Liberty Eiendomsportefeulje

Liberty se nuwe eiendomsportefeulje bied kliënte die unieke geleentheid om teen ʼn korting te belê. Ons ontleed die besonderhede van die portefeulje en beantwoord sommige van die vrae wat dikwels gevra word.

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Alle Liberty-kliënte kwalifiseer vir ʼn geleentheid om teen ʼn korting in die notering van Liberty se keureiendomsportefeulje te belê. Hier volg sommige van die besonderhede waarvan jy behoort te weet:

Liberty het onlangs die notering van ʼn gedeelte van sy uiters gesogte, winsgewende keureiendomsportefeulje aangekondig. Teen hierdie tyd sou jy reeds inligting ontvang het oor die Liberty Real Estate Portfolio (LREP), en die aanbod van verdiskonteerde aandele aan bestaande Liberty-kliënte.

Liberty Two Degrees sal genoteer word as ʼn eiendomsbeleggingstrust (REIT), wat ʼn gedeelte van Liberty se winsgewende keureiendomsportefeulje sal insluit. Liberty sal die LREP vir sy kleinhandelkliënte stig, wat eksklusief in die aandele van Liberty Two Degrees sal belê. Die LREP sal ʼn volle toewysing van Liberty Two Degrees-aandele tot op R4 miljard teen 5% korting op die noteringsprys ontvang. Die aandele van R4 miljard sal as volg aangebied word:

  • Bestaande beleggers in die Liberty Eiendomsportefeulje (Liberty Property Portfolio) het die opsie om hul volle of ʼn gedeelte van hul portefeulje na die nuwe LREP te skuif, onderhewig aan ʼn maksimum onderskrywingswaarde van R3 miljard.
  • Alle bestaande Liberty-kliënte, ingesluit diegene met beleggings in die Liberty Eiendomsportefeulje, het die opsie om nuwe fondse in die LREP te belê, onderhewig aan ʼn verdere R1 miljard-perk.

Hoewel ons baie opgewonde is om hierdie verdiskonteerde aanbod aan ons kliënte te maak, is dit belangrik dat jy jou finansiële adviseur kontak om seker te maak dat die belegging aan jou huidige finansiële behoeftes en risikoprofiel voldoen, veral vir die kliënte wat in aftree-annuïteite belê is.

Wat jy behoort te weet

Kan ek my aftree-annuïteit verskuif van die Liberty Eiendomsportefeulje na die LREP? Aftree-annuïteite word geklassifiseer onder Regulasie 28 van die Wet op Pensioenfondse, wat die bedrag wat jy in genoteerde bates soos aandele en genoteerde eiendomme kan belê, beperk. Die LREP bestaan eksklusief uit aandele in Liberty Two Degrees, wat ʼn REIT is, andersins ook bekend as “genoteerde eiendom”. Hoewel die eiendomsportefeulje van Liberty Two Degrees uit dieselfde aandele as jou bestaande Liberty Eiendomsportefeulje bestaan, bepaal Regulasie 28 dat ʼn fonds nie meer as 15% in ʼn enkele genoteerde eiendomsmaatskappy mag belê nie. Daarom kan jy slegs 15% van die fondse in jou aftree-annuïteit vanuit die Liberty Eiendomsportefeulje na die LREP skuif. Dit is die moeite werd om kennis te neem dat die notering van die eiendomsportefeulje nogtans beleggers wat in die Liberty Eiendomsportefeulje bly, sal bevoordeel, aangesien die waarde van die totale eiendomsportefeulje met die notering van Liberty Two Degrees met tussen 3% en 5% behoort te styg.

Het LREP dieselfde risikoprofiel as my Liberty Eiendomsportefeulje? Die LREP dra ʼn hoër risikoprofiel, aangesien die waarde deur die aandelemark bepaal word. Tans word die Liberty Eiendomsportefeulje jaarliks waardeer, gebaseer op eiendomswaardasies en beleggingsbonusse. Die waarde van LREP sal daarteenoor bepaal word deur die aandeleprys van Liberty Two Degrees, wat op die ope mark verhandel. Faktore soos rentekoerse, ekonomiese vooruitsigte en beleggersentiment beïnvloed aandelepryse op ʼn daaglikse basis en beïnvloed die relatiewe waarde van jou belegging in LREP.

Aangesien Liberty Two Degrees ʼn REIT is, sal dit toegelaat word om geld te leen om in nuwe eiendomme te belê. Hierdie skuldfinansiering stel die fonds in staat om te groei, maar verhoog ook die risiko in die fonds. Met die verloop van tyd behoort die skuldfinansiering die LREP in staat te stel om die Liberty Eiendomsportefeulje in waarde te klop, maar teen ʼn groter risiko. Vir beleggers wat minder risiko en ʼn meer voorspelbare groeikoers verkies, sal die Liberty Eiendomsportefeulje meer geskik wees.

Wat gebeur met my bonus indien ek van die Liberty Eiendomsportefeulje omskakel na die LREP? Die Liberty Eiendomsportefeulje betaal twee keer per jaar bonusse uit, met die volgende bonus betaalbaar in Desember. Beleggers wat verkies om na die LREP om te skakel, sal steeds ʼn pro rata-bonus ontvang.

Wanneer moet ek besluit? Die aanbod aan bestaande Liberty-kliënte sluit op 31 Oktober 2016 en is onderworpe aan die notering van Liberty Two Degrees. Dit is nogtans belangrik om kennis te neem dat die omskakeling en nuwe beleggings op ʼn eerste-daar-eerste-klaar (first-come-first-served) basis gedoen sal word. Omskakelings vanuit die Liberty Eiendomsportefeulje sal tot R3 miljard beperk word en nuwe beleggings word tot R1 miljard.

Tyd vir iets nuuts!

Lees meer oor ons nuwe offer wat 'n groter verskeidenheid van beleggers toegang gee tot Liberty se ikoniese eiendomme.

Klik hieronder vir meer inligting.

Polis Wenke   Gesondheids Dekking     Finansiële advies   Leefstyl

Dinge om te oorweeg wanneer jy
30 word
Maak voorsiening vir krisisdekking Heroorweeg die waarde van advies Verstaan mites oor gesondheid

Ongeag of jy dalk ʼn polis of beleggingsplan in jou 20’s uitgeneem het, is dit in jou 30’s wanneer jy werklik begin fokus op ʼn holistiese finansiële strategie. Palesa Tlholoe deel die vrae wat jy behoort te vra.

Sou jy kritiek siek word, kan dit moontlik jou toekomstige dekking beïnvloed, maar jou totale bestaande dekking bly van toepassing teen dieselfde premie. Hier is wat jy moet weet oor dekking ná ʼn siekte.

Namate die industrie aanpas by die veranderinge wat die Retail Distribution Review bring, is dit belangrik dat kliënte van finansiële dienste hul regte en die implikasies daarvan om vir advies te betaal, verstaan.

Die vermoë om feite van fiksie te onderskei met betrekking tot gesondheidsmites, kan 'n hemelsbreë verskil maak ten opsigte van behandeling. Ons kyk na drie algemene kankermites en gee jou die feite.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...
Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede

Polis Wenke   Gesondheids Dekking   Finansiële Advies   Leefstyl

Dinge om te oorweeg wanneer jy 30 word Maak voorsiening vir krisisdekking Heroorweeg die waarde van advies Verstaan mites
oor gesondheid

Ongeag of jy dalk ʼn polis of beleggingsplan in jou 20’s uitgeneem het, is dit in jou 30’s wanneer jy werklik begin fokus op ʼn holistiese finansiële strategie. Palesa Tlholoe deel die vrae wat jy behoort te vra.

Sou jy kritiek siek word, kan dit moontlik jou toekomstige dekking beïnvloed, maar jou totale bestaande dekking bly van toepassing teen dieselfde premie. Hier is wat jy moet weet oor dekking ná ʼn siekte.

Namate die industrie aanpas by die veranderinge wat die Retail Distribution Review bring, is dit belangrik dat kliënte van finansiële dienste hul regte en die implikasies daarvan om vir advies te betaal, verstaan.

Die vermoë om feite van fiksie te onderskei met betrekking tot gesondheidsmites, kan 'n hemelsbreë verskil maak ten opsigte van behandeling. Ons kyk na drie algemene kankermites en gee jou die feite.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Liberty Eiendomsportefeulje

Liberty se nuwe eiendomsportefeulje bied kliënte die unieke geleentheid om teen ʼn korting te belê. Ons ontleed die besonderhede van die portefeulje en beantwoord sommige van die vrae wat dikwels gevra word.

+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

Alle Liberty-kliënte kwalifiseer vir ʼn geleentheid om teen ʼn korting in die notering van Liberty se keureiendomsportefeulje te belê. Hier volg sommige van die besonderhede waarvan jy behoort te weet:

Liberty het onlangs die notering van ʼn gedeelte van sy uiters gesogte, winsgewende keureiendomsportefeulje aangekondig. Teen hierdie tyd sou jy reeds inligting ontvang het oor die Liberty Real Estate Portfolio (LREP), en die aanbod van verdiskonteerde aandele aan bestaande Liberty-kliënte.

Liberty Two Degrees sal genoteer word as ʼn eiendomsbeleggingstrust (REIT), wat ʼn gedeelte van Liberty se winsgewende keureiendomsportefeulje sal insluit. Liberty sal die LREP vir sy kleinhandelkliënte stig, wat eksklusief in die aandele van Liberty Two Degrees sal belê. Die LREP sal ʼn volle toewysing van Liberty Two Degrees-aandele tot op R4 miljard teen 5% korting op die noteringsprys ontvang. Die aandele van R4 miljard sal as volg aangebied word:

  • Bestaande beleggers in die Liberty Eiendomsportefeulje (Liberty Property Portfolio) het die opsie om hul volle of ʼn gedeelte van hul portefeulje na die nuwe LREP te skuif, onderhewig aan ʼn maksimum onderskrywingswaarde van R3 miljard.
  • Alle bestaande Liberty-kliënte, ingesluit diegene met beleggings in die Liberty Eiendomsportefeulje, het die opsie om nuwe fondse in die LREP te belê, onderhewig aan ʼn verdere R1 miljard-perk.

Hoewel ons baie opgewonde is om hierdie verdiskonteerde aanbod aan ons kliënte te maak, is dit belangrik dat jy jou finansiële adviseur kontak om seker te maak dat die belegging aan jou huidige finansiële behoeftes en risikoprofiel voldoen, veral vir die kliënte wat in aftree-annuïteite belê is.

Wat jy behoort te weet

Kan ek my aftree-annuïteit verskuif van die Liberty Eiendomsportefeulje na die LREP? Aftree-annuïteite word geklassifiseer onder Regulasie 28 van die Wet op Pensioenfondse, wat die bedrag wat jy in genoteerde bates soos aandele en genoteerde eiendomme kan belê, beperk. Die LREP bestaan eksklusief uit aandele in Liberty Two Degrees, wat ʼn REIT is, andersins ook bekend as “genoteerde eiendom”. Hoewel die eiendomsportefeulje van Liberty Two Degrees uit dieselfde aandele as jou bestaande Liberty Eiendomsportefeulje bestaan, bepaal Regulasie 28 dat ʼn fonds nie meer as 15% in ʼn enkele genoteerde eiendomsmaatskappy mag belê nie. Daarom kan jy slegs 15% van die fondse in jou aftree-annuïteit vanuit die Liberty Eiendomsportefeulje na die LREP skuif. Dit is die moeite werd om kennis te neem dat die notering van die eiendomsportefeulje nogtans beleggers wat in die Liberty Eiendomsportefeulje bly, sal bevoordeel, aangesien die waarde van die totale eiendomsportefeulje met die notering van Liberty Two Degrees met tussen 3% en 5% behoort te styg.

Het LREP dieselfde risikoprofiel as my Liberty Eiendomsportefeulje? Die LREP dra ʼn hoër risikoprofiel, aangesien die waarde deur die aandelemark bepaal word. Tans word die Liberty Eiendomsportefeulje jaarliks waardeer, gebaseer op eiendomswaardasies en beleggingsbonusse. Die waarde van LREP sal daarteenoor bepaal word deur die aandeleprys van Liberty Two Degrees, wat op die ope mark verhandel. Faktore soos rentekoerse, ekonomiese vooruitsigte en beleggersentiment beïnvloed aandelepryse op ʼn daaglikse basis en beïnvloed die relatiewe waarde van jou belegging in LREP.

Aangesien Liberty Two Degrees ʼn REIT is, sal dit toegelaat word om geld te leen om in nuwe eiendomme te belê. Hierdie skuldfinansiering stel die fonds in staat om te groei, maar verhoog ook die risiko in die fonds. Met die verloop van tyd behoort die skuldfinansiering die LREP in staat te stel om die Liberty Eiendomsportefeulje in waarde te klop, maar teen ʼn groter risiko. Vir beleggers wat minder risiko en ʼn meer voorspelbare groeikoers verkies, sal die Liberty Eiendomsportefeulje meer geskik wees.

Wat gebeur met my bonus indien ek van die Liberty Eiendomsportefeulje omskakel na die LREP? Die Liberty Eiendomsportefeulje betaal twee keer per jaar bonusse uit, met die volgende bonus betaalbaar in Desember. Beleggers wat verkies om na die LREP om te skakel, sal steeds ʼn pro rata-bonus ontvang.

Wanneer moet ek besluit? Die aanbod aan bestaande Liberty-kliënte sluit op 31 Oktober 2016 en is onderworpe aan die notering van Liberty Two Degrees. Dit is nogtans belangrik om kennis te neem dat die omskakeling en nuwe beleggings op ʼn eerste-daar-eerste-klaar (first-come-first-served) basis gedoen sal word. Omskakelings vanuit die Liberty Eiendomsportefeulje sal tot R3 miljard beperk word en nuwe beleggings word tot R1 miljard.

Tyd vir iets nuuts!

Lees meer oor ons nuwe offer wat 'n groter verskeidenheid van beleggers toegang gee tot Liberty se ikoniese eiendomme.

Klik hieronder vir meer inligting.

Polis Wenke
Dinge om te oorweeg wanneer jy 30 word

Ongeag of jy dalk ʼn polis of beleggingsplan in jou 20’s uitgeneem het, is dit in jou 30’s wanneer jy werklik begin fokus op ʼn holistiese finansiële strategie. Palesa Tlholoe deel die vrae wat jy behoort te vra.

Lees meer...
 
Gesondheids Dekking

Maak voorsiening vir krisisdekking

Sou jy kritiek siek word, kan dit moontlik jou toekomstige dekking beïnvloed, maar jou totale bestaande dekking bly van toepassing teen dieselfde premie. Hier is wat jy moet weet oor dekking ná ʼn siekte.

Lees meer...
 
Finansiële Advies
Heroorweeg die waarde van advies

Namate die industrie aanpas by die veranderinge wat die Retail Distribution Review bring, is dit belangrik dat kliënte van finansiële dienste hul regte en die implikasies daarvan om vir advies te betaal, verstaan.

Lees meer...
 
Leefstyl
Verstaan mites oor gesondheid