Die wêreld word al hoe kleiner en meer ineengeskakel deur die teenwoordigheid van die sosiale media; die wêrelddorp beteken dat jy voortdurend onder die vergrootglas is. Dit is nie genoeg om doodeenvoudig vir mense te sê wie jy is en wat jou standpunte is nie, jy moet dit ook vir hulle wys.
Van die koffie wat jy drink tot die handsak wat jy dra, elke besluit stuur ʼn boodskap uit wat aan die wêreld iets oor jouself vertel. Dit is noodsaaklik dat jy daardie boodskap beheer, veral waar dit potensiële sakegeleenthede en selfs sosiale kontak betref. Dit is essensieel dat jy leer hoe om dit te gebruik om jou finansiële doelwitte te bereik.
Welvaartverkryging is meer ingewikkeld as om maar net maandeliks ʼn gedeelte van jou salaris te belê. Dit behels om te leer om jouself as ʼn handelsmerk te benut, asook die identifisering van ander potensiële nie-tradisionele besigheidsgeleenthede. Vanaf die eerste indruk wat jy met jou aanlynteenwoordigheid maak, kan jy in beheer wees van jou toekoms en nuwe maniere skep om jou verdienstepotensiaal te verhoog – óf dit deur alternatiewe inkomstebronne is, óf om daardie verhoging te kry.
Volgens Timothy Maurice Webster, persoonlike handelsmerkkenner en skrywer van die nuut gepubliseerde boek Personal Brand Intelligence (PBQ): “PBQ (of Personal Brand Quotient) sal selfs belangriker raak as IK (Intelligensie) of EI (Emosionele Intelligensie). Jou vermoë om jouself te definieer, jou standpunte passievol te verwoord, die kompleksiteite van sosiale geleenthede met belangstelling te ontgin en te kan evalueer hoe goed jy ontvang word, sal noodsaaklike vaardighede wees.”
Namate ons die lewens skep waarna ons hunker, sal jou vermoë om die boodskap wat jy die wêreld instuur te beheer, jou al meer in staat stel om jou persoonlike identiteit in geld om te sit. Jy sal in staat wees om die loopbaan wat jy graag wil hê joune te maak, saam met mense vir wie jy op emosionele vlak ʼn aanvoeling het, wat jou loopbaan ʼn hupstoot sal gee en, onvermydelik, jou inkomstepotensiaal sal verhoog.
|
WEN!
Twee gelukkige Liberty kliente kan elk ‘n uitgawe van Personal Brand Intelligence deur Timothy Maurice Webster wen. Epos eenvoudig jou kontak besonderhede na [email protected] teen 25 Augustus 2016. Wenners sal direk gekontak word. |
|