mees dominante en beter kwaliteit eiendomsmaatskappye. Verder is rentekoerse wat onder druk is, positief vir die eiendomsektor.
Ons sal voortgaan om aantreklike geleenthede vir ons beleggers te ontgin deur getrou te bly aan ons beleggingsfilosofie en te fokus op die skepping van langtermynwelvaart vir ons beleggers.
Neem asseblief kennis:
Die verrassende VK-stem om die EU te verlaat, is negatief ontvang deur finansiële markte en skep politieke en finansiële uitdagings vir die VK, die EU en die wêreld.
Die uitslag van die stemming verander nie op sigself Stanlib se beleggingsfilosofie om kliënte se bates oor die lang termyn met die fokus op die fundamentele te bestuur nie.
Oor die kort termyn is ons goed geposisioneer vir die reaksie van die finansiële markte en sal ons die verwagte onsekerheid en wisselvalligheid gebruik om geleenthede waaruit ons voordeel kan trek, te ontgin.
Vir verdere inligting oor hierdie onderwerp: Kevin Lings, Hoofekonoom van STANLIB, verduidelik Brexit en wei uit oor die verskeie ekonomiese implikasies wat die besluit tot gevolg het. Economic Focus: Brexit Explained
Warren Buhai, Senior Portefeuljebestuurder van die Stanlib Multi-Asset Team, fokus op die implikasies van Brexit vir ons verskeidenheid beleggings en gee inligting oor hoe Stanlib oor bateklasse geposisioneer is.
Investment view: Brexit Explained
|