5 mites oor vroue en geld

Suid-Afrikaanse huishoudings het ʼn groot kans om ʼn vrou as broodwinner te hê en navorsing toon dat vroue beter vaar met geldbestuur as hul manlike eweknieë.

+ deel via epos | + deel via Facebook | + deel via Twitter | + deel via Linked In

Wie sê geld is ‘n man se ryk in die wêreld? Dit is tyd om die stereotipes te breek.

Mite: Vrou laat finansies aan mans oor
Feit: Vroue bestuur Suid-Afrikaanse huishoudings

Vroue is grootliks verantwoordelik vir die bestuur van hul gesin se dag-vir-dag-finansies en sal heel waarskynlik finansiële besluite neem wat die toekoms van hul gesinne beïnvloed. In Suid-Afrika is 50% van werkende moeders enkelouers, wat beteken dat hulle die primêre broodwinners is en alleen verantwoordelik is vir die huishoudelike finansies. Tagtig persent van getroude vroue sal op die een of ander stadium gedurende hulle leeftyd die gesin se finansies bestuur. Dit is as gevolg van ons hoë egskeidingsyfer en die feit dat vroue mans met gemiddeld sewe jaar oorleef, wat beteken dat vroue hulleself as óf geskei óf as weduwees sal bevind.

Aksie: Hoe meer kundig jy is oor geld en beleggings, hoe beter sal die finansiële besluite wees wat jy neem. Neem eienaarskap van jou rol as die huishouding se finansiële bestuurder en werk saam met ʼn finansiële adviseur om vir jou gesin se toekoms te beplan.

Mite: Vroue is konserwatiewer beleggers
Feit: Vrou belê waarin hulle verstaan

Opnames toon dat vroue geneig is om in laer risiko beleggings, soos kontant en eiendom te belê en geneig is om beleggings op die aandelebeurs te vermy. Hoewel dit daarop dui dat vroue meer konserwatief is, toon dit in werklikheid dat vroue slegs belê in bates wat hulle verstaan – ʼn filosofie wat hulle deel met die beleggingsghoeroe Warren Buffet.

Vroue wil verstaan wat hulle doen sodat hulle vertroue kan hê in hul besluite oor beleggings. Mans fokus daarenteen meer op hoeveel geld hulle uit hulle beleggings kan maak. Tallose opnames het getoon dat vroue beter geldbestuurders is sodra hulle hul kennis oor beleggings verbreed het, aangesien hul besluitnemingsproses daartoe neig om deegliker te wees en hulle minder geneig is om op ʼn kropgevoel te belê, of om ʼn aggressiewe posisie in te neem.

Aksie: Beweeg buite jou gemaksone en leer oor beleggings; vertrou jouself, jy sal goeie besluite neem.

Mite: Ma’s wat tuis bly het nie risikoversekering nodig nie
Feit: Moederskap het ekonomiese waarde

Vroue is geneig om, veral indien hulle nie die primêre broodwinner is nie, onderverseker te wees aangesien hulle rol as versorger nie in geldwaarde uitgedruk word nie. Sou hulle egter as gevolg van dood of siekte nie in staat wees om vir hul gesin te sorg nie, moet iemand aangestel word wat die gesin kan versorg.

Ongeag of die vrou die primêre broodwinner is of nie, indien sy ongeskik raak of duur mediese behandeling benodig, sal die huishouding aanspreeklik wees vir addisionele kostes waarvoor voorsiening gemaak moet word.

Aksie: Verseker dat jy jou eie versekering het, veral ten opsigte van dekking vir ongeskiktheid en gevreesde siektes.

Mite: Die man maak voorsiening vir aftreespaargeld
Feit: Vroue oorleef hulle mans

In huishoudings waar die man die primêre broodwinner is, is daar ʼn neiging om ten volle op sy aftreebydraes staat te maak om te voorsien in die egpaar se aftreebehoeftes. Die werklikheid is dat sy aftreevoorsiening gebaseer is op sy lewensduur, wat gemiddeld sewe jaar korter is as dié van sy vrou.

Vroue moet in die algemeen 20% meer vir aftrede spaar as mans. Indien ʼn 25-jarige man byvoorbeeld 15% van sy jaarlikse salaris moet spaar tot met aftrede, sal ʼn vrou 18% moet spaar ten einde dieselfde inkomstevlak te verseker, aangesien haar geld langer moet hou na aftrede.

Aksie: Werkende vroue behoort hul maatskappy se aftreefonds ten volle te benut en dit aan te vul met ʼn aftree-annuïteit. Tuisblyma’s of vroue wat deeltyds werk en moontlik nie kan voordeel trek uit die belastingvoordele op aftree-annuïteite nie, behoort ten minste by te dra tot ʼn belastingvrye spaarplan in hul eie naam wat die egpaar se aftreevoordele kan aanvul.

Mite: Inkopieterapie is slegs vir vroue
Feit: Mans hou ook van inkopies

Wanneer jy deur ʼn inkopiesentrum stap, sal jy vergewe word indien jy dink dat slegs vroue inkopies doen wanneer al die boetiekwinkeltjies wat vroueklere verkoop in ag geneem word. Vroue geniet dit dalk om klere, skoene en handsakke te koop, maar mans gee geld uit op groter elektroniese items, soos televisies en tegnologie-affêringkies– om nie eens te praat van sport en stokperdjies wat duur gholfstokke en bergfietse insluit nie. Daar is niks verkeerd met ʼn bietjie inkopieterapie nie, solank jy dit doen nadat jy geld gespaar het, jou rekeninge betaal is en jy kontant koop, nie op krediet nie.

Aksie: Dit dien geen doel om in ʼn argument oor die besteding van geld met jou eggenoot betrokke te raak nie – stel eerder ʼn huishoudelike begroting op waartoe julle albei bydra en hou ʼn afsonderlike begroting vir daardie dinge wat jy regtig graag koop.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Finansiële Vaktaal   Gesondheid     Behou jou beleggings   Leefstyl

Vaktaal verstaanbaar gemaak Siekte dekking Waarom jy jou beleggings behoort
te behou
Jou persoonlike handelsmerk

Wonder jy ooit wat “koopkragpariteit” of “belading op ʼn polis” beteken? Hier volg 18 beleggingsterme wat die moeite werd is om te ken. Lees en wen!

Gevreesde siekte dekking speel ʼn belangrike rol in ʼn holistiese finansiële plan, maar om dit te gebruik as ʼn plaasvervanger vir ʼn mediese skema kan onversekerde mediese uitgawes tot gevolg hê, waarsku Nicholas van der Nest.

Solank jou beleggingsportefeulje in pas is met jou persoonlike risikoprofiel, is daar geen rede tot paniek nie.

In ʼn tyd waarin die besonderhede van ons alledaagse lewens deur sosiale media versprei word, word jou persoonlike handelsmerk ʼn waardevolle kommoditeit. Lees en wen!

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...
Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang.

Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede

Finansiële Vaktaal   Gesondheid   Beleggings Advies   Leefstyl

Die top-5 plekke om
te belê
Siekte dekking Behou jou beleggings Jou persoonlike handelsmerk

Wonder jy ooit wat “koopkragpariteit” of “belading op ʼn polis” beteken? Hier volg 18 beleggingsterme wat die moeite werd is om te ken. Lees en wen!

Gevreesde siekte dekking speel ʼn belangrike rol in ʼn holistiese finansiële plan, maar om dit te gebruik as ʼn plaasvervanger vir ʼn mediese skema kan onversekerde mediese uitgawes tot gevolg hê, waarsku Nicholas van der Nest.

Solank jou beleggingsportefeulje in pas is met jou persoonlike risikoprofiel, is daar geen rede tot paniek nie.

In ʼn tyd waarin die besonderhede van ons alledaagse lewens deur sosiale media versprei word, word jou persoonlike handelsmerk ʼn waardevolle kommoditeit. Lees en wen!

Lees meer... Lees meer... Lees meer... Lees meer...

Het U 'n vraag? Ons is hier vir jou!

Dankie vir die terugvoer wat ons tot dusver op hierdie nuusbriewe ontvang het. U kommentaar en voorstelle sal ons help om U van toepaslike inligting te voorsien om U geldsake te beplan en te bestuur. Gaan asseblief daarmee voort om ons te kontak en te laat weet wat U dink.

Die inligting vervat in hierdie kommunikasie, aanhangsels inkluis, moet nie as advies beskou word in terme van die FATD-wet nie, aangesien die skrywer nòg 'n aangestelde verteenwoordiger van Liberty, nòg 'n gelisensieerde diensteverskaffer is soos beskryf in die FATD. Raadpleeg asseblief u finansiële adviseur indien u advies van 'n finansiële aard en/of tussentydse dienste verlang. Besoek die Liberty Webtuiste
Lees vorige Liberty Nuusbriewe
Kontak Ons

Verander my besonderhede
Besoek die Liberty Webtuiste
Kontak Ons
Read this article in English
 
5 mites oor vroue en geld

Suid-Afrikaanse huishoudings het ʼn groot kans om ʼn vrou as broodwinner te hê en navorsing toon dat vroue beter vaar met geldbestuur as hul manlike eweknieë.

+ deel via epos | + deel via Facebook
+ deel via Twitter | + deel via Linked In

Wie sê geld is ‘n man se ryk in die wêreld? Dit is tyd om die stereotipes te breek.

Mite: Vrou laat finansies aan mans oor
Feit: Vroue bestuur Suid-Afrikaanse huishoudings

Vroue is grootliks verantwoordelik vir die bestuur van hul gesin se dag-vir-dag-finansies en sal heel waarskynlik finansiële besluite neem wat die toekoms van hul gesinne beïnvloed. In Suid-Afrika is 50% van werkende moeders enkelouers, wat beteken dat hulle die primêre broodwinners is en alleen verantwoordelik is vir die huishoudelike finansies. Tagtig persent van getroude vroue sal op die een of ander stadium gedurende hulle leeftyd die gesin se finansies bestuur. Dit is as gevolg van ons hoë egskeidingsyfer en die feit dat vroue mans met gemiddeld sewe jaar oorleef, wat beteken dat vroue hulleself as óf geskei óf as weduwees sal bevind.

Aksie: Hoe meer kundig jy is oor geld en beleggings, hoe beter sal die finansiële besluite wees wat jy neem. Neem eienaarskap van jou rol as die huishouding se finansiële bestuurder en werk saam met ʼn finansiële adviseur om vir jou gesin se toekoms te beplan.

Mite: Vroue is konserwatiewer beleggers
Feit: Vrou belê waarin hulle verstaan

Opnames toon dat vroue geneig is om in laer risiko beleggings, soos kontant en eiendom te belê en geneig is om beleggings op die aandelebeurs te vermy. Hoewel dit daarop dui dat vroue meer konserwatief is, toon dit in werklikheid dat vroue slegs belê in bates wat hulle verstaan – ʼn filosofie wat hulle deel met die beleggingsghoeroe Warren Buffet.

Vroue wil verstaan wat hulle doen sodat hulle vertroue kan hê in hul besluite oor beleggings. Mans fokus daarenteen meer op hoeveel geld hulle uit hulle beleggings kan maak. Tallose opnames het getoon dat vroue beter geldbestuurders is sodra hulle hul kennis oor beleggings verbreed het, aangesien hul besluitnemingsproses daartoe neig om deegliker te wees en hulle minder geneig is om op ʼn kropgevoel te belê, of om ʼn aggressiewe posisie in te neem.

Aksie: Beweeg buite jou gemaksone en leer oor beleggings; vertrou jouself, jy sal goeie besluite neem.

Mite: Ma’s wat tuis bly het nie risikoversekering nodig nie
Feit: Moederskap het ekonomiese waarde

Vroue is geneig om, veral indien hulle nie die primêre broodwinner is nie, onderverseker te wees aangesien hulle rol as versorger nie in geldwaarde uitgedruk word nie. Sou hulle egter as gevolg van dood of siekte nie in staat wees om vir hul gesin te sorg nie, moet iemand aangestel word wat die gesin kan versorg.

Ongeag of die vrou die primêre broodwinner is of nie, indien sy ongeskik raak of duur mediese behandeling benodig, sal die huishouding aanspreeklik wees vir addisionele kostes waarvoor voorsiening gemaak moet word.

Aksie: Verseker dat jy jou eie versekering het, veral ten opsigte van dekking vir ongeskiktheid en gevreesde siektes.

Mite: Die man maak voorsiening vir aftreespaargeld
Feit: Vroue oorleef hulle mans

In huishoudings waar die man die primêre broodwinner is, is daar ʼn neiging om ten volle op sy aftreebydraes staat te maak om te voorsien in die egpaar se aftreebehoeftes. Die werklikheid is dat sy aftreevoorsiening gebaseer is op sy lewensduur, wat gemiddeld sewe jaar korter is as dié van sy vrou.

Vroue moet in die algemeen 20% meer vir aftrede spaar as mans. Indien ʼn 25-jarige man byvoorbeeld 15% van sy jaarlikse salaris moet spaar tot met aftrede, sal ʼn vrou 18% moet spaar ten einde dieselfde inkomstevlak te verseker, aangesien haar geld langer moet hou na aftrede.

Aksie: Werkende vroue behoort hul maatskappy se aftreefonds ten volle te benut en dit aan te vul met ʼn aftree-annuïteit. Tuisblyma’s of vroue wat deeltyds werk en moontlik nie kan voordeel trek uit die belastingvoordele op aftree-annuïteite nie, behoort ten minste by te dra tot ʼn belastingvrye spaarplan in hul eie naam wat die egpaar se aftreevoordele kan aanvul.

Mite: Inkopieterapie is slegs vir vroue
Feit: Mans hou ook van inkopies

Wanneer jy deur ʼn inkopiesentrum stap, sal jy vergewe word indien jy dink dat slegs vroue inkopies doen wanneer al die boetiekwinkeltjies wat vroueklere verkoop in ag geneem word. Vroue geniet dit dalk om klere, skoene en handsakke te koop, maar mans gee geld uit op groter elektroniese items, soos televisies en tegnologie-affêringkies– om nie eens te praat van sport en stokperdjies wat duur gholfstokke en bergfietse insluit nie. Daar is niks verkeerd met ʼn bietjie inkopieterapie nie, solank jy dit doen nadat jy geld gespaar het, jou rekeninge betaal is en jy kontant koop, nie op krediet nie.

Aksie: Dit dien geen doel om in ʼn argument oor die besteding van geld met jou eggenoot betrokke te raak nie – stel eerder ʼn huishoudelike begroting op waartoe julle albei bydra en hou ʼn afsonderlike begroting vir daardie dinge wat jy regtig graag koop.

Wat gaan met jou Own your Life Rewards gebeur?

Indien jy ʼn lid is van die Own your Life Rewards-program, het jy waarskynlik reeds kennis gekry dat die program uitgefaseer word en dat dit binne ʼn jaar, op 31 Maart 2017, gestaak word.

Vir meer inligting in dié verband, kontak gerus u finansiële adviseur of besoek: www.ownyourliferewards.co.za.

Finansiële Vaktaal
Vaktaal verstaanbaar gemaak

Wonder jy ooit wat “koopkragpariteit” of “belading op ʼn polis” beteken? Hier volg 18 beleggingsterme wat die moeite werd is om te ken. Lees en wen!

Lees meer...
 
Gesondheid

Siekte dekking

Gevreesde siekte dekking speel ʼn belangrike rol in ʼn holistiese finansiële plan, maar om dit te gebruik as ʼn plaasvervanger vir ʼn mediese skema kan onversekerde mediese uitgawes tot gevolg hê, waarsku Nicholas van der Nest.

Lees meer...
 
Beleggings Advies
Waarom jy jou beleggings behoort te behou

Solank jou beleggingsportefeulje in pas is met jou persoonlike risikoprofiel, is daar geen rede tot paniek nie.

Lees meer...
 
Leefstyl