Waarom jy jou beleggings behoort
te behou

Solank jou beleggingsportefeulje in pas is met jou persoonlike risikoprofiel, is daar geen rede tot paniek nie.

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Indien daar enige les te leer is uit die Brexit-debakel, is dit dat jy nooit die toekoms kan voorspel nie – selfs nie indien jy die eerste minister van Engeland is nie. Dit is waarom om te belê oor ʼn langtermyndoelwit gaan en nie oor korttermynmarkwisselinge, wat dikwels op irrasionele besluite gebaseer is nie.

Jy kan nie die bewegings van die markte oor die volgende ses maande voorspel nie, maar jy kan redelik seker wees oor die langtermynvooruitsigte van die maatskappye waarin jou beleggings is. Mense gaan nie begin om minder selfoonoproepe te maak net omdat Brittanje die Europese Unie verlaat nie, dus sal die impak op Vodacom se wins onbeduidend wees, selfs indien sy aandeleprys vasgevang raak in die Brexit-chaos.

Indien die risikoprofiel van jou belegging steeds in pas is met jou langtermynrisikoprofiel en goed gediversifiseer is, wees versigtig vir enige impulsiewe reaksies en verhoed paniekerige, oorhaastige besluite wat teenstrydig is met jou oorhoofse beleggingstrategie. Dit is veral van toepassing op jou aftreefondse wat, danksy Regulasie 28, goed gediversifiseer behoort te wees en wat uit hul aard ʼn baie langer beleggingsperiode het.

Sodra al die geraas en chaos uit die stelsel is, sal goeie gehalte maatskappye met goeie winste se aandelepryse herstel. Die realiteit is dat hoewel Brittanje se groei waarskynlik geaffekteer sal word, sal die gevolge van Brexit baie minder wees as waarop die huidige wisselvalligheid in die markte dui.

In werklikheid bied ʼn swak mark geleenthede aan beleggers om goeie gehalte bates te bekom wat paniekerige beleggers verkoop. Vir individue wat in Britse-aandele belê, is dit die moeite werd om te onthou dat die meeste van die inkomste van hierdie London-gelyste maatskappye in werklikheid van buite Brittanje kom, dikwels uit ontluikende markte, en dat ʼn swakker pond hul gerapporteerde winste verhoog. Britse uitvoerders baat ook by ʼn swakker pond.

Uit ʼn plaaslike perspektief het ons ten spyte van die wisselvalligheid van Brexit wat ons markte beïnvloed het, ʼn sterk herlewing van buitelandse aankope in ons aandelemark ervaar, met buitelanders wat R60 biljoen se aandele in Junie gekoop het.

Eerstens is geld besig om terug te vloei na die ontluikende markte. Die MSC-indeks vir ontluikende markte verhandel nou in dollars op ʼn soortgelyke vlak as nege jaar gelede, wat aanloklik is vir ʼn aantal waarde-gebaseerde beleggers.

Tweedens was daar goeie herstel, vanaf geweldig lae vlakke, in talle kommoditeitpryse wat ontluikende markte ʼn hupstoot gee, met ʼn styging van 57% in die dollarwaarde van die JSE-mynbou-indeks oor die eerste ses maande van die jaar.

Wat om te doen wanneer markte ineenstort

  • Indien jy jou beleggingsdoelwitte verstaan en gemaklik is dat jou beleggingsportefeulje daardie doelwitte reflekteer, moet jy net wag.
  • Indien jy angstig en bekommerd voel oor die effek op jou aftree-neseier, gesels met jou finansiële adviseur en maak seker dat jou beleggingstrategie klop met die vlak van risiko wat jy kan hanteer, met inagneming van die risiko wat jy moet neem ten einde redelike groei te verseker. ʼn Ineenstorting is nietemin nie die tyd om jou aandele te verkoop nie.
  • Indien jy ʼn bedrag kontant het om te belê, hou jou oë oop vir geleenthede wat na vore gekom het – veral indien jy jou buitelandse blootstelling wil verhoog.
 
Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Leefstyl   Geld Mites   Finansiële Vaktaal   Gesondheid

Jou persoonlike handelsmerk
5 mites oor vroue en geld Vaktaal verstaanbaar gemaak Siekte dekking

In ʼn tyd waarin die besonderhede van ons alledaagse lewens deur sosiale media versprei word, word jou persoonlike handelsmerk ʼn waardevolle kommoditeit. Lees en wen!

Suid-Afrikaanse huishoudings het ʼn groot kans om ʼn vrou as broodwinner te hê en navorsing toon dat vroue beter vaar met geldbestuur as hul manlike eweknieë.

Wonder jy ooit wat “koopkragpariteit” of “belading op ʼn polis” beteken? Hier volg 18 beleggingsterme wat die moeite werd is om te ken. Lees en wen!

Gevreesde siekte dekking speel ʼn belangrike rol in ʼn holistiese finansiële plan, maar om dit te gebruik as ʼn plaasvervanger vir ʼn mediese skema kan onversekerde mediese uitgawes tot gevolg hê, waarsku Nicholas van der Nest.

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...
Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede

Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
 
Waarom jy jou beleggings behoort te behou

Jou persoonlike handelsmerk 5 mites oor vroue
en geld
Vaktaal verstaanbaar gemaak Siekte dekking

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
Waarom jy jou beleggings behoort te behou

Solank jou beleggingsportefeulje in pas is met jou persoonlike risikoprofiel, is daar geen rede tot paniek nie.

+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

Indien daar enige les te leer is uit die Brexit-debakel, is dit dat jy nooit die toekoms kan voorspel nie – selfs nie indien jy die eerste minister van Engeland is nie. Dit is waarom om te belê oor ʼn langtermyndoelwit gaan en nie oor korttermynmarkwisselinge, wat dikwels op irrasionele besluite gebaseer is nie.

Jy kan nie die bewegings van die markte oor die volgende ses maande voorspel nie, maar jy kan redelik seker wees oor die langtermynvooruitsigte van die maatskappye waarin jou beleggings is. Mense gaan nie begin om minder selfoonoproepe te maak net omdat Brittanje die Europese Unie verlaat nie, dus sal die impak op Vodacom se wins onbeduidend wees, selfs indien sy aandeleprys vasgevang raak in die Brexit-chaos.

Indien die risikoprofiel van jou belegging steeds in pas is met jou langtermynrisikoprofiel en goed gediversifiseer is, wees versigtig vir enige impulsiewe reaksies en verhoed paniekerige, oorhaastige besluite wat teenstrydig is met jou oorhoofse beleggingstrategie. Dit is veral van toepassing op jou aftreefondse wat, danksy Regulasie 28, goed gediversifiseer behoort te wees en wat uit hul aard ʼn baie langer beleggingsperiode het.

Sodra al die geraas en chaos uit die stelsel is, sal goeie gehalte maatskappye met goeie winste se aandelepryse herstel. Die realiteit is dat hoewel Brittanje se groei waarskynlik geaffekteer sal word, sal die gevolge van Brexit baie minder wees as waarop die huidige wisselvalligheid in die markte dui.

In werklikheid bied ʼn swak mark geleenthede aan beleggers om goeie gehalte bates te bekom wat paniekerige beleggers verkoop. Vir individue wat in Britse-aandele belê, is dit die moeite werd om te onthou dat die meeste van die inkomste van hierdie London-gelyste maatskappye in werklikheid van buite Brittanje kom, dikwels uit ontluikende markte, en dat ʼn swakker pond hul gerapporteerde winste verhoog. Britse uitvoerders baat ook by ʼn swakker pond.

Uit ʼn plaaslike perspektief het ons ten spyte van die wisselvalligheid van Brexit wat ons markte beïnvloed het, ʼn sterk herlewing van buitelandse aankope in ons aandelemark ervaar, met buitelanders wat R60 biljoen se aandele in Junie gekoop het.

Eerstens is geld besig om terug te vloei na die ontluikende markte. Die MSC-indeks vir ontluikende markte verhandel nou in dollars op ʼn soortgelyke vlak as nege jaar gelede, wat aanloklik is vir ʼn aantal waarde-gebaseerde beleggers.

Tweedens was daar goeie herstel, vanaf geweldig lae vlakke, in talle kommoditeitpryse wat ontluikende markte ʼn hupstoot gee, met ʼn styging van 57% in die dollarwaarde van die JSE-mynbou-indeks oor die eerste ses maande van die jaar.

Wat om te doen wanneer markte ineenstort

  • Indien jy jou beleggingsdoelwitte verstaan en gemaklik is dat jou beleggingsportefeulje daardie doelwitte reflekteer, moet jy net wag.
  • Indien jy angstig en bekommerd voel oor die effek op jou aftree-neseier, gesels met jou finansiële adviseur en maak seker dat jou beleggingstrategie klop met die vlak van risiko wat jy kan hanteer, met inagneming van die risiko wat jy moet neem ten einde redelike groei te verseker. ʼn Ineenstorting is nietemin nie die tyd om jou aandele te verkoop nie.
  • Indien jy ʼn bedrag kontant het om te belê, hou jou oë oop vir geleenthede wat na vore gekom het – veral indien jy jou buitelandse blootstelling wil verhoog.
 
Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Leefstyl
Jou persoonlike handelsmerk

In ʼn tyd waarin die besonderhede van ons alledaagse lewens deur sosiale media versprei word, word jou persoonlike handelsmerk ʼn waardevolle kommoditeit. Lees en wen!

Lees meer...
 
Geld Mites
5 mites oor vroue en geld

Suid-Afrikaanse huishoudings het ʼn groot kans om ʼn vrou as broodwinner te hê en navorsing toon dat vroue beter vaar met geldbestuur as hul manlike eweknieë.

Lees meer...
 
Finansiële Vaktaal
Vaktaal verstaanbaar gemaak

Wonder jy ooit wat “koopkragpariteit” of “belading op ʼn polis” beteken? Hier volg 18 beleggingsterme wat die moeite werd is om te ken. Lees en wen!

Lees meer...
 
Gesondheid

Siekte dekking