Januarie 2018 Read this article in English
Terug na die Liberty Nuusbrief
Noodsaaklike onderwyskoste wat jy in jou 2018-begroting moet insluit
 
Deel hierdie artikel:

Januarie is gewoonlik ʼn moeilike maand, aangesien ons Desember-salaristjeks langer moet hou en vir meer moet betaal. Vir die ouers van skoolgaande kinders is die finansiële druk selfs nog groter aangesien fooie betaal en uniforms en handboeke aangekoop moet word.

Wanneer jy vir die skooljaar begroot, moenie vergeet om al die bykomende dinge, veral buitemuurse aktiwiteite en ekstra onderrig, in te sluit nie.

  • Die ouers van hoërskoolleerders sal waarskynlik hul kinders se onderrig met ekstra lesse aanvul, gewoonlik in wiskunde en ʼn tweede taal, dus moet jy daarvoor in jou begroting voorsiening maak.
  • Indien jou kind ʼn skooltoer gaan meemaak, moet jy geld eenkant hou om die koste te dek.
  • Jonger kinders het dalk nasorg nodig, neem dit dus in aanmerking.
  • Stel ʼn beperking op hoeveel “betaalde” buitemuurse aktiwiteite jou kinders aan kan deelneem. Die meeste skole bied ʼn groot verskeidenheid gratis aktiwiteite, maar om ons kinders toe te laat om aan te veel aktiwiteite deel te neem is nie vir hulle, of vir ons begrotings, goed nie.

Sodra jy ʼn duidelike prentjie het van wat die totale onderwyskoste vir 2018 sal wees, hou enige bonusse of belastingkortings eenkant om dié koste te dek, en betaal ten minste die skoolfooie nou, voordat die fondse tydens die Desember-feestelikhede weggevreet word.

Voorbereiding vir toekomstige fooie
Terwyl jy jou skoolbegroting opstel, is dit die moeite werd om te oorweeg hoe jy gaan bybly met toekomstige onderwyskostes. Hierdie kostes styg nie slegs vinniger as ons salarisse nie, maar elke onderwysfase is duurder, met die fooie wat van laerskool tot hoërskool met nagenoeg 20% styg!

Gesertifiseerde finansiële beplanner by Liberty, Phillip Kassel, sê ouers wat voorrang aan die behoefte aan onderwys wil gee, moet eerlik na hul maandelikse begroting kyk. Deur spandabelrige uitgawes te vermy, is een manier om te verseker dat jy die skoolfooie kan bybring. Deur eenvoudig jou bankkoste na te gaan en jou korttermynversekering te hersien, kan ekstra geld beskikbaar gestel word wat jy kan aanwend om jou onderwysspaarplan aan te vul.

Die volgende stap is om ʼn balans te vind tussen om vir onderwys te spaar en seker te maak dat jou kinders se toekoms verseker is indien jy nie langer vir hulle kan voorsien nie. Om genoeg geld te vind om vir huidige skoolfooie te betaal, te spaar vir toekomstige onderwyskostes, en om lewensdekking te voorsien, kan onbekostigbaar raak.

Kassel beveel ʼn paar opsies aan wat die druk kan verlig:

  • Liberty EduCator Benefit: Sou jy te sterwe kom, ongeskik raak om te werk of ernstig siek word, betaal EduCator die koste van jou kind se onderwys tot op die kind se 24ste verjaarsdag. Aangesien die polis die skoolfooie direk aan die instansie betaal, hoef jy nie bekommerd te wees oor wat met die geld wat jy vir jou kind se onderwys geoormerk het, gebeur nie. Omdat die dekking net geld totdat die kind 24 jaar oud word, betaal jy nie vir dekking wat jy nie in die toekoms sal benodig nie. Dit verlaag die premies en maak dit meer bekostigbaar.

  • Liberty Education Endowment: Hierdie produk dek alle aspekte van die voorbereiding vir jou kind se onderwys aangesien dit as beide ʼn spaarfonds en lewensdekking funksioneer, en die voordeel van premiebeskerming op die lewe van die ouer (of die poliseienaar) bied.
    Byvoorbeeld, indien jou dogter ses jaar oud is en jy wil begin spaar vir haar tersiêre onderwys, kan jy ʼn uitkeerperiode van 12 jaar kies. Indien iets voor daardie tyd met jou gebeur, sal jou bydraes deur Liberty betaal word tot op die uitkeerdatum. Dit verseker dat die nodige fondse vir jou kinders se verdere studie beskikbaar is sodra hulle hul hoërskoolloopbaan voltooi het.
    Die risikopremie is beduidend laer en terselfdertyd groei die kapitaal wat vir onderwysdoeleindes aangewend kan word. Die fondse kan binne die termyn aangewend word, hoewel boetes van toepassing kan wees indien jy dit binne die eerste vyf jaar aanwend.

“Die beste opsie sal altyd die een wees wat, realisties gesproke, binne die kliënt se begrotingsbeperkinge inpas, selfs al sou dit nie ten volle in die werklike behoefte voorsien nie. Dit is waarom gereelde hersienings vereis word om, spesifiek, bekostigbaarheid te herwaardeer, en of dié gat effens toegestop kan word indien salarisverhogings, bonusse, die afbetaling van ander skuld, en so meer, in ag geneem word,” sê Kassell.

Deel hierdie artikel:
Linked In | Facebook | Twitter | Email

Liberty Meningspeiling
Jou mening is belangrik
Die uiters waardevolle terugvoering wat ons van julle, ons lesers, ontvang het, het ons gehelp om ʼn nuusbrief te lewer wat vir julle ter sake is. Gee jou mening en jy wen dalk ʼn prys ter waarde van R1 500!
Lees meer...

U terugvoering is vir ons belangrik – gesels met ons!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle help ons om u van toepaslike inligting te voorsien om u geldsake te beplan en te bestuur.

Gaan asseblief daarmee voort om met ons te gesels en te laat weet wat u dink. U kan opmerkings per e-pos stuur aan [email protected].

Liberty.co.za | Kontak Ons | Verander my besonderhede

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.