Januarie 2018 Read this article in English
Terug na die Liberty Nuusbrief
Voltooi die meningspeiling in ons nuusbrief en kom in aanmerking om ʼn geskenkpak ter waarde van R1 500 te wen!
 
Deel hierdie artikel:

Die Liberty-span werk maandeliks hard om aan jou verwagtinge ten opsigte van ons nuusbriewe te voldoen. Ons doen deeglike navorsing oor die wêrelde van langtermynversekering, beleggings en persoonlike finansies om strategieë te bied wat jou kan help om jou welvaart te beplan, te beskerm en te groei.

Jy kan ons help deur deel te neem aan ons kort meningspeiling. Die resultate sal ons help om die inhoud van die nuusbrief te verbeter en aan jou meer waarde te bied.

Deur die meningspeiling te voltooi, kom jy ook in aanmerking om ʼn stylvolle somergeskenkpak ter waarde van R 1 500, bestaande uit ʼn Sandton City geskenkbewys, strandhanddoek, Happy Socks, ʼn reiskussing en ʼn waterbeker te wen.

Voltooi ons opname deur om hier te kliek.

Die reëls van die meningspeiling-kompetisie:

  1. Die inskrywings vir die kompetisie open op 13 Desember 2017 en sluit op 31 Januarie 2018. Die wenners sal lukraak uit al die voltooide meningspeilings gekies word.
  2. Slegs Liberty-kliënte wat die meningspeiling voltooi het, kom in aanmerking vir die kompetisie.
  3. Daar is geen inskrywingfooi nie.
  4. Om vir die kompetisie in te skryf, moet deelnemers die meningspeiling wat op die volgende webskakel beskikbaar is, voltooi: www.myliberty.co.za.
  5. Die wenners sal per e-pos in kennis gestel word en die pryse sal voor 15 Februarie 2018 per koerier afgelewer word.
  6. Slegs een inskrywing per kliënt sal toegelaat word. Veelvoudige inskrywings sal tot diskwalifikasie lei.
  7. Deur die meningspeiling te voltooi, onderneem die deelnemers en wenners om die bepalings van hierdie kompetisie te aanvaar.
  8. Deur die meningspeiling te voltooi, verleen die wenners toestemming aan Liberty om hul name in die volgende uitgawe van die Liberty-nuusbrief te publiseer. Geen vergoeding sal betaal word vir die gebruik van die wenners se name in die nuusbrief nie.
  9. Die beoordelaars se keuse van die wenners is finaal en geen onderhandeling of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  10. Geen werknemers van Liberty, verwante maatskappye of hul naaste familielede mag vir die kompetisie inskryf nie.
  11. Liberty hou hom die reg voor om, ingevolge sy uitsluitlike diskresie, die reëls aan te pas of die kompetisie te kanselleer of uit te stel.
  12. Deelname aan hierdie kompetisie plaas geen verpligting op Liberty, sy agente, werknemers of aandeelhouers nie, nóg verkry die deelnemers enige wetlike regte.
  13. Onsuksesvolle deelnemers sal hoegenaamd geen reg verkry om teen Liberty te eis of op te tree as gevolg van hul deelname aan hierdie kompetisie nie.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Liberty Meningspeiling
Jou mening is belangrik
Die uiters waardevolle terugvoering wat ons van julle, ons lesers, ontvang het, het ons gehelp om ʼn nuusbrief te lewer wat vir julle ter sake is. Gee jou mening en jy wen dalk ʼn prys ter waarde van R1 500!
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.