Januarie 2018 Read this article in English
Terug na die Liberty Nuusbrief
Waarom dit vir jou goed kan wees om op ʼn vakansie te spandeer
 
Deel hierdie artikel:

Om geld uit te gee kan ons gelukkig maak, maar die blywendheid van daardie geluk hang volkome af van waarop ons dit spandeer. Dinge soos klere, skoene, meubels en motors maak ons nie gelukkig nie (ondanks wat ons mag dink wanneer ons dit koop), maar ervarings bring beslis geluk.

Professor Ryan T. Howell, ʼn medeprofessor in sielkunde aan die San Francisco State University, en sy student Paulina Pchelin, het ʼn studie onderneem oor die verband tussen geld en geluk en het ontdek dat, betreffende langdurige geluk, ervarings materiële dinge troef.

Hul studie, "The Hidden Cost of Value-Seeking: People Do Not Accurately Forecast the Economic Benefits of Experiential Purchases", het aan die lig gebring dat om geld op ʼn gesinsvakansie te spandeer of om jou gunstelingpopgroep te sien optree, jou meer bevrediging sal gee as om ʼn motor, bank of ʼn ontwerpershandsak te koop.

Howard se studie het ook getoon dat die meeste mense meer op materialistiese dinge spandeer, in die oortuiging dat ʼn nuwe motor, byvoorbeeld, langer as ʼn gesinsvakansie sal hou en daarom beter waarde vir geld bied. Howell voer aan dat, hoewel ʼn aankoop moontlik verbygaande opwinding kan verskaf, ons daardie item gou as vanselfsprekend aanvaar, terwyl ervarings meer blywende waarde bied.

In ʼn artikel wat op die webwerf van die San Francisco State University gepubliseer is, is Howell aangehaal as sou hy gesê het: “Wat mense werklik onderskat, is hoeveel geldwaarde hulle uit ʼn lewenservaring sal kry. Selfs al word vir hulle gesê dat ervarings hulle gelukkiger sal maak en selfs al weet hulle ervarings sal hulle gelukkiger maak, beskou hulle steeds materiële dinge as waardevoller. Ons assosieer van nature ekonomiese waarde met dinge: ‘Ek het hierdie motor gekoop, dit is $8 000 werd . . . ’ terwyl dit vir ons moeilik is om die ekonomiese waarde van ons herinneringe te bepaal.”

Tydens die studie is onderhoude beide vóór en ná ʼn item gekoop is, met individue gevoer. Voordat hulle die item gekoop het, het die respondente gesê hulle glo dat ʼn lewenservaring hulle gelukkiger sal maak, maar dat ʼn materiële item ʼn beter aanwending van hulle geld sal wees. Ná die aankoop het die respondente egter gerapporteer dat lewenservarings hulle nie net gelukkiger gemaak het nie, maar ook beter waarde was.

Dus, indien jy hierdie jaar die meeste waarde uit jou geld in terme van waarde en geluk wil kry, spandeer dit deur pret te hê saam met die mense vir wie jy omgee, eerder as om dinge bymekaar te maak. Skep saam met jou familie en vriende herinneringe wat ʼn leeftyd sal hou.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Liberty Meningspeiling
Jou mening is belangrik
Die uiters waardevolle terugvoering wat ons van julle, ons lesers, ontvang het, het ons gehelp om ʼn nuusbrief te lewer wat vir julle ter sake is. Gee jou mening en jy wen dalk ʼn prys ter waarde van R1 500!
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.