Dit is belangrik dat jy met jou finansiële adviseur gesels om te verseker dat jy presies verstaan watter dekking jy het en waarvoor dit sal uitbetaal.
Mediesefondsdekking betaal uit vir mediese uitgawes wat eenmalig aangegaan word. Gevreesde siekte dekking betaal uit vir uitgawes ten opsigte van leefstylaanpassings ná ʼn gevreesde siekte diagnose. ʼn Holistiese finansiële plan sluit beide hierdie produkte in.
Byvoorbeeld, in geval van fase 0-borskanker sal ʼn mediese skema die koste van die toetse waarmee die kankerdiagnose gemaak word en die nodige behandeling, wat baie duur kan wees, uitbetaal. Die betaling kan ten volle wees of gebaseer op ʼn voordeelskaal. Daarteenoor sal ʼn gevreesde siekte produk nie vir hierdie diagnose uitbetaal nie, aangesien die impak op die kliënt se leefstyl en die hoeveelheid geld wat benodig word vir leefstylaanpassings baie beperk is.
Nietemin, indien die polishouer met fase 1-kanker gediagnoseer is en die aanvullende (top-up) opsie by hulle Lewende Lewenstyl-voordeel gehad het, sou die gevreesde siekte dekking ten volle uitbetaal het.
Hoe die fondse toegewys word, sal afhang van die polishouer en haar behoeftes, maar dit kan gebruik word vir rekonstruktiewe sjirurgie en ander leefstylveranderinge, soos in die geval van ʼn ma wat ʼn versorger kan aangestel om na die kinders om te sien.
Gevreesde siekte dekking is ook die polis wat bes moontlik verkeerd verstaan kan word aangesien ʼn noemenswaardige aantal toestande daardeur gedek word. Talle mense is ook nie vertroud met die mediese terminologie wat gebruik word om ʼn siekte te beskryf of die besonderhede van die diagnostiese prosedures en toetse wat aangewend word om die ernstigheidsgraad van ʼn siekte te bepaal nie.
Indien jy bestaande dekking het of beoog om gevreesde siekte dekking uit te neem, is dit belangrik om die besonderhede van die produk met jou adviseur te bespreek, sodat jy jou voordele ten volle kan benut.
Vrae om jou adviseur te vra:
Watter toestande word gedek?
Watter ernstigheidsgraad van siektes word gedek?
Hoe gou na die diagnose sal ek uitbetaal word?
|